DieOlimpiese Somerspele 1936 (Duits:Olympische Sommerspiele 1936), amptelik bekend as dieSpele van die XIde Olimpiade, is tussen 1 en 16 Augustus 1936 inBerlyn,Nazi-Duitsland, aangebied. In 1931 is Berlyn deur dieInternasionale Olimpiese Komitee (IOK) boBarcelona as gasheer vir die Spele verkies. Berlyn het 43 teenoor Barcelona se 16 stemme gekry. In 1936 het die destydse Nazi-Duitsland ook dieOlimpiese Winterspele aangebied, inGarmisch-Partenkirchen in dieAlpe. Dit was die laaste Olimpiese Somerspele voor die uitbreek van dieTweede Wêreldoorlog drie jaar later, wat met die DuitseInval van Pole begin het.
ToeAdolf Hitler in Januarie 1933 aan bewind kom as kanselier, klink daar stemme op om die Spele na 'n ander land te verskuif. In dieVerenigde State was daar selfs 'n veldtog om die Spele te boikot.Avery Brundage, die voorsitter van die Amerikaanse Olimpiese Komitee, spreek hom teen 'n verskuiwing van die Spele uit, en hy kry ook steun vanDe Coubertin. Net dieSowjetunie het hierdie spele geboikot.[4]Spanje bly weg omdat dit deur 'nburgeroorlog verskeur is.
Hoewel die Spele dus aan Berlyn toegeken is voordat dieNazi's in Duitsland aan bewind gekom het, sien die owerheid die Spele as 'n geleentheid om syfascistieseideologie uit te dra.Leni Riefenstahl was aangestel om 'n film oor die Spele te maak. Die filmOlympia kan aspropaganda bestempel word, maar gebruik 'n getal ongewone tegnieke wat destyds nog nie in sportfilms aangewend is nie. Dit was ook die eerste Olimpiese Spele wat optelevisie gebeeldsend is enradio-uitsendings het 41 lande bereik.
Om soveel moontlik oorwinnings te verseker, stel die Duitse owerheidanaboliese steroïde entestosteroon aan hulle atlete beskikbaar. Duitsland oorheers die Spele en het heelwat meer medaljes as enige ander land ingepalm. In 'n weerlegging van die rassistiese Nazi-filosofie, verower dieAfro-AmerikanerJesse Owens egter vier goue medaljes. Owens was gewild onder die toeskouers en Duitse publiek en is meer entoesiasties as in sy tuisland ontvang.[5] Hitler besluit egter om geen medaljes persoonlik toe te ken nie, moontlik omdat die Afro-Amerikaner Cornelius Johnson op die eerste dag van die Spele 'n goue medalje verower het.[5]
Die superioriteit van die Reich kom ook tot uiting in die oorweldigendeinfrastruktuur wat vir die Spele opgerig is: 'n splinternuwe stadion is gebou ten weste van dieCharlottenburg-kasteel met sitplek vir honderdduisend toeskouers. Langsaan is die swembad met sitplek vir twintigduisend toeskouers opgerig.
Hitler pas die Olimpiese handves tot die letter toe en beloof om nie 'n enkele toespraak tydens die Spele te hou nie. Verder pas hy ook geenrassediskriminasie tydens die Spele toe nie. Getuie hiervan was die opname van dieJoodseskermster Helena Mayer in die Duitse span. Maar buite die stadion draai die Duitse propagandamasjien volspoed voort: die swastika was oral teenwoordig en daar het meer Nazi- asOlimpiese vlae gewapper. As deel van die Nazi-propaganda is tydens die Olimpiese Somerspele 1936 vir die eerste keer 'n fakkelloop vir dieOlimpiese vlam tussenOlimpia inGriekeland en Berlyn aangebied.
Joseph Goebbels, president van die Nazi-Duitse reëlingskomiteeFakkelloop van die Olimpiese Somerspele in 1936Die Olimpiese vuur in Berlyn, tussen dieBerlynse Domkerk (links) en dieBerlynse kasteel (regterkant)
19 Olimpiese sportsoorte in 129 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 130 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.
Kaart van die sportplekke in BerlynDie Olimpiese Stadion in Berlyn tydens die Olimpiese Somerspele 1936Henri de Baillet-Latour (IOK-president),Adolf Hitler en Theodor Lewald (President van die reëlingskomitee) tydens die openingseremonie
22 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1936 gebruik:
GasheerstadBerlynKaart van die Olimpiese boikot van 1936
Hier volg 'n alfabetiese lys van al dieNasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:
(en)Arnd Krüger (2005).The Nazi Olympics of 1936; In: Global Olympics. Historical and Sociological Studies of the Modern Games. Oxford: Elsevier. pp. 43–58.ISBN0-7623-1181-9.
(en)David Wallechinsky (2004).The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books.ISBN978-1-894963-32-9.
(en)Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.).Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group.ISBN0-313-32278-3.OCLC52418065.
(en)Arnd Krüger & William Murray (2003).The Nazi Olympics. Sport, Politics and Appeasement in the 1930s. Champaign, IL: Univ. of Illinois Press.ISBN0-252-02815-5.
(de)Volker Kluge (1997).Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 1. Athen 1896 – Berlin 1936. Berlin: Sportverlag.ISBN3-328-00715-6.
(de)Friedrich Bohlen (1979).Die XI. Olympischen Spiele Berlin 1936. Köln: Pahl-Rugenstein.ISBN3-7609-5016-7.