Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Olimpiese Somerspele 1932

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spele van die Xe Olimpiade
Olimpiesespele van 1932

Gehou inLos Angeles,Verenigde State
Deelnemende lande37Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete1 332 (1 206 mans, 126 vroue)[2]
Items117 in 14 sporte[4]
Openingseremonie30 Julie1932
Sluitingseremonie14 Augustus1932
Amptelik geopen deurAdjunkpresidentCharles Curtis[6]
Atlete-eedGeorge Calnan (skermer)
Beampte-eed(sedert 1972)
Olimpiese vlam(sedert 1936)
Vorige Spele1928: Amsterdam (Nederland)
Volgende Spele1936: Berlyn (Duitsland)

DieOlimpiese Somerspele 1932 (Engels:1932 Summer Olympics), amptelik bekend as dieSpele van die Xde Olimpiade, is tussen 30 Julie en 14 Augustus 1932 inLos Angeles,Verenigde State, aangebied. Daar was geen andere stede wat hulself as kandidate beskikbaar gestel het nie.[7] Aangesien die Spele van 1932 plaasvind tydens 'n groot ekonomiese krisis, dieGroot Depressie, was daar heelwat minder deelnemers as op dievorige spele inAmsterdam. Die lang reis wat die atlete moes meemaak om tot in Los Angeles te kom het ook 'n rol in die lae deelnemerstal gespeel. In 1932 het die Verenigde State ook dieOlimpiese Winterspele aangebied, inLake Placid in dieAdirondack-gebergte.

Sporte

[wysig |wysig bron]

14 Olimpiese sportsoorte in 117 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 116 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.

Stadions

[wysig |wysig bron]
Die Rose Bowl het die spoedfietsgebeurtenisse tydens die Olimpiese Somerspele 1932 gehuisves
Die Australiese span in die Olimpiese stadion van Los Angeles

15 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1932 gebruik:

StadionSporteKapasiteit
160th Regiment State ArmorySkermsport,Moderne vyfkamp (skermsport)1 800
Los Angeles HarborSeilvaartNie gelys nie
Los Angeles Police Pistol RangeModerne vyfkamp (skietsport),SkyfskietNie gelys nie
Long Beach Marine StadiumRoei17 000
Los Angeles AvenueFietsry (pad)Nie gelys nie
Olympic AuditoriumBoks,Gewigoptel,Stoei10 000
Los Angeles Memorial ColiseumAtletiek,Ruitersport (dressuur, spring),Veldhokkie,Gimnastiek105 000
Pacific Coast HighwayFietsry (pad)Nie gelys nie
Riverside Drive at Griffith ParkAtletiek (50 km-loop)Nie gelys nie
Riviera Country ClubRuitersport (dressuur, driefasekompetisie), Moderne vyfkamp (perdry)9 500
Rose Bowl inPasadenaFietsry (baan)85 000
Sunset Fields Golf ClubModerne vyfkamp (hardloop)Nie gelys nie
SwemstadionSierduik, Moderne vyfkamp (swem),Swem,Waterpolo10 000
Vineyard AvenueFietsry (pad)Nie gelys nie
WestchesterRuitersport (dressuur)Nie gelys nie
Die Olimpiese Stadion (Los Angeles Memorial Coliseum) in Los Angeles tydens die openingseremonie van die Olimpiese Somerspele 1932

Deelnemende nasies

[wysig |wysig bron]
Kaart van deelnemende nasies in 1932:

 Neem vir die eerste keer deel

 Het reeds vantevore deelgeneem

     GasheerstadLos Angeles

Hier volg 'n alfabetiese lys van al dieNasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Suid-Afrika op die Olimpiese Spele.
Suid-Afrika se Marjorie Clark wen brons in die 80 m hekkies wedloop

Lawrence Stevens (liggewig) enDavid Carstens (Ligswaargewig) wen goue medaljes en Ernest Peirce (Middelgewig) wen die bronsmedalje in boks.

Jenny Maakal wen brons in die 400 m vryslag enMarjorie Clark wen die bronsmedalje in die 80 m hekkies wedloop.

Getal medaljes

[wysig |wysig bron]
Die Japannese Takeichi Nishi met sy Olimpiese perd Uranus tydens die Olimpiese Somerspele 1932

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land DeelnemersGoud GoudSilwer SilwerBrons BronsTotaal
1Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA)474413230103
2Vlag van Italië Italië (ITA)11212121236
3Vlag van Frankryk Frankryk (FRA)103105419
4Vlag van Swede Swede (SWE)8195923
5Vlag van Japan Japan (JPN)15777418
6Vlag van Hongarye Hongarye (HUN)5864515
7Vlag van Finland Finland (FIN)40581225
8Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk (GBR)10847516
9Vlag van Republiek van WeimarDuitsland (GER)134312520
10Vlag van Australië Australië (AUS)123115
15Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (RSA)122035

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)"Factsheet – The Games of the Olympiad"(PDF).Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op3 Maart 2018.
  2. (en)"Factsheet – The Games of the Olympiad"(PDF).Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op3 Maart 2018.
  3. (en)"Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad"(PDF).Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op3 Maart 2018.
  4. (en)"Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad"(PDF).Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op3 Maart 2018.
  5. (en)"Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad"(PDF).Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op3 Maart 2018.
  6. (en)"Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad"(PDF).Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op3 Maart 2018.
  7. (en)"Past Olympic host city election results". GamesBids. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op3 Maart 2018.

Verdere leesstof

[wysig |wysig bron]
  • (de)Karl Lennartz/Wolf Reinhardt/Ralph Schlüter (2015).Die Spiele der X. Olympiade 1932 in Lake Placid und Los Angeles. Agon.ISBN 978-3-89784-406-3.
  • (en)David Wallechinsky (2004).The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books.ISBN 978-1-894963-32-9.
  • (en)Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.).Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group.ISBN 0-313-32278-3.OCLC 52418065.
  • (de)Volker Kluge (1997).Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 1. Athen 1896 – Berlin 1936. Berlin: Sportverlag.ISBN 3-328-00715-6.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metOlimpiese Somerspele 1932.
Olimpiese SpeleLogo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele:1896 1900 1904 1906* 1908 1912 1916 1920 1924 1928 1932 1936 1940 1944 1948 1952 1956 1960 1964 1968 1972 1976 1980 1984 1988 1992 1996 2000 2004 2008 2012 2016 2020 2024 2028 2032

Olimpiese Winterspele:1924 1928 1932 1936 1940 1944 1948 1952 1956 1960 1964 1968 1972 1976 1980 1984 1988 1992 1994 1998 2002 2006 2010 2014 2018 2022 2026 2030 2034
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur dieIOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

Internasionaal
Nasionaal
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Olimpiese_Somerspele_1932&oldid=2692206"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp