| Olifantsrivier, Lepelle Rio dos Elefantes(pt) | |
|---|---|
| Stroomgebied | |
| Oorsprong | TussenBreyten enBethal |
| Monding | Limpoporivier |
| Stroomgebiedopp. | 68 450 km2 |
| Koördinate:23°57′31″S31°52′48″O / 23.95861°S 31.88000°O /-23.95861; 31.88000 | |
DieOlifantsrivier is 'n hooftakrivier van dieLimpoporivier wat in dieMpumalanga- enLimpopoprovinsies, asook vir sy laaste deel in Mosambiek vloei.
Die rivier ontspring tussen die dorpeBreyten enBethal in Mpumalanga[1] by26°20′00″S29°48′18″O / 26.3332°S 29.8050°O /-26.3332; 29.8050. Dit vloei deur dieWitbankdam enLoskopdam, sny oos deur die TransvaalseDrakensberg by dieAbel Erasmuspas, vloei verder noordoos deur die laeveld in dieLimpopoprovinsie en deur dieKrugerwildtuin waar dieLetabarivier daarmee saamvloei. By dieLebomboberge sny die rivier deur die Olifantsravyn, waar die Banguravyn ook uit die suide aansluit, en steek dan dielandsgrens oor naGaza-provinsie,Mosambiek, waarna ditRio dos Elefantes heet.
Hierna vloei dit deur die Massingirdam, en later sluit dieShingwedzirivier by die Olifants aan. Ongeveer 40 km van die Mosambiekse grens, sluit dit by dieLimpoporivier aan (by24°06′45″S32°38′09″O / 24.1124°S 32.6358°O /-24.1124; 32.6358), voor dit suid draai en uiteindelik byXai-Xai noord vanMaputo in dieIndiese Oseaan uitmond. Dieopvanggebied van die Olifants word op 68 450 km2 bereken.[2]
Oorbeweiding in middeldele van die rivier het deur die jare erge gronderosie in die riviervallei veroorsaak, veral na harde reënbuie. Die Olifants is een van die ergs-besoedelde riviere in Suider-Afrika,[3] en honderde damme in die opvanggebied het ook die natuurlike vislewe benadeel.[4]
Die sytakke in dieKrugerwildtuin is die Tsutsi,Nhlaralumi,Shisakashanghondo,Timbavati- en dieBanguriviere.[9]
Die geskiedkundige gebied van die Pedi-bevolking,Sekhukhuneland, is geleë tussen die Olifantsrivier en sy groot sytak, dieSteelpoortrivier.
Sommige van die dertig groot damme in die Olifantsrivierbekken is:
| Wikimedia Commons bevat media in verband metOlifants River (Mpumalanga). |