Olga Kostyantynivna Kurylenko[1][2] (Oekraïns: Ольга Костянтинівна Куриленко; *14 November1979)[1][2] is 'n Franse aktrise en voormalige model van Oekraïense afkoms.[3][4] Kurylenko is gebore in Berdjansk en het op 16-jarige leeftyd na Frankryk verhuis om as model te werk. Nadat sy haar loopbaan as aktrise in 2004 begin het, het Kurylenko haar deurbraakrol gehad in die aksieriller-rolprentHitman (2007). Sy het die rol vertolk van die "Bondmeisie" Camille Montes in dieJames Bond-rolprentQuantum of Solace (2008) en ook gespeel inThe Water Diviner (2014) as "Ayshe" langsRussell Crowe.
Kurylenko het ook gespeel in Terrence Malick se rolprentTo the Wonder (2012), Martin McDonagh seswartkomedie-rolprentSeven Psychopaths (2012), diewetenskapsfiksierolprentOblivion (2013), Armando Iannucci se polititiese satire-rolprentThe Death of Stalin (2017), Terry Gilliam seThe Man Who Killed Don Quixote (2018) en die aksierolprentExtraction 2 (2023).
↑"Sentinelle".Netflix.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Februarie 2021. Besoek op5 Februarie 2021.
↑Jo Ji-young (23 Februarie 2022)."[공식] 유연석X올가 쿠릴렌코 韓·佛 프로젝트 '배니싱', 3월 개봉 확정" [[Official] Yoo Yeon-seok X Olga Kurylenko Korean-French project 'Banishing' confirmed for release in March] (in Koreaans). Sports Chosun.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Februarie 2022. Besoek op23 Februarie 2022 – via Naver.