Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Okiep

Koördinate:29°35′45″S17°52′51″O / 29.59583°S 17.88083°O /-29.59583; 17.88083
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Okiep

O'okiep
Ventilasieskag van die ou kopermyn
Ventilasieskag van die ou kopermyn
Okiep is in Noord-Kaap
Okiep
Okiep
 Okiep se ligging in Noord-Kaap
Koördinate:29°35′45″S17°52′51″O / 29.59583°S 17.88083°O /-29.59583; 17.88083
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoord-Kaap
DistrikNamakwa
MunisipaliteitNama Khoi
Stigting1862
Oppervlak
 • Totaal38,63 km2 (14,92 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal6 304
 • Digtheid163/km2 (420/vk. myl)
Rasverdeling(2011)
 • Wit mense1.1%
 • Indiërs/Asiërs0.3%
 • Bruin mense93.8%
 • Swart mense3.8%
 • Ander1.0%
Taal(2011)
 • Afrikaans96.2%
 • Xhosa1.0%
 • Ander2.7%
Poskode(strate)
8270
Skakelkode027
Ventilasieskag van die Kaapse Kopermaatskappy gebou in 1880
Die Kaap Koper-medalje wat toegeken is aan mense wat Okiep verdedig het.

Okiep is 'n dorp inSuid-Afrika se provinsieNoord-Kaap en geleë inNamakwaland, 8 km noord vanSpringbok en 11 km suidwes vanConcordia. Dit is gestig in1862 nadatkoper hier ontdek is. Die naam is vroeër geskryf as O'okiep, en beteken inNamaplek van brak water.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Koper is al in1855 in Okiep ontdek, en die dorp het vinnig tot die sentrum van die kopermynbou inSuid-Afrika ontwikkel. Okiep is in die 1870's beskou as die rykste kopermyn ter wêreld.

Die eerste myners was Kornies en het die kundigheid van eeue se tin-mynbou inCornwallis met hulle saamgebring. Die ruïnes van die geboue wat hulle gebou het, sowel as die klipbrûe van die spoorlyn om die erts te vervoer naPort Nolloth, kan nog steeds by Okiep gesien word.

In1866 is 'n smalspoorlyn na Port Nolloth aan dieAtlantiese kus gebou, waarvan die kopererts verskeep kon word. Die smalspoorlyn se bedrywighede het in 1876 begin en vir 68 jaar is erts na Port Nolloth vervoer en teruggekeer met toerusting en voorrade. Weens 'n gebrek aan koelwater vir die stoomlokomotiewe is die Namakwaland-muiltrein tot by die jaar1890 deur muile en perde getrek. Later is hul vervang deurstoomlokomotiewe - die laaste van hierdie, dieClara, staan ​​opNababeep.

Vandag

[wysig |wysig bron]

Deesdae word padvervoer gebruik om die erts te vervoer tot by die stasie opBitterfontein. Die ander hoofmyne in die gebied is byCarolusberg en Nababeep. Weens die koperprys se verswakking tot onder die winsgewende vlak, is mynbou in1918 gestaak. Okiep het byna 'n soort spookdorp geword, maar mynbedrywighede is hervat toe die prys weer gestyg het.

Die Okiep Country Hotel is die enigstetoeriste-akkommodasie op Okiep. Die vlaktes in die omgewing spog in dielentetyd met hulle veldblommeprag.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,11,21,3"Hoofplek Okiep".Sensus 2011.
Setel:Springbok
Hantam
Namakwa District within South Africa
Namakwa District within South Africa
Kamiesberg
Karoo Hoogland
Khâi-Ma
Nama Khoi
Richtersveld
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Okiep&oldid=1807342"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp