Ohio (Engels:State of Ohio) is 'ndeelstaat in dieGroot Mere-streek van dieVerenigde State van Amerika met 'n oppervlakte van 116 096 vierkante kilometer en 'n bevolking van 11,5 miljoen. Die hoofstad en grootste stad isColumbus. Ohio word in die noorde deurMichigan en dieEriemeer, in die ooste deurPennsilvanië enWes-Virginië, in die suide deurKentucky, en in die weste deurIndiana begrens. Dit is die 17ste staat wat tot die Unie toegelaat is.
Ohio se bynaam isThe Buckeye State. 'n Buckeye is 'n tipe kastaiingboom. Die naam Ohio kom van dieSeneca woordohi:yo wat 'groot kreek' beteken.
Ohio se leuse is "By God is alles moontlik".
Somers is gewoonlik warm en vogtig. Koel temperatuur oorheers in die winter. DieOhio Wesleyan-universiteit is ook in die staat geleë.