Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Ofir

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Ofir is ‘n legendariese streek of hawe wat in dieBybel, letterkunde en historiese geskrifte vermeld word en bekend is weens sy geweldige rykdomme.

Volgens dieOu Testament bring koningSalomo se skepe elke derde jaar ‘n vraggoud,silwer, ivoor, sandelhout, poue en ape uit Ofir naJerusalem.

Oor die ligging van die plek (indien dit werklik bestaan het) is historici dit nie eens nie. Die suidelike deel van Arabiese skiereiland en die ooskus vanAfrika is glo die sterkste moontlikhede. MaarIndië enAmerika word ook genoem. Die Portugese het tevergeefs verskeie ekspedisies na die binneland vanAfrika gestuur om na Ofir te soek. ‘n Soektog in 1659 onder Francisco Barreto en 1 000 man het meer as 300 km langs dieZambezi na die stad gesoek. Dit het ook misluk en slegs 180 man hetMosambiek weer bereik. Daarna het die Portugese hul belangstelling in die binneland van Afrika verloor.

Daar word ook beweer datZimbabwe dalk die land Ofir is. Veral omdatArabië glo nooit goud opgelewer het nie. Alexander Merensky het na Ofir gaan soek, maar nie verder as dieLimpopo gevorder nie. Met Merensky se hulp hetKarl Mauch in 1871 die Zimbabwe-ruïnes ontdek en hy het dit beskou as die oorblyfsels van Ofir.

Soortgelyke plekke

[wysig |wysig bron]

Bronne

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Ofir&oldid=2524919"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp