Oesbekistan ofOezbekistan, amptelik dieRepubliek van Oesbekistan (Oesbekies:Oʻzbekiston Respublikasi, Ўзбекистон Республикаси), is 'nlandingeslote land inSentraal-Asië, wat van 1924 tot 1991 by die armste republieke van dieSowjetunie gereken is. Syhoofstad en grootste stad isTasjkent (Oesbekies:Tosjkent) met 'n bevolking van 2 229 400 in 2005. Danksy 'n uitgestrekte besproeiingsstelsel waas die republiek die Sowjetunie se vernaamste verskaffer vankatoen.
In 1991 is die bevolking teensinnig om die onafhanklikheid vanRusland te aanvaar; lidmaatskap in 'n statebond met Rusland word veral om ekonomiese redes as voordelig beskou. Die ekonomiese agteruitgang skep 'n groot probleem vir die regering; tydens die Sowjetse heerskappy vind nog 'n grootskaalse industrialisering nog 'n russifisering plaas. Die regering tree gereeld met geweld teen die opposisie enIslamitiese fundamentaliste op. In Mei 2005 sterf meer as 1 000 betogers en soldate, nadat onluste in die stad Andisjan uitbreek.
Protestante maak minder as 1% van die bevolking van Oesbekistan uit. DieEvangelies-Lutherse Kerk in Oesbekistan is 'n kerk met sewe gemeentes. Die biskop se setel is in Tasjkent en die sinode se voorsitter is Gilda Raspopowa. Nuwe gemeentes mag nie gestig word nie, maar daar bestaan wel huiskerke van Oesbeke. Duisende Oesbeke het na 1991 die Christengeloof aangeneem. Christene word egter baie negatief voorgestel en word beskou as lede van 'n ekstreme kultus. In 2006 is 'n wet gepromulgeer wat 3 jaar gevangenestraf voorskryf vir die druk van godsdienstige boeke. Die regering vervolg Christene ekstensief, en in afgeleë streke word ook sterk druk op Christene geplaas uit Islamitiese oorde.
↑(en)"2015 Human Development Report"(PDF). United Nations Development Programme. 2015.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020. Besoek op15 Desember 2015.