Oder - Odra - Wódra |
---|
Die Oder inSzczecin. |
Die stroomgebied van die Oder. |
Oorsprong | Naby Kozlov aan die suid-oostelike voet van die bergpiek Fidlův kopec in die Oderberge. |
Monding | Szczecin-strandmeer,Oossee |
Stroomgebied | Tsjeggië,Pole,Duitsland |
Lengte | 854 km (531 myl) |
Oorspronghoogte | 634 m (2 081 voet) |
Mondinghoogte | 0 m |
Gemiddelde afloop | 574 m³/s (20 271 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 118 861 km² (45 892 myl²) |
Kaart van die Oder-bekken in Europa. |
DieOder (Nieu-LatynsViadrus;Pools,Tsjeggies enNeder-SorbiesOdra,Opper-SorbiesWódra) is 'n Middel-Europese rivier wat inTsjeggië ontspring, deurPole vloei en sedert 1945 as gevolg van dieTweede Wêreldoorlog die grens tussen dié land enDuitsland vorm. Dit mond deur die Szczecin-strandmeer en rondom die eilande Usedom en Wolin in dieOossee uit. Die rivier het 'n lengte van 854 kilometer (898 kilometer tot byŚwinoujście, vroeër Swinemünde).
Die belangrikste syriviere sluit in die Lausitzer Neiße en die Warthe. Saam met die laasgenoemde syrivier het die rivierstelsel 'n totale lengte van 1 045 kilometer. Die gemiddelde afloop van 574 m³/s maak van die Oder die vyfde grootste rivier in Duitsland ná dieRyn,Donau, Inn enElbe. Die Oder se stroomgebied word in die weste en suidweste deur die Elbe, in die ooste deur die Wisła (Weichsel) en in die suide deur die Donau begrens.
Die rivier speel 'n belangrike ekonomiese rol as natuurlike waterweg wat die Duitse deelstaatBrandenburg met die Oossee verbind.[1]
- ↑Ernst Dahlke en Jürgen Geitner:Brandenburg. München: Südwest/Cormoran 1999, bl. 65