Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Oblast

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Oblast (Russies enOekraïens: область,Wit-Russies: вобласць of вобласьць;Tsjeggies: oblast;Slowaaks: oblasť,Bulgaars: област;Kazachs: облысы of oblısı) is ’n soortdeelgebied of administratiewe eenheid in 'n aantal Slawiese lande (Russiese Federasie,Oekraïne,Belarus enBulgarye) asookKirgistan enKasakstan, twee voormalige republieke van dieSowjetunie.

Die woord "oblast" is ’nleenwoord in Afrikaans, maar word ook dikwels vertaal as "gebied", "sone", "provinsie" of "streek". Laasgenoemde vertaling kan misleidend wees, want ’n subdivisie van ’n "oblast" word ’n "rajon" genoem, wat as "streek" of "distrik" vertaal kan word, afhangend van die konteks.

Oblaste van Rusland

[wysig |wysig bron]

Volgens Rusland segrondwet is oblaste "federale liggame (soebjekti)" van die federasie. Dit is ’n hoër status as die administratiewe eenhede van die Russiese republiek in die tyd van die Sowjetunie. Die federale status gee die oblaste ’n sekere mate van outonomie asook verteenwoordiging in die Federasieraad van Rusland.

Rusland word opgedeel in 85deelgebiede, waarvan 47 oblaste is:

1. Amoer
2. Archangelsk
3. Astrachan
4. Belgorod
5. Brjansk
6. Tsjeljabinsk
7. Tsjita
8. Irkoetsk
9. Iwanowo
10. Kaliningrad
11. Kaloega
12. Kemerowo
13. Kirof
14. Kostroma
15. Koergan
16. Koersk

17. Leningrad-streek
18. Lipetsk
19. Magadan
20. Moskou-streek
21. Moermansk
22. Nizjni Nowgorod
23. Nowgorod
24. Nowosibirsk
25. Omsk
26. Orenburg
27. Orjol
28. Penza
29. Pskof
30. Rostof
31. Rjazan
32. Sachalin

33. Samara
34. Saratof
35. Smolensk
36. Swerdlofsk
37. Tambof
38. Tomsk
39. Twer
40. Toela
41. Tjoemen
42. Oeljanofsk
43. Wladimir
44. Wolgograd
45. Wologda
46. Woronezj
47. Jaroslawl

Republieke (21)
Krais (9)
Oblaste (46)
Outonome oblast (1)
Outonome okroegs (4)
Federale stede (2)
Onerken1 (6)
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Oblast&oldid=2427236"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp