Oberliga | |
2020–21 | |
Sportsoort | Sokker |
---|---|
Eienaar | Duitse sokkerbond |
Deelnemende lande | ![]() |
Aantal spanne | 14 |
Verwante kompetisies | Regionalliga Landesliga Verbandsliga |
DieOberliga is tans die vyfde hoogste vlak vansokker in dieDuitse ligastruktuur.
InOos-Duitsland was "Oberliga" ook die benaming van die hoogste liga en daar word algemeen na hierdie liga verwys as dieDDR-Oberliga. Die DDR-Oberliga het verdwyn nadat Duitse sokker verenig is na die eenwording van Duitsland (kykDuitse sokkerkampioen).
Tans is daar 7 oberligas wat elk 'n aantal verbande op 'n geografiese basis bedien. Die wenner van elke oberliga word gepromoveer na die toepaslikeRegionalliga (onderhewig aan die verkryging van 'n lisensie). Die enigste uitsondering is dieverbande (streeksbonde) wat vroeër na die Oberliga Noord gepromoveer het. Die wenners van die hierdie oberligas (Neder-Sakse Wes; Neder-Sakse Oos; Hamburg; Bremen; Sleeswyk-Holstein) speel aan die einde van die seisoen 'n reeks uitspeelwedstryde om te bepaal wie promoveer. Spanne aan die onderpunt van die oberligas word weer gerelegeer na die toepaslike verbandsliga (soms het 'n verband se hoogste vlak die benamingLandesliga), terwyl die verbandskampioene promosie na die oberliga kan verkry. Net soos by die ander hoër ligas van Duitsland, moet 'n klub ook om 'n oberligalisensie aansoek doen.
Na dieTweede Wêreldoorlog is die Oberliga in1948 inWes-Duitsland ingestel as die hoogste vlak van sokker (as die opvolger van dieDerde Ryk seGauligas) en dit het die hoogste vlak gebly tot die instelling van dieBundesliga in1963. In teenstelling met die DDR, waar daar 'n enkele eerste klas was, was die Wes-Duitse kompetisie in 5 geografiese stapels verdeel. Die wenner van elke stapel (en soms ook die vise-kampioen) het dan aan 'n eindtoernooi om die Duitse titel meegeding, soortgelyk aan die ou Gauliga-stelsel.
Met die invoer van die Bundesliga het dieRegionalliga verskyn as die tweede vlak en het die benaming Oberliga vir eers van die toneel verdwyn. Die verskillende streeksbonde (“verbande”) het die laer vlakke op 'n streeksvlak hanteer, meestal met 'nverbandsliga as die streek se topvlak (en dus die derde vlak van die Duitse sokkerstruktuur, op daardie stadium).
In1974 is die Oberliga die eerste keer weer in Noord-Duitsland ingevoer, maar op die 3de vlak. In die ander streke van Duitsland is die Verbandsliga behou tot1978 toe daar ook weer oberligas ingestel is. Na die eenwording vanDuitsland in1991 moes die voormalige Oos-Duitse klubs in die stelsel opgeneem word en daarom is die Regionalliga in1994 ingevoer as die 3e vlak, wat veroorsaak het dat die oberligas die 4e vlak geword het.
Vanaf die 2008/09-seisoen is die3. Liga ingestel en het die oberligas die 5de vlak van Duitse sokker word. Die Oberliga Noord het verdwyn, wat veroorsaak het dat die voederligas vir die Oberliga Noord (Verbandsliga Sleeswyk-Holstein; Verbandsliga Hamburg; Verbandsliga Neder-Sakse Oos; Verbandsliga Neder-Sakse Wes; Verbandsliga Bremen) nou ook die 5de vlak vorm. Verder het die oberligas Wesfale en Noord-Ryn saamgesmelt om dieOberliga Noord-Rynland-Wesfale te vorm.
Die volgende twaalf Oberligas bestaan tans as die Duitse vyfde vlak:
Oberliga Noordoos-Noord 2010/11-seisoen | |
SV Altlüdersdorf |Berlin AK 07 |Tennis Borussia Berlin |BFC Dynamo |1. FC Union Berlyn II |Brandenburger SC Suid 05 |Lichterfelder FC |Ludwigsfelder FC |Malchower SV 90 |TSG Neustrelitz |FSV Optik Rathenow |Reinickendorfer Vosse |FC Hansa Rostock II |Germania Schöneiche |Torgelower SV Greif |FC Anker Wismar | |
Oberliga Noord-Rynland-Wesfale 2010/11-seisoen | |
Alemannia Aken II |SSG 09 Bergisch Gladbach |Bonner SC |MSV Duisburg II |SpVgg Erkenschwick |SC Rooiwit Essen |Swartwit Essen |SC 04 Westfalia Herne |VfB Homberg |1. FC Kleve |SC Fortuna Keulen | |
Oberliga Sleeswyk-Holstein 2010/11-seisoen | |
TSV Bordesholm –FT Eider Büdelsdorf –Eckernförder SV –SV Eichede –Flensburg 08 –ETSV Weiche Flensburg –Heider SV –Heikendorfer SV –SV Henstedt-Ulzburg –Holstein Kiel II –TSV Klausdorf –TSV Kropp –VfB Lübeck II – |
![]() | Wikimedia Commons bevat media in verband metOberliga. |