Numerorum mysteria (1591), 'n verhandeling oor numerologie deur Pietro Bongo. Sy invloedrykste werk in Europa.[1]
Numerologie (ook bekend asaritmomansie) is die geloof in 'nokkulte, goddelike ofmistiese verhouding tussen 'nnommer en een of meer samevallende gebeure. Dit is ook die studie van die numeriese waarde, deur 'nalfanumeriese stelsel, van die letters in woorde en name. Dit word dikwels verbind metastrologie en ander soortewaarsêery.[2]
Die term "aritmomansie" is afgelei van dieGriekse woordearithmos (nommer) enmanteia (waarsêery). Die beteken dus die studie van waarsêery deur nommers.[3] Die woord dateer van die 1570's.[4]
Die praktyk om numeriese waardes aan woorde en name te gee en godsdienstige betekenis daaraan te heg dateer uit die oudheid. 'nAssiriese inskripsie uit die 8ste eeu v.C. oorSargon II verklaar: "Die koning het die muur van Chorsabad 16 283 voorarmlengtes lank laat bou om ooreen te stem met die numeriese waarde van sy naam."[5] Verskillende metodes van numerologie is deur die jare gebruik, soos die Agrippa-, Pythagoras- en Chaldeuse stelsel.
Engelgetalle, soos in 2005 deur Doreen Virtue en Lynnette Brown gedefinieer, is nommers wat uit herhalende syfers bestaan, soos 111 of 444.[6] 'n Paar gewilde publikasies het al artikels gepubliseer wat daarop skimp dat die nommers numerologiese waarde het.[7]
Carroll, Robert Todd (2003)."Numerology".The Skeptic's Dictionary: A Collection of Strange Beliefs, Amusing Deceptions, and Dangerous Delusions.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2023.
Francis-Cheung, Theresa (2006). "Arithmancy".The Element Encyclopedia of the Psychic World. Harper Element. p. 31.ISBN978-0007211487.
Virtue, Doreen; Brown, Lynnette (2005).Angel Numbers: The Angels Explain the Meaning of 111, 444, and Other Numbers in Your Life. Hay House.ISBN978-1401905156.