Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Nostalgie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die sien van ’nstoomlokomotief kan nostalgie teweegbring.

Nostalgie is ’n sentimentele gemis na die verlede, gewoonlik na ’n tydperk of plek met ’n persoonlike verbintenis vangeluk.[1] Die woord is afgelei van dieGriekse νόστοςnóstos, "tuiskoms", en ἄλγοςálgos, "pyn". Dit is deur ’n 17de-eeuse mediese student uitgedink om die gevoelens te beskryf vanSwitsersehuursoldate wat in ander lande geveg het.[2]

Nostalgie is in die vroeë moderne tyd as ’n mediese toestand, ’n soortmelancholie, beskou[3] en het ’n belangrike term in dieromantiek geword.[1] Dit word verbind met ’n verlange na die verlede, sy eienskappe, moontlikhede en gebeure – veral die "goeie ou dae" of ’n "gelukkige kindertyd".[4]

Wetenskaplike geskrifte handel hoofsaaklik oor nostalgie wat mense se persoonlike lewe betref en is geskryf na aanleiding van die gevolge van nostalgie wat in studies teweeggebring is.Reuk engevoel is sterk opwekkers van nostalgie omdat hierdie stimulusse eerste deur dieamigdala, waaremosies in diebrein geleë is, beweeg. Dié herinneringe is gewoonlik aan belangrike gebeure in die verlede, mense vir wie ’n mens omgegee het en plekke waar tyd deurgebring is.Musiek[5] en dieweer[6] kan ook sterk opwekkers van nostalgie wees.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 12Boym, Svetlana (2002).The Future of Nostalgia. Basic Books. pp. xiii–xiv.ISBN 978-0-465-00708-0. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 8 Februarie 2017. Besoek op19 Januarie 2021.
  2. Fuentenebro; de Diego, F; Valiente, C (2014). "Nostalgia: a conceptual history".History of Psychiatry.25 (4):404–411.doi:10.1177/0957154X14545290.PMID 25395438.
  3. Dahl, Melissa (25 Februarie 2016)."The Little-Known Medical History of Homesickness".New York. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 1 Maart 2016.
  4. Sedikides, Constantine; Wildschut, Tim; Arndt, Jamie; Routledge, Clay (Oktober 2008)."Nostalgia: Past, Present, and Future".Current Directions in Psychological Science.17 (5):304–307.doi:10.1111/j.1467-8721.2008.00595.x.
  5. "Music-Evoked Nostalgia".
  6. "Study: Nostalgia Makes Us Warm, and Cold Makes Us Nostalgic". 4 Desember 2012.{{cite journal}}:Cite journal requires|journal= (hulp)

Skakels

[wysig |wysig bron]
Normdata: NasionaalEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Nostalgie&oldid=2446315"
Kategorie:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp