Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Northrop F-5 Freedom Fighter

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Northrop F-5 Freedom Fighter
'n F-5E van die Switserse Lugmag
TipeVegvliegtuig
VervaardigerNorthrop Corporation
NooiensvlugF-5A: 30 Julie 1959
StatusUit diens gestel
HoofgebruikerAmerikaanse Lugmag
Aantal gebou706
Ontwikkel vanNorthrop T-38 Talon

DieNorthrop F-5 Freedom Fighter is 'n Amerikaansevegvliegtuig. Dit was 'n lae koste, veelsydige,supersoniese, goedkoop vliegtuig wat maklik was om te onderhou en het vir die eerste keer in 1959 gevlieg. Daar was 2,700 van die vliegtuig gebou en meer as 2,000 was uitgevoer na lande wat op 'n vriendelike voet met Amerika verkeer het. Die eerste eenhede is in April 1964 aan dieAmerikaanse Lugmag seTactical Air Command vir buitelandsevlieëniers afgelewer en vlieëniers vanIran enSuid-Korea was van die eerste lande wat opgelei is.

'n Tweesitplek model, F-5B, is in Februarie 1964 in diens gestel en in 1967 het 'n Amerikaanse Eskader missies gevlieg in Suidoos-Asië vir evaluering.Kanada enSpanje het die vliegtuig onder lisensie vervaardig wat verseker het dat dit vir jare regoor die wêreld in diens was.

Model F-5E Tiger II

[wysig |wysig bron]

Model F-5A is opgradeer na model F-5E Tiger II wat in 1972 verskyn het. Dit is toegerus met die kragtiger J85 motor wat 'n wyer romp benodig het. Dit het ook oor beteravionika en 'n lug-tot-lug vuurbeheerstelsel beskik. Dit was ook, soos die F-5, uitgevoer na twintig lande. Die F-5E het op 11 Augustus 1972 sy nooiensvlug voltooi. Die 425Tactical Fighter Squadron was die eerste toegerus met die F-5E. Hulle was verantwoordelik om ander lande se vlieëniers op te lei.

Die F-5E was gebruik in opleiding as die aggressor. Die aggressorvlieëniers was op hulle beurt opgelei in die taktiek wat die Russiese vlieëniers gebruik. Sodoende kon die Amerikaanse vlieëniers hulle vaardighede verbeter en swakhede uitskakel. Later was aggressor eskaders gebruik om buitelandse vlieëniers op te lei.

Model F-5F was die tweesitplek opleiding weergawe. Die Tiger II was ook onder lisensie vervaardig inTaiwan, Suid-Korea enSwitserland. Alhoewel F-5E produksie eers gestaak was in 1987 het die vervaardiger verskeie opgradering moontlikhede aan die Amerikaanse Lugmag voorgelê wat die vliegtuig in diens kon hou tot in 2010. Die laaste model was dieF-20 Tigershark onder andere met 'n nuwe motor voorsien is wat 80 persent kragtiger was. Dit lugmag het egter nie belanggestel in die weergawe nie.

Tegniese besonderhede

[wysig |wysig bron]
Besonderhede van die Northrop F-5 Freedom Fighter:
ItemStatistiek
Aantal motors2
Tipe motorStraalmotor
VervaardigerGeneral Electric J85-GE21 turbostraal.
Kraglewering per motor2 268 perdekrag
Vlerkspan8,13 m
Lengte14,45 m
Hoogte4,06 m
Vlerkoppervlakte17,28 m2
Normale opstygmassa11 214 kg
Maksimum snelheid1 734 km/h
Operasionele hoogte15 790 m
Togafstand2 483 km
Klimvermoë8 754 m per minuut
BewapeningTwee 20 mm kanonne in neus
tweeAIM-9 Sidewinder lug-tot-lugmissiele aan vlerkpunte
plus 3175 kg bomme

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Bron

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Northrop_F-5_Freedom_Fighter&oldid=2691418"
Kategorie:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp