Logo van die Nordiese RaadDie hoofkantoor van die Nordiese Raad inKopenhagen,Denemarke.
DieNordiese Raad en dieNordiese Raad van Ministers is 'n samewerkingsforum vir die parlemente en regerings van dieNordiese lande. Dit is na dieTweede Wêreldoorlog gevestig en die eerste konkrete resultaat wat dit bereik het was die invoer van gemeenskaplike arbeidsmark, maatskaplike versekering en bewegingsvryheid sonder paspoorte vir burgers van die lande in1952.
Die Nordiese Raad bestaan uit verkose lede wat die vyf lande en drie outonome gebiede waaruit dit bestaan verteenwoordig. Die lede van die raad is lede van die nasionale parlemente van die lidlande van die Raad wat deur hulle onderskeie politieke partye genomineer word. Daar is dus nie 'n prosedure vir die verkiesing tot die Nordiese raad nie. Die Nordiese Raad wat deur 'n Presidium gelei word hou sedert 1996 elke herfs 'n gewone sessie en spesiale sessies word van tyd tot tyd om spesifieke temas gehou. Die Raad en lede van die lidlande se regerings kom ook op jaarlikse grondslag byeen om samesprekings te hou. Voortdurende politieke werk word deur komitee en party groepe behartig.[1]
Die Nordiese raad werk ook met dieBaltiese Raad wat 'n soortgelyke organisasie vir dieBaltiese landeEstland,Letland, enLitaue is. Die doel van die Nordiese raad se samewerking met die Baltiese Raad is ter wille van demokratiese, sosio-ekonomiese en kulturele ontwikkeling in dieOosseegebied enNoord-Europa. Samewerking met die Baltiese Raad neem verskillende vorms aan insluitend gesamentlike werksgroepe, werksvergaderings en sedert 2006 'n jaarlikse spitsvergadering.[2]
Die Nordiese Raad het inligtingskantore in al drie Baltiese lande asook inRusland (inSint Petersburg enKaliningrad). Die Raad het ook spesifieke samewerkinsgprogramme metDuitsland enPole.
Die Faroëreilande het te vore die wens uitgespreek om 'n volle lid eerder as assosiaat lid van die Raad te wees.[3]