Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Nordaustlandet

Koördinate:79°48′N22°24′O / 79.800°N 22.400°O /79.800; 22.400
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Nordaustlandet
Nasa-Satellietbeeld van Nordaustlandet
Nasa-Satellietbeeld van Nordaustlandet
Geografie
LiggingArktiese Oseaan
Koördinate79°48′N22°24′O / 79.800°N 22.400°O /79.800; 22.400
ArgipelSvalbard

Oppervlakte14 443vk km
Hoogste puntSnøtoppen 764 m
Administrasie
Vlag van Noorweë Noorweë
ProvinsieSvalbard

Demografie
Bevolking0

Nordaustlandet (Noors vir: "Noordoosland") is die tweede grootsteeiland van dieNoorseeilandgroepSvalbard naSpitsbergen met 'n oppervlakte van 14 443 km². Dit is ook die tweede grootste eiland van Noorweë en die wêreld se 57ste grootste eiland. Daarbenewens is dit die negende grootste eiland vanEuropa naGroot-Brittanje,Ysland,Ierland,Sewerni-eiland,Spitsbergen,Joezjni-eiland,Sisilië enSardinië.

Kaart van Nordaustlandet
Landskap op Nordaustlandet

Nordaustlandet vorm die noordoostelike deel van Svalbard en grens aan dieArktiese Oseaan in die noorde en dieBarentssee in die ooste. Verder oos is dieRussiese eilandgroepFranz Josef-land geleë.

Op Nordaustlandet is met Austfonna die grootstegletser vanEuropa geleë; dit beslaan 'n oppervlakte van 8 450 km². Dit is naAntarktika,Groenland enSewerni-eiland die vierde grootste met ys bedekte gebied wêreldwyd. Vestfonna is met 2 450 km² die tweede grootste gletser van Nordaustlandet. Die gletsers word deuraardverwarming bedreig.

Nordaustlandet word in vyf streke of landskappe onderverdeel:

  • Gustav-V-land (noordweste)
  • Prins-Oscars-land (noorde)
  • Orvin-land (noordooste)
  • Harald-V-land (ooste)
  • Gustav-Adolf-land (suide)

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Nordaustlandet&oldid=2175063"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp