Noord-Korea staan amptelik bekend as dieDemokratiese Volksrepubliek Korea (Koreaans: 조선민주주의인민공화국,Chosŏn Minjujuŭi Inmin Konghwaguk) en is inOos-Asië geleë, in die noordelike helfte van dieKoreaanse Skiereiland. Noord-Korea is een van die laastekommunistiese state in die wêreld en is bekend vir sy geharde Stalinistiese regering.
Nasa-satellietbeeld van Noord-KoreaKaart van Noord-KoreaDie Juche-toring in Pjongjang
In die suide grens Noord-Korea aanSuid-Korea, in die ooste aan dieSee van Japan (wat in Noord-Korea egter Oossee genoem word) en aan dieGeelsee in die weste. Die twee lande wat tot 1946 verenig was, word deur 'n 248 kilometer lange 'gedemilitariseerde' sone verdeel. In die noorde grens Noord-Korea aan dieVolksrepubliek China enRusland. Dié grens word deur die riviereTumen enYalu gevorm.
DieKoreaanse Werkersparty is in beheer van die land, en meer as 80% van regeringsamptenary behoort aan dié party. Die staat word deur 'nideologie gedryf wat bekend staan asjuche, wat die selfvoorsiening van die volk nastreef en die volk as die subjek en meester van die sosiale rewolusie beskou. Mag is gesetel in die leierskap van die Koreaanse Werkersparty. Die leier van Noord-Korea isKim Jong-il wat op sy beurt ook die leier van die Koreaanse Werkersparty en die weermag is. Kim Jong-il wat in Noord-Korea tot 'n kultusfiguur verhef is, het sy vader,Kim Il-sung, na sy dood in 1994 opgevolg. Ná die oorlede van Kim il-sung is hy deur sy seunKim Jong-oen opgevolg.
Die Juche-ideologie is die grootste dryfkrag vir Noord-Korea se isolasie in die moderne wêreld. Die ekonomie het gestagneer deur die loop van die negentigerjare en hetvoedseltekorte in groot dele van die land veroorsaak. Noord-Korea is ook berug vir menseregteskendings wat spraakvryheid en bewegingsvryheid geweldig inperk.
Noord-Korea seinternasionale verhoudinge is wankelrig. Reeds sedert dieKorea-oorlog is dié land se verhouding met sy bure gespanne. Noord-Korea is tegnies gesproke nog in 'n oorlog met Suid-Korea gewikkel. In die sewentiger- en tagtigerjare was Noord-Korea betrokke by dieontvoering vanJapannese en Suid-Koreaanse burgers.