Waterval geleë 'n paar myl ten noorde van Nieuwoudtville, op pad na Loeriesfontein, Noord-Kaap
Die Noord-Kaap word begrens deur dieAtlantiese Oseaan in die weste, die landeNamibië enBotswana in die noorde, die provinsieWes-Kaap in die suide en die provinsiesNoordwes,Vrystaat enOos-Kaap in die ooste. Die Noord-Kaap is 'n plat, klipperige wêreld, yl begroei en droog (gemiddeld slegs sowat 250 mm reën per jaar). Die suide is 'n deel van die Groot Karoo, terwyl dieKalahariwoestyn vanuit Botswana in die noorde oor die provinsie reik. Dis 'n harde wêreld, wat darem ryklik getemper word deur die beroemde veldblomme wat in die lente inNamakwaland ontluik. Van die veldblomme is inheems, maar die gewildste plant, die kosmos, is 'n indringer van Amerika. En dan is daar dieOranjerivier, wat soos 'n lint van lafenis deur die dorsland sny en in die Atlantiese Oseaan uitmond.
Die huidige premier van die Noord-Kaap isZamani Saul. Hy is van dieANC.
DieNoord-Kaapse Provinsiale Wetgewer se setel is inKimberley en dit voer wetgewing deur volgens die provinsiale belange, wat in dieGrondwet van Suid-Afrika bepaal is, onder meer op die gebied van landbou, onderwys, omgewingsake, gesondheidsorg, behuising, taalbeleid, toerisme, handel en welvaart.