Noord is een van die vier hoofwindrigtings. Die ander hoofwindrigtings is:oos,suid enwes.
Noord is die teenoorgestelde rigting van suid, en dui die rigting van dieNoordpool aan. Omdat daar vir rigtingbepaling dikwels van 'nmagnetiesekompas gebruik gemaak word, en die kompasnaald nie presies na die noordpool wys nie, onderskei mense tussen diegeografiese noord en diemagnetiese noord. Daarnaas is daar ook 'nastronomiese noord soos volgens die sterre bepaal.
Diemagnetiese noord is die rigting op die horisontale vlak waarheen die magneetnaald van 'n magnetiesekompas wys. Diegeomagnetiese noordpool is in die noorde vanKanada geleë, en is voortdurend aan die beweeg. Die kompasnaald sal as gevolg van plaaslike omstandighede nie presies na die magnetiese noordpool wys nie. Die afwyking tussen die geografiese en die magnetiese noord op die horisontale vlak word diemagnetiese deklinasie of magnetiese afwyking genoem.