Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Nikkeltetrakarboniel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Eienskappe

Algemeen

NaamNikkeltetrakarboniel
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formuleNi(CO)4
Molêre massa170,7 [g/mol][1]
CAS-nommer13463-39-3[1]  
Voorkomsvlugtige kleurlose vloeistof[1]  
ReukMuwwe reuk[2]
Fasegedrag  
Selkonstantesa=1084 pm @ -55°C[3]  
RuimtegroepPa3 
Nommer205  
StrukturberichtD1₁
Smeltpunt-25 °C[1]
Kookpunt43 °C[1]
Digtheid1,32 at 17°C[2]
Oplosbaarheid

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt<20°C[1] 
Selfontbrandingspunt60 °C[1]

Tensy anders vermeld is alle data virstandaardtemperatuur en -druk toestande.

 
PortaalChemie

Nikkeltetrakarboniel ofnikkelkarboniel is 'n organometaalverbinding tussennikkel enkoolstofmonoksied met chemiese formuleNi(CO)4.

Die stof is uiters vlugtig, toksies, kankerverwekkend, ontvlambaar en plofbaar. Dit word soms dievloeibare dood genoem.

Kristalstruktuur

[wysig |wysig bron]

Teen lae temperature kristalliseer nikkeltetrakarboniel in die kubiesetin(IV)jodied-struktuur (D11 in diestrukturbericht-klassifikasie.[4]

Eienskappe

[wysig |wysig bron]

Nikkelkarboniel is 'n molekulêre verbinding en sy molekules het 'n tetraëdriese vorm. Nikkel het 'noksidasietoestand nul in hierdie verbinding. Dit word reeds teen 40° C uit nikkelmetaal en CO gevorm

Ni(s)+4CO(g)Ni(CO)4{\displaystyle Ni(s)+4CO(g)\rightarrow Ni(CO)_{4}}

En dit ontbind teen hoër temperature. Dit kan gebruik word om nikkel met 'n hoë suiwerheid te vervaardig en word gebruik in die raffinering van nikkelerts, die vorming van nikkelfilms en -bedekkings. Dit word ook as 'n katalisator in verskeie chemiese reaksies en in glasplatering gebruik.[2]

Nikkelkarbonieldamp se digtheid is amper vier maal so groot as die lug s'n. Dit los maklik op in die meeste organiese oplosmiddels, maar dit is amper onoplosbaar in water. Dit reageer stadig metsout- enswawelsuur en vinnig metsalpetersuur of diehalogene en vorm die ooreenkomstige nikkelsoute. Broomwater word gebruik om reste van die stof in chemiese opstellings te vernietig.[5]

Vervaardiging

[wysig |wysig bron]

Daar is twee industriële prosesse vir die grootskaale vervaardiging van hierdie verbinding:[5]

  • ‘n Proses by atmosferiese druk wat koolstofmonoksied oor nilkkelsulfied en varsgereduseerde nikkelmetaal lei. (VK)
  • ’n Proses met CO onder hoë druk lei tot die vorming van albei nikkel- en ysterkarboniel. Die twee word deur destillasie geskei.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,11,21,31,41,51,6"nickel carbonyl". Inchem.
  2. 2,02,12,2"Nickel carbonyl". Australiese regering. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 28 September 2023. Besoek op28 September 2023.
  3. JOSHUA LADELL, BENJAMIN POS, I. FANKUCHEN (1952). "The Crystal Structure of Nickel Carbonyl, Ni(CO)4*".Acta Cryst.5: 795.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  4. "SnI4". Aflow. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 22 September 2021. Besoek op29 September 2023.
  5. 5,05,1Antonsen, D.H., Meshri, D.T. (2005).Nickel Compounds. In Kirk-Othmer Encyclopedia of Chemical Technology.doi:10.1002/0471238961.1409031101142015.a01.pub2.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Nikkeltetrakarboniel&oldid=2729947"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp