Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Niger

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Republiek Niger
Jamhuriyar Nijar (Hausa)
Vlag van NigerWapen van Niger
VlagWapen
Nasionale leuse:Fraternité, Travail, Progrès
(Frans vir: "Broederskap, Arbeid, Vooruitgang")
Volkslied:L'Honneur de la Patrie
(Frans vir: "Die eer van die vaderland")
Ligging van Niger
HoofstadNiamey

13°32′N2°5′O / 13.533°N 2.083°O /13.533; 2.083

Grootste stadNiamey
Amptelike taleHausa[1]
Nasionale tale:Arabies,Budurna,Fula,Gourmanché,Kanuri,Songhai-Zarma,Tamasjek enTubu[2]
RegeringEenheidsrepubliek
onder 'n militêre junta
Abdourahamane Tchiani
Salifou Modi
Ali Lamine Zeine
Onafhanklikheid
• Republiek uitgeroep
• Verklaar
• Staatsgreep
• Oorgangshandves
vanFrankryk
18 Desember1958
3 Augustus1960
26 Julie2023
26 Maart2025
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
1 267 000[3] km2  (23ste)
489 191 myl2
0,02
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2012-sensus
 -Digtheid
 
26 342 784[3] (55ste)
17 138 707
20,1 / km2
53,8 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$61,035 miljard[4] (144ste)
$2 096[4](188ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$21,874 miljard[4] (145ste)
$751[4](185ste)

MOI (2022) 0,394[5] (189ste)  – laag
Gini (2021)32,9[6](70ste) – hoog
GeldeenheidCFA-frank (XOF)
Tydsone
 -Somertyd
WAT (UTC+1)
nie toegepas nie (UTC+1)
Internet-TLD.ne
Skakelkode+227

Niger (Frans: [niʒɛʁ],luister(hulp·inligting)), amptelik dieRepubliek Niger (Hausa:Jamhuriyar Nijar), is 'nWes-Afrikaanselandingeslote landsuid van die Sahara. Niger se naam is ontleen aan dieNigerrivier wat deur die gebied vloei, en is ook geleë in dieSahel. Dit grens aanNigerië enBenin in die suide,Burkina Faso enMali in die weste,Algerië enLibië in die noorde enTsjad in die ooste. Die hoofstad en grootste stad isNiamey.

Etimologie

[wysig |wysig bron]

Die landnaam is afgelei van dieNigerrivier wat deur die weste van die land vloei; die oorsprong van die riviernaam is egter onbekend, maar volgens 'n gewilde teorie is dit afgelei van dieToearegwoordn'eghirren wat "vloeiende water" beteken.[7]

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]
Antieke rotstekeninge van troppekameelperde,steenbokke en ander diere in die suidelike Sahara naby Tiguidit, Niger
Die GrootMoskee van Agadez in Niger

Redelike inligting dui aan dat menslike inwoners die gebied wat vandag die amper onbewoonbareSahara van noordelike Niger geword het, ongeveer 600 000 jaar gelede bewoon het. Niger was 'n belangrike ekonomiese kruispad, en die ryke vanSonghai,Mali,Gao,Kanem en Bornu, asook 'n aantalHausa-state, het beheer oor gedeeltes van die gebied uitgeoefen.

Gedurende onlangse eeue het die nomadieseToearegs groot konfederasies gevorm, suidwaarts gestoot en aan die kant van verskeie Hausa-state in konflik gekom met dieFulani-Ryk vanSokoto, wat beheer van groot dele van Hausa-gebied verkry het in die laat 18de eeu.

In die 19de eeu het kontak met die Weste begin met die verkenning van die gebied deur Europese verkenners – noemenswaardig is veralMungo Park enHeinrich Barth – wat op soek was na die oorsprong van dieNigerrivier. AlhoewelFranse pogings tot bevreeding voor 1900 begin het, kon etniese splintergroepe, veral dieToearegs-woestynbewoners, nie onder beheer gebring word tot 1922 nie, toe Niger 'n Franse kolonie geword het.

Niger se koloniale geskiedenis en ontwikkeling parallel die van anderFrans-Wes-Afrikaanse gebiede. Frankryk het sy Wes-Afrikaanse kolonies bestuur deur 'n goewerneur-generaal inDakar,Senegal, en goewerneurs in die individuele gebiede, insluitende Niger. Tussen 1902 en 1904 het die gebied aanSenegambië en Niger behoort. Saam met die Franse burgerskap wat aan die inwoners van die Franse gebiede gegee was, het die Franse grondwet ook in 1946 voorsiening gemaak vir die desentralisasie van mag en beperkte betrokkenheid in die politieke lewe van plaaslike raadgewende samekomste.

'n Verdere hersiening in die organisasie vanoorsese gebiede het geskied met die deurvoering van die"Overseas Reform Act" (Loi Cadre) van 23 Julie 1956, gevolg deur herorganisatoriese stappe ingestel deur die Franse Parlement vroeg in 1957. Hierdie wette het ongelykhede in die stemproses verwyder en ook voorsiening gemaak vir die skepping van regeringsorgane, wat individuele gebiede 'n groter mate van selfregering verseker het. Na die totstandkoming van dieVyfde Franse Republiek op 4 Oktober 1958 het Niger 'n outonome staat binne die Franse Gemeenskap geword, gevolg deur volle onafhanklikheid op 3 Augustus 1960.

Politiek

[wysig |wysig bron]
Mohamed Bazoum, die ontsetelde president van Niger

Niger se nuwe grondwet is goedgekeur in Julie 1999. Dit het die semi-presidensiële sisteem van regering van die Desember 1992 grondwet (Derde Republiek) herstel, waarin die president van die republiek, verkies deur die burgers vir termyn van vyf jaar, en 'n eerste minister, wat aangewys word deur die president, oor die uitvoerende mag beskik. As 'n refleksie op Niger se toenemende bevolking is die een-kamerNasionale Vergadering uitgebrei in 2004 tot 113 lede wat vir 'n vyfjaar termyn verkies word onder 'n meerderheidsisteem van verteenwoordiging. Politieke partye moet ten minste 5% van die stemme verwerf om 'n setel in die wetgewer te bekom.

Niger se onafhanklike regstelsel bestaan uit vier hoër howe—die Appelhof, die Hooggeregshof, die Hoë Hof vir Justisie en die Grondwetlike Hof.

Die grondwet maak voorsiening vir die gewilde verkiesing van munisipale en plaaslike beamptes en die eerste suksesvolle munisipale verkiesing het plaasgevind op 24 Julie 2004. Die Nasionale Vergadering het in Junie 2002 'n reeks desentralisasie wette deurgevoer. As 'n eerste stap sal administratiewe mag verdeel word in 265 kommunes (plaaslike rade) en in latere stadiums sal streke en departemente gestig word as desentraliseerde entiteite. 'n Nuwe verkiesingsbeleid is aangeneem om die desentralisasiekonteks te reflekteer. Die land is tans verdeel in agt streke, wat onderverdeel is in 36 distrikte (departemente). Die Hoofadministrateur (Goewerneur) in elke departement word aangewys deur die regering en funksioneer as die plaaslike agent van die sentrale owerheid.

Die regering wat verkies is in Desember 2004, het sewe politieke partye ingesluit. PresidentMamadou Tandja is herverkies in Desember 2004 en hetHama Amadou weer aangewys as Eerste Minister.Mahamane Ousmane, die hoof van die CDS, is herverkies as die President van die Nasionale Vergadering (Parlement) deur sy medeparlementslede. Die nuwe tweede termyn regering van die Vyfde Republiek het die amp betree op 30 Desember 2002. In Augustus 2002 het 'n reeks onluste binne die weermag plaasgevind in Niamey, Diffa, en Nguigmi, maar die regering kon orde herstel binne 'n paar dae.

Op 27 Desember 2020 het kiesers na die stembus gegaan nadatMahamadou Issoufou aangekondig het hy gaan uittree, wat die weg gebaan het vir 'n vreedsame magsoorgang.[8] Geen kandidaat het 'n volstrekte meerderheid in die stemming gekry nie: Mohamed Bazoum het die naaste gekom met 39,33%. Volgens die grondwet is 'n herverkiesing op 20 Februarie 2021 gehou, met Bazoum wat 55,75% van die stemme gekry het en opposisiekandidaat (en voormalige president) Mahamane Ousmane 44,25%, volgens die verkiesingskommissie.[9]

Op 26 Julie 2023 het die land syvyfde staatsgreep beleef, waarmee die Sewende Republiek omvergewerp is.[10] Die presidensiële wag se bevelvoerder-generaal Abdourahamane Tchiani het homself as die leier van 'n nuwe militêre junta van die Nasionale Raad vir die Beskerming van die Tuisland verklaar.[11][12][13]

Departemente

[wysig |wysig bron]
Nasa-satellietbeeld van Niger
Kaart van Niger
  • Agadez
  • Diffa
  • Dosso
  • Maradi
  • Tahoua
  • Tillabéri
  • Zinder

Geografie

[wysig |wysig bron]

Niger is 'nWes-Afrikaanselandingeslote land wat geleë is langs die grens tussen dieSahara enSub-Sahara-streke. Niger se geografiese koördinate is 16°N (Lengtegraad) en 8°O (Breedtegraad). Die oppervlakte is 1 267 miljoen km², waarvan 1 266 700 km² land is en 300 km² water. Dit maak Niger 'n bietjie kleiner as tweekeer die grootte van dieAmerikaanse deelstaatTexas.[3]

Niger grens aan sewe lande aan alle kante en het 'n totaal van 5 697 km se grense. Die langste grens isTsjad in die ooste, met 1 175 km. Dit word gevolg deurNigerië in die suide (1 497 km),Algerië in die noord-noordweste (956 km) enMali met 821 km. Niger het klein grense in die suidweste (Burkina Faso met 628 km enBenin met 266 km) en in die noord-noordooste (Libië met 354 km).

Niger sesubtropiese klimaat is hoofsaaklik warm en droog met baiewoestyngebied. In die verre suide is daar 'ntropiese klimaat aan die kante van die Nigerrivier. Die terrein is hoofsaaklik woestynvlaktes ensandduine, met plat vlaktes in die suide en heuwels in die noorde (waaronderAhaggar enAïr). In die suidooste is dieTsjadmeer geleë, maar dit word ernstig deur dehidrasie bedreig.

Die laagste punt is die Nigerrivier, met 'n hoogte van 200 m boseevlak en die hoogste punt isMont Greboun teen 1 944 m.

Demografie

[wysig |wysig bron]

Frans, geërf uit die koloniale tydperk, was dieamptelike taal tot 2025, toe dit deurHausa vervang is.[1] Dit word op skool as 'n tweede taal onderrig en dien as die administratiewe taal.

Naas Frans word veralBerbertale,Fula,Hausa,Kanuri enToearegtale in Niger gepraat. Van die belangriksteetniese groepe isBambara,Berbers,Fula,Hausa,Kanuri enToearegs.[3]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,1(en)Chinedu Okafor (8 April 2025)."Niger downgrades French as it distances from its colonial past with a new official language". Business Insider Africa. Besoek op23 April 2025.
  2. (fr)"Loi n° 2001-037 du 31 décembre 2001 fixant les modalités de promotion et de développement des langues nationales". Universiteit van Laval. Besoek op23 April 2025.
  3. 3,03,13,23,3(en)"Niger".Central Intelligence Agency. Besoek op23 April 2025.
  4. 4,04,14,24,3(en)"Niger".Internasionale Monetêre Fonds. April 2025. Besoek op23 April 2025.
  5. (en)"Human Development Report 2023/2024"(PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op23 April 2025.
  6. (en)"Gini Index – Niger".Wêreldbank. Besoek op23 April 2025.
  7. (en)Atlas A-Z. New York: Dorling Kindersley. 2004. p. 289.
  8. (en)"Nigerien President Mahamadou Issoufou set to exit power". Africa News. 7 Januarie 2021.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Februarie 2021. Besoek op4 Februarie 2021.
  9. (en)"Niger election: Mohamed Bazoum wins landmark vote amid protests".BBC. 23 Februarie 2021. Besoek op23 April 2025.
  10. (en)"Niger soldiers announce coup on national TV".BBC. 27 Julie 2023. Besoek op23 April 2025.
  11. (fr)"Niger : ce que l'on sait de la tentative de coup d'Etat en cours contre le président Mohamed Bazoum". Franceinfo. 26 Julie 2023. Besoek op23 April 2025.
  12. (en)"Niger soldiers declare coup on national TV".BBC. 26 Julie 2023. Besoek op23 April 2025.
  13. (en)"Niger's president 'held by guards' in apparent coup attempt".Al Jazeera. Besoek op23 April 2025.

Bronnelys

[wysig |wysig bron]
Algemeen

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metNiger.
Regering

Nuus

Ander

Lande en gebiede inAfrika
Onafhanklike lande
Omstrede gebiede
Afhanklike gebiede
Frankryk
Portugal
Spanje
Verenigde Koninkryk
Lande van
1. Landdeels inAsië.
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Niger&oldid=2766501"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp