Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Nieu-Seeland Rugby

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Nieu-Seeland Rugby
Kenteken van Nieu-Seeland Rugby
Kenteken van Nieu-Seeland Rugby
Engelse naamNew Zealand Rugby
AfkortingNZR
LandVlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
SportsoorteRugby,Sewesrugby
Gestig op16 April 1892
Gestig inWellington, Nieu-Seeland
Lid vanWêreldrugby
Aangesluit in1949
Vastelandse beheerliggaamOseanië Rugby
PresidentBill Osborne
Hoof- uitvoerende beampteMark Robinson
SetelWellington, Nieu-Seeland
Amptelike taalEngels
Amptelike webwerfnzrugby.co.nz

Nieu-Seeland Rugby (Engels:New Zealand Rugby, afgekort “NZR”), tot 2013 bekend as dieNieu-Seelandse Rugbyvoetbalunie (Engels:New Zealand Rugby Football Union, afgekort “NZRFU”), is die bestuursliggaam watrugby ensewesrugby inNieu-Seeland beheer. Die beheerliggaam is in 1892 gestig en inWellington gesetel. Sedert 1949 verteenwoordig dit Nieu-Seeland byWêreldrugby en sedert 2000 ook byOseanië Rugby (“OR”).

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

In 1892 is die Nieu-Seelandse Rugbyvoetbalunie (NZRFU) gestig wat sewe unies, maar nie Canterbury, Otago en Southland nie, verteenwoordig het. Canterbury, Otago en Southland het beswaar aangeteken teen die vereiste dat NZRFU uitvoerende komiteelede inWellington moes bly. Hulle het uiteindelik almal by die NZRFU aangesluit, al is die woonplekreël eers in 1986 verander.[1][2] In 1949 het die Nieu-Seelandse beheerliggaam saam met syAustraliese enSuid-Afrikaanse eweknieë volle lede geword van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nouWêreldrugby) wat voorheen slegs uit verteenwoordigers vanEngeland,Ierland,Skotland enWallis bestaan het.[3][4] Daarbenewens was die Nieu-Seelandse beheerliggaam in 2000 ’n stigtingslid van die Vereniging van Oseaniese Rugbyunies (Federation of Oceania Rugby Unions, FORU; nouOseanië Rugby).[5] Dit het in 2006 die woord “Voetbal” uit sy naam geskrap. Die handelsnaamNew Zealand Rugby is in 2013 goedgekeur.[6] Dit is wettiglik ’n geregistreerde vereniging met die naamNew Zealand Rugby Union Incorporated.[7][8]

Taak

[wysig |wysig bron]

Die organisasie se hoofdoelstellings, soos daargestel in die NZR se grondwet,[9] is om rugby in die hele Nieu-Seeland te bevorder en te ontwikkel; die reël en deelname aan wedstryde en toere in Nieu-Seeland en oorsee; die verteenwoordiging van Nieu-Seeland by Wêreldrugby; Nieu-Seelandse verteenwoordigende spanne saam te stel en te bestuur; en die aanmoediging van deelname aan die sport. NZR se hoofkantoor is geleë inWellington, met ’n kantoor inAuckland.

Nieu-Seeland Rugby organiseer verskeie nasionale spanne, insluitendNieu-Seeland se nasionale seniormansrugbyspan (die All Blacks),vroue (die Black Ferns) en jeug. Naas die amptelike nasionale span roep NZR ook ander keurspanne byeen. Daarbenewens bestuur die beheerliggaam kinder- en jeugrugby in Nieu-Seeland. Kinders en jongmense word reeds op skool aan rugby bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hulle met hul afrigting. Die talentvolste spelers op skoolvlak word vir die skoolspanNZ Schools gekeur.[10] Die volgende vlak op pad na die nasionale span All Blacks is die o/20-nasionale span wat aan die o/20-Rugbykampioenskap en dieWêreldrugby o/20-kampioenskap deelneem.[11][12] Naas hierdie span vir ’n bepaalde ouderdomsgroep hou NZR ook toesig oor spanne wat volgens spesiale kriteria saamgestel word. DieJunior All Blacks is, ten spyte van hul naam, geen nasionale span vir jongmense nie, maar die tweede span vir opkomende (toekomstige) All Blacks. Tydens toere van ander spanne deur Nieu-Seeland speel die besoekers gewoonlik ook teen die Nieu-Seeland Māori. ’n Speler moet oor ’nMāori-afkoms beskik om vir hierdie span in aanmerking te kan kom.[13] Die spanHeartland XV bestaan uit amateurspelers.[14] DieAll Blacks Sevens is die Nieu-Seelandse sewesrugbyspan en hulle neem aan internasionale toernooie soos Wêreldrugby se Sewesreeks, Sewesrugbywêreldbeker,Olimpiese Somerspele enStatebondspele deel.[15] Hulle bestuur saam met dieArgentynse Rugbyunie,Rugby Australia en dieSuid-Afrikaanse Rugbyunie as ’n gesamentlike ondernemingSANZAAR, die beheerliggaam van beideSuperrugby enDie Rugbykampioenskap, die vernaamste rugbytoernooie in dieSuidelike Halfrond. Nieu-Seeland Rugby hou ook toesig oor sewesrugby in Nieu-Seeland en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Nieu-SeelandseNasionale Olimpiese Komitee saam.

Die beheerliggaam reël ook die plaaslike kompetisies. Op ’n nasionale vlak is klubs net in ’n plaaslike opsig belangrik. Die 26 plaaslike beheerliggame (17 op dieNoordeiland en nege op dieSuideiland), wat elkeen met ’n keurspan aan die professionele liga, die Mitre 10-beker, of die semi-professionele Heartland-kampioenskap deelneem, is belangriker. Bo die nasionale kampioenskap word jaarliks saam met spanne uit Australië en een elk uit beideFidji en dieStille Oseaan-eilande (feitlik dieCookeilande, Fidji,Samoa enTonga) die internasionaleSuperrugbytoernooi beslis.[16] Aangesien die seisoene min oorvleuel word talle spelers in al drie ligas ingespan. Die belangrikste vrouerugbyligas is die professioneleSuperrugby Aupiki en die amateurligaFarah Palmerbeker.[17][18]

Volgens NZR se beginsels moet ’n speler vir ’n plaaslike span in die ITM-beker of Superrugby speel om in aanmerking vir die All Blacks te kan kom. Indien ’n speler in die buiteland speel, mag hy nie vir die All Blacks uitdraf nie. As gevolg van hierdie regulasie, wat ander vername rugbylande nie het nie, bly die beste spelers vir enkele jare in Nieu-Seeland en hulle kondig dan hul uittrede uit die nasionale span aan, om aansluitend in die finansieel sterkste rugbyligas ter wêreld (die Engelse Premierskap of die Franse Top 14) te gaan speel.

Nieu-Seeland Rugby organiseer ook gereeld internasionale toernooie. Die Nieu-Seelandse en Australiese rugbyunies was toonaangewend by die invoering van dierugbywêreldbekertoernooi, waarvolgens beide Nieu-Seeland en Australië die eersteRugbywêreldbeker 1987 aangebied het.[19] Daarbenewens is beide dieRugbywêreldbeker 2011 enVrouerugbywêreldbeker 2021 in Nieu-Seeland (albei alleenlik) beslis. Daarbenewens word die Nieu-Seeland Sewes jaarliks in Nieu-Seeland beslis.

Bestuur

[wysig |wysig bron]
’n Kaart van die Nieu-Seelandse plaaslike beheerliggame en sy spanne

Nieu-Seeland Rugby bestaan uit 26 plaaslike beheerliggame (17 op die Noordeiland en nege op die Suideiland) wat elkeen met ’n keurspan aan die professionele liga, die Mitre 10-beker, of die halfprofessionele Heartland-kampioenskap deelneem.

NoordeilandSuideiland

Sien ook

[wysig |wysig bron]
Rugbyportaal

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)Phil Gifford (2004).The Passion: The Stories Behind 125 years of Canterbury Rugby. Christchurch: Wilson Scott Publishing. p. 32.ISBN 0-9582535-1-X.
  2. (en)"Our History". Nieu-Seeland Rugby. Besoek op15 Junie 2025.
  3. (en)"Historical Rugby Milestones 1940s". rugbyfootballhistory.com. Besoek op15 Junie 2025.
  4. (en)"New Zealand".Wêreldrugby. Besoek op15 Junie 2025.
  5. (en)Robert F. Dewey (2012). John Nauright, Charles Parrish (red.).Rugby Union Football, Pacific Islands (1 uitg.). Santa Barbara: ABC-Clio. pp. 445–447.ISBN 978-1-59884-300-2.{{cite book}}:|work= ignored (hulp)
  6. (en)McKendry, Patrick (26 Maart 2013)."NZ rugby targets Auckland's Asian population".The New Zealand Herald. APNZ. Besoek op7 April 2021.
  7. (en)"NEW ZEALAND RUGBY UNION INCORPORATED (215355) (NZBN: 9429042872061) [Incorporated Society] Registered". Besoek op7 April 2021.[dooie skakel]
  8. (en)"New Zealand Rugby Union Incorporated: Constitution"(PDF). Besoek op7 April 2021.[dooie skakel]
  9. (en)"NZRU Constitution". Nieu-Seeland Rugby. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 4 Julie 2009. Besoek op4 Julie 2009.
  10. (en)"New Zealand Schools". All Blacks. Besoek op15 Junie 2025.
  11. (en)"Inaugural rugby championship under-20 all set for sunshine coast kick-off".Superrugby. Besoek op30 April 2024.
  12. (en)"New Zealand Under 20". All Blacks. Besoek op15 Junie 2025.
  13. (en)"Māori All Blacks". All Blacks. Besoek op15 Junie 2025.
  14. (en)"Heartland XV". All Blacks. Besoek op15 Junie 2025.
  15. (en)"All Blacks Sevens". All Blacks. Besoek op15 Junie 2025.
  16. (en)"Reports: Agreement reached for 12-team Super Rugby from 2022". www.sarugbymag.co.za. Besoek op15 Junie 2025.
  17. (en)"Go pro? Black Ferns rugby debate – where to after fabulous World Cup triumph".The New Zealand Herald. 28 Augustus 2017. Besoek op15 Junie 2025.
  18. (en)"Sky Super Rugby Aupiki".Superrugby. Besoek op15 Junie 2025.
  19. (en)"1987 Rugby World Cup: The long road to the cup". New Zealand History. 2021. Besoek op15 Junie 2025.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Nasionale Rugbyunies vanWêreldrugby
Afrika
Algerië • Benin • Botswana • Burkina Faso • Burundi • Demokratiese Republiek die Kongo • Egipte • Eswatini • Gaboen • Ghana • Guinee •Ivoorkus • Kameroen •Kenia • Lesotho • Madagaskar • Malawi • Mali • Marokko • Mauritius •Namibië • Niger • Nigerië • Republiek die Kongo • Rwanda • Senegal • Sentraal-Afrikaanse Republiek • Seychelle •Suid-Afrika • Tanzanië • Togo • Tsjad • Tunisië • Uganda • Zambië •Zimbabwe
Asië
Afghanistan • Bahrein • Bangladesj • Broenei • Filippyne • Guam •Hongkong • Indië • Indonesië • Irak • Iran •Japan • Jordanië • Kambodja •Kasakstan • Katar • Kirgisië •Korea • Laos • Libanon • Macau • Maleisië • Mongolië • Nepal • Oesbekistan • Oman • Pakistan • Palestina • Republiek China • Saoedi-Arabië • Singapoer • Sirië • Sri Lanka • Thailand • Verenigde Arabiese Emirate • Volksrepubliek China
Europa
Andorra • Belarus •België • Bosnië en Herzegowina • Bulgarye • Denemarke •DuitslandEngeland • Estland • Finland •FrankrykGeorgië • Hongarye •Ierland • Israel •Italië • Kosovo • Kroasië • Letland • Liechtenstein • Litaue • Luxemburg • Malta • Moldowa • Monaco • Montenegro •Nederland • Noorweë • Oekraïne • Oostenryk • Pole •PortugalRoemeniëRusland • San Marino • Serwië • Siprus •Skotland • Slowakye • Slowenië •SpanjeSwede • Switserland • Tsjeggië • Turkye •Wallis • Ysland
Noord-Amerika
Bahamas • Barbados • Belize • Bermuda • Britse Maagde-eilande • Curaçao • Dominikaanse Republiek • Frans-Guyana • Guadeloupe • Guyana • Jamaika • Kaaimanseilande •Kanada • Kuba • Martinique • Meksiko • St. Lucia • St. Vincent en die Grenadine • Trinidad en Tobago • Turks- en Caicoseilande •Verenigde State
Oseanië
Amerikaans-Samoa •Australië • Cookeilande •Fidji • Kiribati • Nauru • Nieu-Kaledonië •Nieu-Seeland • Niue • Papoea-Nieu-Guinee • Salomonseilande •Samoa • Tahiti •Tonga • Tuvalu • Vanuatu • Wallis en Futuna
Suid-Amerika
Argentinië • Bolivië •BrasiliëChili • Colombia • Costa Rica • Ecuador • El Salvador • Guatemala • Honduras • Nicaragua • Panama •Paraguay • Peru •Uruguay • Venezuela
Vetdruk dui op vlak-een-lede enskuinsdruk op vlak-twee- en vlak-drie-lede metrugbywêreldbekerervaring
Internasionaal
Nasionaal
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Nieu-Seeland_Rugby&oldid=2813256"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp