'nWarmlugballon sweef oor dieduinelandskap van dieWhite Sands National ParkRio Grande met canyonKranse naby Georgia O'Keeffe seGhost Ranch skitter rooi in die sonligDie Taos Pueblo met kleigeboue wat tussen 1000 en 1450 ontstaan het en tans naby die gelyknamige moderne nedersetting geleë is, word as die oudste deurgaans bewoonde behuisingskompleks in die Verenigde State beskou.Unesco het aan diepueblo in 1992 die status vanwêrelderfenis toegeken
Nieu-Mexiko is die 47ste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Dit word in die noorde deurColorado, in die ooste deurOklahoma enTexas, in die suide deur Texas enMeksiko (stateSonora enChihuahua) en in die weste deurArizona begrens.
Nieu-Meksiko se bynaam is "Die Land van Betowering" (Engels:Land of Enchantment). Alhoewel die deelstaat nie amptelik tweetalig is nie en Engels die status van de facto-ampstaal het, is meer as 'n kwart van die bevolking Spaanssprekend. Sommige sprekers van Spaans is nasate van oorspronklike Spaanse setlaars uit die koloniale tydperk.
Nieu-Meksiko se geskiedenis was, net soos sy unieke kultuur en landskap, 'n inspirasie vir kunstenaars en skrywers. In September 1922 is die befaamde Engelse skrywerD.H. Lawrence saam met sy Duitse vrou Frieda deur Mabel Dodge Luhan, 'n boorling vanNew York, bemaarde gasvrou en beskermvrou van die kunste wat haar in Taos gevestig het, uitgenooi om 'n besoek te bring aan haar aangenome tuisdeelstaat. Alhoewel die skrywer tydens hierdie en die volgende twee besoeke net altesaam elf maande in Nieu-Meksiko deurgebring het, het die deelstaat 'n diep indruk op hom gemaak, soos hy later sou skryf:
I think New Mexico was the greatest experience I ever had from the outside world. It certainly changed me forever.[1]
Dele van sy romanThe Plumed Serpent en ander werke het tydens sy verblyf op 'n ranch noord van Taos ontstaan wat deur Mabel Dodge Luhan aan die skrywer geskenk is.[2] Taos het tot 'n warekunstenaarskolonie ontwikkel waar skilders soos Marsden Hartley en die meesterfotograweAlfred Stieglitz enAnsel Adams hulle 'n tyd lank gevestig het.
Die bekendste Amerikaanse outeur, wie se werk met Nieu-Meksiko verbind word, is moontlik Willa Cather (1873−1947). In haar romanDeath Comes for the Archbishop, wat in 1927 gepubliseer is, lewer sy 'n beskrywing van die lewe en werk van Rooms-Katolieke priesters uit Frankryk wat teen die middel van die 19de eeu sendingwerk in Nieu-Meksiko doen.
Tony Hillerman (1925−2008), 'n Amerikaanse skrywer vanspeurderromans wat op die Navajo-polisiediens inArizona en Nieu-Meksiko fokus, het sy jeugjare in Nieu-Meksiko deurgebring. Ou Navajo-tradisies vorm die historiese en kulturele agtergrond vir sy geheimsinnige misdaadfiksie met werke soosSkinwalkers enA Thief of Time.
Die bekendste verteenwoordiger van visuele kuns, wat haar permanent op Ghost Ranch, 'n plaas in een van Nieu-Meksiko se mees dramatiese landskappe gevestig het, was Georgia O'Keeffe (1887−1986). O'Keeffe, 'n baanbreker vir moderne kuns in die Verenigde State, het bekendheid verwerf met haar abstrakte skilderye op groot formaat wat natuurlike vorme soos blomme en skedels, wolkekrabbers in New York en argitektoniese en landskapsvorme eie aan Nieu-Meksiko uitgebeeld het.
↑Encyclopædia Britannica - Discover America, Vol. 31: New Mexico - The Land of Enchantment. Chicago • London • New Delhi • Paris • Seoul • Sydney • Taipei • Tokyo: Encyclopædia Britannica 2008, bl. 24