Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Nicea

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Lefke-poort van İznik.

Nicea (Grieks: Νίκαια Βιθυνίας,Níkaia Bithynías;Latyn:Nicaea) was ’n ou Griekse stad inKlein-Asië. Dit is veral bekend vir dieEerste enTweede Konsilie van Nicea wat in die eerste millennium n.C. daar gehou is. Dit is tans die stadİznik inTurkye.

Die stad is omstreeks 310 v.C. gestig deurAntigonus I Monophthalmus, wat ditAntigoneia genoem het. Toe hy verslaan word by die Slag van Ipsus (301 v.C.), het die stad in die hande geval van dieThessaliese generaalLysimachus, wat dit hernoem het naNikaia, ter ere van sy vrou. Later het dit deel van dieRomeinse Ryk geword en die naam is verlatyns na Nicaea, wat inAfrikaans Nicea gespel word.

Die groot GrieksesterrekundigeHipparchos is omstreeks 190 v.C. hier gebore en die Griekse wiskundige en sterrekundigeSporus van Nicea in 240 n.C.

Die stad het in1331 deel van dieOttomaanse Ryk geword en heet sedertdienİznik.

Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Nicea&oldid=1480006"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp