New Jersey (Engels:State of New Jersey) is 'ndeelstaat in die Middel-Atlantiese gebied van dieVerenigde State van Amerika. Diehoofstad isTrenton en die grootste stad isNewark. New Jersey het 'n bevolking van omtrent 8,8 miljoen en 'n oppervlakte van 22 608 vierkante kilometer.
Dit word in die noorde deurNew York, in die suide deurDelaware, en in die weste deurPennsilvanië begrens. DieAtlantiese Oseaan lê in die ooste. New Jersey is die derde deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Dit was een van die dertien kolonies wat teen die Britse kroon gerebeleer het.