'nNeuron (ofsenuweesel) is 'nsel wat spesifiek geassosieer word met diesenuweestelsel van verskeiediere. Elke neuron het 'nakson endendriete. Dendriete ontvangelektrochemiese seine vanaf ander neurone terwyl die aksone die seine aanstuur na die volgende neuron.
'nMens het na beraming ongeveer 100 miljard senuweeselle. Verreweg die meeste daarvan kom in diesentrale senustelsel (harsings enrugmurg) voor. Senuweeselle is die inligtings- en sein-verwerkers van die liggaam. 'n Spesifiek kenmerk van senuweeselle is dat hulle prikkelbaar is; hulle kan seine ontvang en deurstuur sonder 'n verlies aan seinsterkte. In die harsings is stroombane van senuweeselle wat 'n groot aantal liggaamsfunksies relegeer en ook vir ons denkvermoë verantwoordelik is.
Die vermoë om elektriese seine te genereer was 'n sleutelinnovasie in die evolusie van diesenuweestelsel.[1]
Neurone word tipies in drie tipes geklassifiseer op grond van hul funksie. Sensoriese neurone reageer op 'nstimulus soos aanraking, klank of lig wat die selle van diesensoriese organe affekteer, en hulle stuur seine na dierugmurg ofbrein. Motorneurone ontvang seine van die brein en rugmurg om alles van spiersametrekkings totklieruitset te beheer.[2] Interneurone verbind neurone met ander neurone binne dieselfde streek van die brein of rugmurg. Wanneer verskeie neurone funksioneel aan mekaar verbind word, vorm hulle wat 'nneurale stroombaan.