Van die ouer toepassings is in vuursteentjies in ligters, maar vandag is dit veral die uitstekendepermanente magnete (Nd2Fe14B) waarin dit aangetref word. Dit word gebruik inhardeskywe,luidsprekers,elektriese motors ensomeer.[2]
Daar word verwag dat die koms van elektriese motorkarre die vraag na neodimium sal verhoog. In 2009 is daar beraam dat dit tussen 1 en 2 kg Nd per kar sal wees en dit sal vereis dat die wêreldproduksie verhoog moet word. Neodimium word gewoonlik uit seldsame aardoksides verkry. Die produksie daarvan het tot die 1950s veral uitIndië enBrasilië gekom. In die 1970s en 1980s was daar 'n groot oop myn in Mountain Pass,Kalifornië wat dit versorg het, maar dit het in 1998 gesluit. Daarna het die produksie vir 95% naChina geskuif. Die oksides word daar uit bastnasiet-ertse (LnCO3F[3]) in Binne-Mongolië verkry. Hulle is veral ryk in neodimium. China hou egter liewer die stowwe vir sy eie groeiende markte as om die produksie te verhoog om dit net uit te voer. Daar is ander plekke soos inKanada en dieVSA waar dit voorkom, maar dit is dalk nie genoeg nie.[4]
'n Ander belangrike gebruik is as die aktiewedotering inlasers, veral dieNd:YAG-laser.