Nefski Prospekt in Januarie 2010.Die laan en die Admiraliteitsgebou in 1753.Die laan naby die Nikolaas-stasie in die 1890's.
Nefski Prospekt ofNefskilaan (Russies: Не́вский проспе́кт) is die hoofstraat vanSint Petersburg,Rusland. Dit is aanvanklik deurPieter die Grote beplan as die begin van die pad naNowgorod enMoskou, en loop van die Admiraliteitsgebou tot by die Moskou-stasie in Sint Petersburg. Daarna maak dit ’n draai by Wosstanija-plein en loop tot by die Aleksander Nefski-lawra.
Die hoofattraksies sluit in die Stroganof-paleis, Kazan-katedraal, Dom Knigi ("Boekhuis"), Elisejef-handelsentrum, ’n halfdosyn 18de-eeuse kerke, ’n monument virKatharina die Grote, ’n enorme 18de-eeuse inkopiesentrum, ’n middel-19de-eeuse afdelingswinkel, die Russiese Nasionale Biblioteek en die Anitsjkof-brug met sy perdestandbeelde. Die besige lewe in die laan is deurNikolai Gogol beskryf in sy verhaalNefski Prospekt.Fjodor Dostojefski het die laan dikwels as agtergrond gebruik in sy boeke, soos inMisdaad en Straf.
In die vroeë jare van dieSowjetunie (1918–'44) is die laan se naam verander naProletkoelt-straat(Oelitsa Proletkoelta) ter ere van dié Sowjet-kunstenaarsorganisasie.[1] Ná die ondergang van die organisasie is die naam verander naLaan van 25 Oktober (prospekt 25-go Oktjabrja) na aanleiding van die dag van dieOktoberrewolusie.
Vandag is die grootste deel van Sint Petersburg se winkels en naglewe in of naby Nefski Prospekt, asook die stad se duurste woonstelle. Verskeie moltreinroetes loop daarheen.