| |||||
| |||||
![]() Nieuw-Holland | |||||
Hoofstad | Mauritsstad 08°03′S34°53′W / 8.050°S 34.883°W /-8.050; -34.883 | ||||
Taal/Tale | Nederlands | ||||
Godsdiens | Calvinisme | ||||
Regering | Monargie | ||||
Koning | |||||
- 1637 - 1643 | Maurício de Nassau | ||||
- 1643 - 1654 | Nederlandse Wes-Indiese Kompanjie | ||||
Historiese tydperk | Nuwe Tyd | ||||
- Stigting van Nederlands-Brasilië | 1630 | ||||
- Slag van Berg Tabocas | 13 Augustus 1645 | ||||
- Eerste Slag van Guararapes | 19 April 1648 | ||||
- Tweede Slag van Guararapes | 19 Februarie 1649 | ||||
- Oorgawe aan Portugal | 1654 | ||||
Geldeenheid | gulden |
Nederlands-Brasilië (Nederlands-Brazilië) ofNieu-Holland (Nieuw-Holland) was 'n Nederlandse kolonie in die 17de eeu, van1630 tot1654.Brasilië is oorspronklik deurPortugal gekoloniseer, en 'n deel van die kolonie is oorgeneem deur dieRepubliek van die Sewe Verenigde Nederlande. Die verskillende goewerneurs van die kolonie het probeer om soveel moontlik immigrante na die gebied te lok, met gematigde sukses. Uiteindelik word dieNederlanders in 1654 uit die gebied verjaag deur die Portugese. Vandag is die gebied deel van Brasilië.
Na diekaping van dieSpaanse silwervloot deurPiet Hein in diejaar1628 het dieNederlandse Wes-Indiese Kompanjie genoeggeld gehad om die koloniale mag van die dominante koninkryke van dieIberiese skiereiland verder aan te tas.
Daar is besluit om die Portugese besitting inBrasilië te verower, aangesien die noordkus 'n goeie basis vir aanvalle op die Spaanse silwervlote gebied het. In1630 het 'n ekspedisieleër onder leiding van Hendrick Lonck 'n groot gedeelte van Brasilië verower by die Portugese. Ondanks die vinnige en gemaklike oorwinning aan die noordkus slaag die Nederlanders nie daarin om die hele Portugese kolonie te verower nie, waardeur die Portugese 'n bedreiging bly. Deur die besit van vele plantasies word die Nederlanders verlei om diesisteem van slawerny en slawehandel, wat nog in 1623 as oneties afgewys is, in 1635 volledig oor te neem. In1637 wordJohan Maurits na die kolonie gestuur om die kolonie te bestuur. Hy stigMauritsstad, voergodsdiensvryheid en 'n soortparlement in, stimuleersuikerrietproduksie en beveilig die land teen invallers. Verder het hy die landskap, inwoners, flora en fauna laat vaslê deur kunsskilders soosFrans Post enAlbert Eckhout. 'n Wetenskaplike ondersoek na flora, fauna,tropiese siektes,meteorologie engeografie deur die astronoomGeorg Markgraf en die artsWillem Piso lei tot die publikasie van dieHistoria Naturalis Brasiliae. Die werk is lank as die mees gesaghebbende wetenskaplike publikasie oor Brasilië beskou.In1641 sluit Johan Maurits 'n verdrag met die Portugese. In April1642 word hy egter deur die bewindhebbers van die WIC aangesê om in die voorjaar van1643 terug te keer.
Die Nederlanders het tydens hulle 24 jaar van heerskappy oor die Brasiliaanse noordkus 'n minderheid gebly. As gevolg hiervan het 'n ongemaklike ewewig ontstaan tussen die Hollandse protestantse bestuurselite en die Portugese katolieke landadel. Uiteraard was die Hollandsecalviniste nie populêr onder die Portugese katolieke nie. Dit lei tot verskeie bloedige opstande wat vanuit Suid-Brasilië ondersteun is. Tot1640 was Portugal verenig met Spanje. Die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande het Portugal se onafhanklikheidstryd met Spanje gesteun en hulle het gepoog om met die nuwe bondgenote in Brasilië tot 'n verstandhouding te kom. Nadat die gewilde Johan Maurits egter vertrek het, het die spanning begin oplaai. In1645 lei dit tot 'n algemene opstand wat begin oorgaan het in 'n moorddadige bosoorlog. In1647, na die dood van admiraalJoost van Trappen Banckert, die "Gesel der Maranen" (toe 'n antisemitiese skelwoord vir Spanjaarde in die algemeen) en "Schrik der Portugezen", word vise-admiraalWitte de With met 'n vloot na die kolonie gestuur, maar hy het hom verset teen die plan van die Raad van Brasilië om sy matrose as landsoldate aan te wend. In1649 ly die Nederlanders verskeie swaar nederlae en met moeite word voorkom dat die hele kolonie verlore gaan.
In1654 word die Nederlanders, wat nie deur die moederland bygestaan kon word nie vanweë dieEerste Anglo-Nederlandse oorlog, verdryf deur die Portugese wat die gebied weer by hulle kolonie voeg. Op26 Januarie gee die kolonie oor. Die Portugese heerskappy is egter nie as sodanig erken nie en nadat vrede met Engeland in Mei1654 gesluit is, begin die Republiek te eis dat Brasilië teruggegee moet word; in1656 breek oorlog met Portugal uit wat lei tot 'n blokkade van die Portugese weskus in1657 (toe die Suikervloot uit Brasilië verower word) en1658, terwyl die Portugese uitCeylon enIndië verdryf word. Op6 Augustus1661 word vrede gesluit inDen Haag; Portugal erken die verliese in Asië en betaal 'n teenwaarde van 63 tongoud as vergoeding vir Brasilië, waarvan die Republiek nou vir goed afsien.
Vandag behoort alle gebiede in Brasilië wat onder beheer van die Nederlanders was tot die Federale Republiek van Brasilië. Daar bestaan nog enkele forte en geboue wat herinner aan die toenmalige oorheersing van die WIC. Verder word die Nederlandse bevelvoerder Johan Maurits nog steeds herdenk. Skilderye wat tydens die Nederlandse bewind deur Nederlanders geskilder is, is ook nog te sien in verskillende museums.