Histories twee-derdeProtestantisme (hoofsaaklikCalvinisme met 'n noemenswaardigeLutherse minderheid), een derdeRooms-Katolieke Kerk; vandag meestal ongebonde, met Rooms-Katolieke Verenigde kerke (Gereformeerde en Lutherse) minderhede
Die begripNederlanders (Nederlander, die Nederlandse volk) omvat verskeie definisies, en hulle kan afgesonderd, verwant of deels oorlappend teenoor mekaar staan. Hier onder word die verskillende begrippe gedefinieer, waarna die artikel verder uitbrei oor die Nederlandse etnisiteit.
Die Rykswet op die Nederlandskap (Nederlands:Rijkswet op het Nederlanderschap) bepaal of iemand 'n Nederlander is. 'n Gelykwaardige term isNederlandse staatsburger,Nederlandse onderdaan (maar sien ook onder), eniemand met die Nederlandse nasionaliteit.
In die meeste ander lande (byvoorbeeldBelgië ofSpanje) word die woordnasionaliteit, of 'n vertaling daarvan, meer as 'n begrip digter aan etnisiteit gebruik. InNederland word die staatsburgerskap in die reël deur geboorte bekom. Die hoofreël van die Rykswet op Nederlandskap is dat iemand 'n Nederlander is, indien dewelke op die moment van geboorte één Nederlander as ouers het. Daarna kan die staatsburgerskap ook deur naturalisasie verkry word. Mens kan Nederlandse staatsburgerskap verloor wanneer die staatsburgerskap van 'n ander land vrywilliglik aangeneem word. Om diens te aanvaar in 'n vreemde krygsmag kan ook tot verlies van die Nederlandse nasionaliteit lei, indien die krygshandelinge teen die Nederlandse belange indruis. Dat mens by 'n veroordeling tot gevangenisstraf die staatsburgerskap sou kon verloor, is 'n misverstand wat berus op verwarring met die straf van ontsetting uit die kiesreg, waartoe mens wél veroordeel kan word.
Nederlanders is teenoor Nederland onderdanig, maar in die verlede was daar Nederlandse onderdane wat geen Nederlanders was nie.
In die voormaligeNederlands-Indië het dit vir die inheemse bevolking gegeld. Dit word in die wet oor die Nederlandse onderdaanskap (Wet van 10 Februarie 1910, Stb. nr. 55) verwoord. In 1927 word hierdie wet ook opSuriname enCuraçao met hul onderhoriges van toepassing. Sedert 1949 was dit nie meer op die selfstandig gewordeneIndonesië van toepassing nie, maar wel nog op die NederlandseNieu-Guinee. Na die invoering van dieStatuut voor het Koninkrijk der Nederlanden in 1954, was daar slegs nog nie-Nederlandse onderdane in Nederlandse Nieu-Guinee. Na die oordrag aan Indonesië in 1962/'63 het geen aparte begrip "onderdaan" meer bestaan nie.
Die begrip "onderdaan" word wel nog in die internasionale verband gebruik, byvoorbeeld in die term "gemeenskapsonderdaan."
Met "volk" kan, afhanklik van die konteks, sowel na die Nederlandse nasie (dit wil sê, die hele bevolking van Nederland) as na mense met die Nederlandse etnisiteit verwys word. Hoewel die woord in die omgangstaal vry voorkom, word die term in diewetenskaplike veld deurgaans vermy vanweë die onduidelike en dikwels vae betekenis daarvan.
Die begrip nasie is abstrak, en is tydens die tydperk van die Romantiese Nasionalisme aan die einde van die 18de eeu bekendgestel. 'n Nasie kan bestaan uit één enkele etnisiteit –Japan enYsland is moderne voorbeelde – of uit meerdere, waar dieVolksrepubliek China of dieVerenigde State van Amerika as voorbeelde dien. Dikwels is dit so dat een etnisiteit kultureel (ook wat die heersende taal betref) dominant is. Ook in Nederland bestaan die nasie uit meerdere etnisiteite, waarby die Nederlandse die mees dominante is.
Die Nederlandse etnisiteit is 'n sosiaal-kulturele identiteit. Deurgaans word mense met Nederlandse etnisiteit eenvoudig Nederlanders genoem.
Nederlanders (in die etniese sin) is onderling deur 'n gemeenskaplike geskiedenis, kultuur, taal en afstamming verbonde. Etnisiteit is nie aan die Nederlandse landsgrense gebonde nie, en ook dieVlaminge word as behorend tot die Nederlandse etnisiteit beskou, en tog nie tot die Nederlandse volk in 'n nasionale sin nie.
Afrikaners stam deels van Nederlanders en Vlaminge af.