Nebraska (Engels:State of Nebraska) is 'ndeelstaat in die midweste van dieVerenigde State van Amerika met 'n bevolking van rofweg 1,9 miljoen en met 'n oppervlakte van 200520 vierkante kilometer. Dit is een van die deelstate wat in dieGroot Vlaktes lê en waar landbou 'n belangrike rol in die ekonomiese lewe speel.
Nebraska word in die noorde deurSuid-Dakota, in die ooste deurIowa enMissouri, in die suide deurKansas enColorado, en in die weste deurWyoming begrens. Dit is die 37ste staat wat tot die Unie toegelaat is.
Nebraska se bynaam isCornhuskers State. Die woordNebraska is uit dieChiwere-taal afkomstig en beteken 'vlak water'.
Hengelsport op die North Platte River. Vier 19de eeuse pioniersroetes het by die rivier saamgeloop - die Oregon Trail, Mormon Trail, California Trail en die Pony Express TrailGroot Vlaktes nabyKearney, NebraskaChimney Rock in Morrill CountyNie net 'n trekpleister vir motordruïdes nie: Carhenge naby AlliancePioniersstandbeeld in OmahaFront Street, OgallalaThe Little Church in Keystone word deur Protestantse en Rooms-Katolieke gemeentes gedeelOmaha seUnion Station, 'nArt Deco-treinstasie, huisves tans dieDurham Museum wat in sy versamelings die geskiedenis van die Amerikaanse Weste behandel