Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Navajo

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sienNavajo (taal).
Navajo

Portrette van bekende Navajo-persoonlikhede
Totale bevolking:300 460[1]
Belangrike bevolkings  in:Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (Arizona,Colorado,Nieu-Meksiko,Utah)
Taal:Navajo enEngels
Geloofsoortuiging:Tradisionele Navajogodsdiens,Christendom (hoofsaaklikRooms-Katolieke Kerk),Mormonisme, Inheemse Amerikaanse Kerk
Verwante etniese groepe:Indiane

DieNavajo ofNavaho (Navajo:Diné ofNaabeehó) is 'n inheemseetniese groep wat in die hedendaagseAmerikaanse deelstateArizona,Colorado,Nieu-Meksiko enUtah woon. Hulle vorm die tweede grootste groepIndiane ná dieCherokee en bly in hul Navajonasie in die suidweste van dieVerenigde State net noord van die grens totMeksiko.

Vlag van die Navajonasie
Die Navajo en buurvolke se Indianereservaat in die suidweste van die Verenigde State

Sowat die helfte van die Navajo bly in die Navajonasie wat oor die deelstate Arizona, Colorado, Nieu-Meksiko en Utah streek. Dit vorm sowel volgens oppervlak as bevolking die grootste van die Verenigde State se Indianereservate. Die Navajonasie sluit die bekendeFour Corners in, dié punt waar die vier genoemde Amerikaanse deelstate op één punt ontmoet.

Die Navajo praat veral Navajo asmoedertaal. Dit behoort saam met Tlingit en ander kleiner tale tot dieNa-Dené-tale, een van die primêretaalfamilies van die wêreld. Die meeste Navajo gebruikEngels astweede taal.

Die deelstate met die grootste Navajobevolkings is Arizona (140 263) en Nieu-Meksiko (108 306). Meer as driekwart van die Navajobevolking bly in dié twee deelstate.[2]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en) Donovan, Bill."Census: Navajo enrollment tops 300,000."Navajo Times 7 Julie 2011 (besoek op 8 Julie 2011)
  2. (en)American FactFinder, United States Census Bureau."U.S. Census Bureau, 2007". Factfinder.census.gov. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 7 Januarie 2012. Besoek op30 Mei 2010.

Verdere leesstof

[wysig |wysig bron]
  • (en) Iverson, Peter (2002).Diné: A History of the Navahos. Albuquerque: University of New Mexico Press.ISBN 0-8263-2714-1.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Navajo&oldid=2720182"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp