Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Relatiewe voorkoms

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanafNatuurlike verspreiding)

Dierelatiewe voorkoms, soms ook:relatiewe aanwesigheid (RA),relatiewe teenwoordigheid,volopheid ofveelheid verwys na die hoeveelheid waarin dieisotope van 'nchemiese element natuurlik in die Aardkors aangetref word. Die geweegde gemiddeldemassa van hierdie isotope verteenwoordig dieatoommassa vir die element in die element in dieperiodieke tabel. Die verspreiding van 'n element wissel van planeet tot planeet. Dienatuurlike verspreiding betref gewoonlik die verspreiding soos dit hier op Aarde gevind word.

Die persentasie verspreiding verwys na die relatiewe verhoudings, uitgedruk in persentasies, waarin die isotope van 'n element in die natuurlike bronne (op Aarde) aangetref word.

Dieisotoopverhouding kan nogtans effens wissel en die meting daarvan kan belangrike inligting verskaf.

Redes vir aanwesigheid

[wysig |wysig bron]

Oerisotope

[wysig |wysig bron]

In die meeste gevalle is die isotoop aanwesig omdat dit inastrofisiese prosesse voor die vorming van die aarde vervaardig is.

Stabiele oerisotope

[wysig |wysig bron]

Baie oerisotope wat vandag steeds aanwesig is, is stabiele nukliede, soossilikon-28.

Kwasi-stabiele oerisotope

[wysig |wysig bron]

Heelparty isotope is lank as stabiel beskou, maar hulle kan soms 'n dubbelbetaverval ondergaan. Diehalfleeftyd van sulke prosesse is egter baie langer as die leeftyd van die heelal. Dit beteken dat hierdie verval soms moeilik is om waar te neem en die isotoop prakties as stabiel beskou kan word.Kalsium-40 enkalsium-48 is voorbeelde.

Langlewende oerisotope

[wysig |wysig bron]

Daar is egter ook isotope wat nie stabiel is nie, maar 'nhalfleeftyd besit wat groter is as die ouderdom van ons planeet. Hulle aanwesigheid was groter in die verlede, maar hulle het nog nie uitgesterf nie.Kalium-40,vanadium-50 enuraan-235 is goeie voorbeelde.

Uitgestorwe oerisotope

[wysig |wysig bron]

Hierdie oerisotope kan in sterre of newels aangetref word en het in die vroeë sonnestelsel bestaan, maar hulle halfleeftyd is korter as die ouderdom van die planetêre newel en hulle het daardeur reeds uitgesterf.Titaan-44 enaluminium-26 is goeie voorbeelde.

Isotope wat natuurlik vervaardig word / is

[wysig |wysig bron]

Radiogene isotope

[wysig |wysig bron]

Stabiele radiogene isotope is isotope wat ontstaan (het) deur die verval van instabiele oerisotope. 'n Goeie voorbeeld isargon-40 wat hier op Aarde volop is, maar nie in die son se atmosfeer nie. Die rede is dat dit die vervalproduk van kalium-40 in die aardkors en -mantel is.

Isotope wat se halfleeftyd baie korter is as die ouderdom van die aarde het gewoonlik al uitgesterf en hulle aanwesigheid is gewoonlik verwaarloosbaar. Indien daar nogtans prosesse is waarin hulle vervaardig word, byvoorbeeld deur verval van 'n lanklewende isotoop soosuraan-238 kan hulle in klein hoeveelhede aangetref word.

Kosmogene isotope

[wysig |wysig bron]

Kernreaksies met kosmiese straling in die atmosfeer kan ook isotope vorm wat anders nie voorkom nie. Hulle relatiewe aanwesigheid kan nogtans van plek tot plek verskil. Daar is byvoorbeeld meer14C in die atmosfeer as in die oseane.

Kunsmatige (sintetiese) isotope

[wysig |wysig bron]

Baie isotope wat nie natuurlik gevind word nie is in kernreaktore vervaardig. 'n Belangrike proses hierby is neutronvangs. Dit word ook in 'n tegniek aangewend watneutronaktivering genome word

Relatiewe voorkoms en bindingsenergie

[wysig |wysig bron]

In onderstaande tabel staan die bindingsenergie per nukleon (BE) en die relatiewe aanwesigheid (RA) van 'n aantal ligte elemente met 'n ewe atoomgetal. Die tabel toon dat die isotoop op die lyn Z = N dikwels wel die hoogste RA, maar nie die hoogste BE en die termodinamiese gunstigste neutronoorskot (NO) het nie:

IsoZNNOBE (MeV)RA (%)
Suurstof
16O8807,976 20699,75
18O1027,767 0250,21
Neon
20Ne101008,032 2490,45
22Ne1228,080 4659,25
Magnesium
24Mg121208,260 70979,0
26Mg1428,333 87211,0
Swawel
32S161608,493 13494,9
34S1828,583 5014,3
36S2048,575 3870,02
Argon
36Ar181808,519 9090,33
38Ar2028,614 2730,06
40Ar2248,595 25999,60
Kalsium
40Ca202008,551 30196,94
42Ca2228,616 5590,65
44Ca2448,658 172,09
46Ca2668,668 8850,004
48Ca2888,666 4670,19

In die tabel word die isotope met die hoogste RA met geel en die isotope met die hoogste BE met blou aangedui. Die NO van die isotoop met die hoogste BE is by elke element in die tabel met rooi aksent.

Namate die kernlading hoër word, kom die stabiele isotope steeds verder bo die lyn Z = N te lê. Daaruit blyk dat kerne met 'n hoë kernlading stabiel is by 'n groter neutronoorskot. Vir swaarder elemente met 'n ewe atoomgetal neem die aantal stabiele isotope toe.Helium enkoolstof het 2 stabiele isotope,suurstof,neon,magnesium,silikon,argon,chroom enyster het 3,swawel enkalsium het 4 entitaan ennikkel het 5.

Nota

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Relatiewe_voorkoms&oldid=2508121"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp