Nasionale Etruskiese Museum | |
![]() | |
Openingsjaar | 1889 |
---|---|
Tipe museum | Nasionale museum |
DieNasionale Etruskiese Museum (Italiaans:Museo Nazionale Etrusco) is ‘n museum inRome wat hoofsaaklik gewy is aan die antikwiteite van die pre-Romeinse tydperk van antiekeUmbrië, Latium, en suidelike Etruske. Dit word gehuisves in die Villa Giulia, ofVilla di Papa Giulio (Pous Julius), wat in die middel van die16de eeu virPous Julius III gebou was. Die museum word al sedert 1889 in die villa gehuisves. Die gevierde beeldhouwerke wat gehuisves word, sluit die geverfde terracotta Apollo en Hercules vanFormello (Veii); wat in 1916 en 1939 opgegrawe is en as een van die beste voorbeelde van laat6de eeuse of vroeë5de eeuseEtruskiese beeldhouwerke beskou word; in. Daar is ook ‘n pragtige terracotta sarkofaag wat manlike en vroulike figure tentoonstel wat in ‘n feestelike bui verkeer, welke ‘n rare voorbeeld van die nekropolis by Caere is. Die versameling bestaan uit verskeie artefakte soos vase, bronswerke, borswering, spieëls en standbeelde. Die pragtige versameling Griekse vase sluit die bekende Chigi-vaas in wat by Veii gevind is. Dit is ‘n goeie voorbeeld van Proto-Korintiese vaas-skilderwerk wat vanuit die eerste helfte van die6de eeu v.C. dateer. Die Castellani-versameling bestaan uit Griekse vase.[1]
Die museum se bekendste enkele skat is dieterracotta grafmonument; te wete die byna lewensgrootteBruid en Bruidegom (die sogenaamdeSarcofago degli Sposi, ofSarkofaag van die Gades), wat so gemodelleer is dat dit lyk asof hulle tydens 'n dinee ontspan.
Ander voorwerpe wat daar gehou word is:
![]() | Wikimedia Commons bevat media in verband metMuseo Nazionale di Villa Giulia. |
41°55′06″N12°28′40″O / 41.918375°N 12.477657°O /41.918375; 12.477657