Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Namibië

Hierdie artikel is gekies as 'n voorbladartikel. Klik gerus hier vir meer inligting.
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Namibië
Republiek van Namibië (Afrikaans)[1]
Republik Namibia (Duits)[2]
Republic of Namibia (Engels)
Republika yaNamibia (Herero)[3]
Republika zaNamibia (Kwangali)[4]
Namibia ye Lukuluhile (Lozi)[5]
Namibiab Republiki dib (Nama)[6]
Orepublika yaNamibia (Oshiwambo)[7]
Repaboleki ya Namibia (Tswana)[8]
(al nege name is amptelik)
Vlag van NamibiëWapen van Namibië
VlagWapen
Nasionale leuse:Unity, Liberty, Justice
(Engels vir: "Eenheid, Vryheid, Geregtigheid")
Volkslied:Namibia, Land of the Brave
(Engels vir: "Namibië, Land van die Dapper")
Ligging van Namibië
HoofstadWindhoek

22°34′S17°05′O / 22.567°S 17.083°O /-22.567; 17.083

Grootste stadWindhoek
Amptelike taleEngelsa
Nasionale tale:Afrikaans (lingua franca),Duits,Herero,Kwangali,Lozi,Nama,Oshiwambo,Tswana
RegeringUnitêre semi-presidensiële
grondwetlikerepubliek[9][10]
Netumbo Nandi-Ndaitwah
Lucia Witbooi
Elijah Ngurare
Natangwe Ithete
Onafhanklikheid
• Huidige grondwet
• Erken
vanSuid-Afrika
9 Februarie1990
21 Maart1990
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
824 292[11] km2  (35ste)
318 261 myl2
feitlik geen
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2017-sensus
 -Digtheid
 
2 803 660[11] (141ste)
3 022 401[12]
3,4 / km2 (235ste)
8,8 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$37,200 miljard[13]
$12 200[13]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$14,364 miljard[13]
$4 711[13]

MOI (2022) 0,610[14] (142ste)  – medium
Gini (2015)59,1[15] – hoog
GeldeenheidDollar (NAD)
Tydsone
 -Somertyd
SAT (UTC+2)
nie toegepas nie (UTC+2)
Internet-TLD.na
Skakelkode+264
aDuits enAfrikaans was ook amptelike tale tot onafhanklikheid in1990. Die meerderheid van die bevolking praat Afrikaans as ’ntweede taal, terwylOshiwambo diemoedertaal van die helfte van die bevolking is. Duits is die moedertaal van sowat 32% van die blanke inwoners, terwyl net 3,4%Engels as huistaal praat.[11]

Namibië (Duits:Namibia, [naˈmiːbi̯a];Engels:Namibia, [nəˈmɪbiə], [næˈmɪbiə],luister(hulp·inligting)), amptelik dieRepubliek van Namibië (Engels:Republic of Namibia; Duits:Republik Namibia,luister(hulp·inligting)), is ’nrepubliek inSuider-Afrika waarvan die westelike grens dieAtlantiese Oseaan is. Die land grens ook aanAngola enZambië in die noorde,Botswana in die ooste enSuid-Afrika in die ooste en suide. Hoewel dit nie aanZimbabwe grens nie, is Namibië deur 200 m van dieZambezirivier se rivierbedding van Zimbabwe geskei (dit is waar die grens met Zambië en Botswana is). Volgens ander menings ontmoet die grense van die vier lande Botswana, Namibië, Zambië en Zimbabwe op een enkele punt en sal vervolgens die enigste internasionale vierlandepunt wêreldwyd vorm.[16] Namibië land het op 21 Maart 1990 onafhanklikheid van Suid-Afrika gekry na afloop van dieNamibiese Onafhanklikheidsoorlog. Diehoofstad en grootste stad isWindhoek. Namibië is ’n lidland van dieAfrika-unie,Gemeenskaplike Monetêre Gebied,Suider-Afrikaanse Doeane-unie,Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap,Britse Statebond en dieVerenigde Nasies. Namibië geniet ’n hoë politieke, ekonomiese en sosiale stabiliteit.[17]

Nasa-satellietbeeld van Namibië
Kaart van Namibië

Die naam "Namibië" is afgelei van dieNamibwoestyn, wat die hele kusgebied van dié land beslaan. Dit is as ’n neutrale naam ná dié land se onafhanklikheid gekies om ’n moontlike benadeling van een van die Namibiese volke te voorkom. Mburumba Karina word as Namibië se naamgewer beskou.[18]

Namibië is die droogste land inAfrika suid van die Sahara[19] en is sedert die vroegste tye deurBoesmans,Damaras enNamas bewoon. Omtrent die 14de eeu n.C. het immigrerendeBantoes tydens die Bantoemigrasie die gebied bereik. Sedertdien vorm die Bantoegroepe, waarvan dieOvambo's die grootste is, die dominante bevolkingsgroep en sedert die laat 19de eeu vorm hulle die bevolkingsmeerderheid.

In 1878 het die BritseKaapkolonie die hawe vanWalvisbaai en die aflandigePikkewyn-eilande geannekseer; met die stigting van dieUnie van Suid-Afrika in 1910 het hulle ’n integrale deel van dié unie geword. In 1884 het die grootste deel van Namibië asDuits-Suidwes-Afrika ’n protektoraat (Schutzgebiet) van dieDuitse Keiserryk geword. DieDuitsers het met die ontwikkeling van dieinfrastruktuur enlandbou begin. Dit het en ’n Duitse kolonie gebly tot aan die einde van dieEerste Wêreldoorlog, nadat die Duitse troepe tydens dieSuidwes-Afrika-veldtog in 1915 deur dieSuid-Afrikaanse Leër verslaan is. In 1920 het dieVolkebond die mandaat aan dieVerenigde Koninkryk onder die administrasie van Suid-Afrika oorgedra. Vervolgens het Suid-Afrika sy wette, insluitende die rasseklassifikasies en reëls,Suidwes-Afrika opgelê. Vanaf 1948, toe dieNasionale Party tydens diealgemene verkiesing van 1948 ’n meerderheid behaal het, het Suid-Afrika syApartheidswette ook op die destydse Suidwes-Afrika toegepas.

In die laat 20ste eeu het opstande en eise deur Afrikaleiers wat vir die Namibiese onafhanklikheid gepleit het, daartoe gelei dat dieVerenigde Nasies in 1966 direkte verantwoordelikheid vir die gebied aanvaar het, maar Suidwes-Afrika hetde facto onder Suid-Afrikaanse gesag gebly. Die VN het in 1973SWAPO as die amptelike verteenwoordiger van die Namibiërs erken; dié party is deur die Ovambo's oorheers, wat die grootste deel van die bevolking vorm. Na interne konflikte het Suid-Afrika in 1985 ’n tussentydse administrasie in Namibië ingestel. Namibië het in 1990 volle onafhanklikheid van Suid-Afrika verkry, met die uitsondering van Walvisbaai en die Pikkewyn-eilande wat tot 1994 onder Suid-Afrikaanse beheer gebly het.

Namibië het ’n bevolking van 2,8 miljoen en is ’n parlementêre demokrasie met ’n veelpartystelsel.Landbou, veeteelt,toerisme enmynbou – insluitend die myn vandiamante,uraan,goud,silwer en onedele metale – vorm die ruggraat van dieNamibiese ekonomie. Gegewe die teenwoordigheid van die onherbergsame Namibwoestyn is Namibië een van die ylbevolkste lande ter wêreld. Ongeveer die helfte van die bevolking leef onder die internasionale broodlyn en die land is swaar getref deur dieVigs-epidemie met 15% van die volwasse bevolking wat teen 2007 besmet was.

Etimologie

[wysig |wysig bron]

Die landsnaam is ontleen aan die Namibwoestyn, die oudste woestyn in die wêreld.[20] Die naamNamib is op sigself vanNama-oorsprong en beteken "groot plek". Voor sy onafhanklikheid in 1990 was die gebied bekend asDuits-Suidwes-Afrika (Deutsch-Südwestafrika) en daarna as Suidwes-Afrika. Dit weerspieël die koloniale besetting van Duitsland en die Suid-Afrikaanse regering namens die Britse kroon (as gevolg van Suid-Afrika se dominiumstatus binne dieBritse Ryk).

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Geskiedenis van Namibië.

Pre-koloniale era

[wysig |wysig bron]
DieWit Vrou

Die droë gebiede van Namibië is sedert die vroegste tye bewoon deurBoesmans,Damaras enNamas en sedert ongeveer die 14de eeu deur immigrerende Bantoes wat met die Bantoemigrasie uit sentraal Afrika gekom het. Van die laat 18de eeu en daarna hetOorlamstamme vanuit dieKaapkolonie dieOranjerivier oorgesteek en hulle in die area wat vandag suidelike Namibië is, gevestig.[21] Hulle ontmoetinge met die nomadiese Namastamme was oorwegend vreedsaam. Die sendelinge wat saam met die Oorlams getrek het, is goed ontvang deur die Namas[22] en die reg om watergate en weiding te gebruik is teen ’n jaarlikse fooi toegestaan.[23] Op hul pad noordwaarts het die Oorlams ontmoetings met segmente van dieHererostam by Windhoek,Gobabis enOkahandja gehad wat nie so akkommoderend was nie. Die Nama-Herero-oorlog het in 1880 uitgebreek met vyandighede wat eers afgeneem het nadat die Duitse Keiserryk troepe ontplooi het in die betwiste gebiede. Hulle het die status quo tussen die Namas, Oorlams en Herero's gehandhaaf.[24]

’n Groep Herero’s, ca. 1910

Die eerste Europeërs wat voet aan wal gesit en die gebied verken het was diePortugese seevaarderDiogo Cão in 1485 enBartolomeus Dias in 1486; die gebied is egter nie deur die Portugese kroon beset nie. Soos die grootste deel van Afrika suid van die Sahara, is Namibië nie omvangryk verken deur Europeërs tot die 19de eeu nie, toe handelaars en setlaars, hoofsaaklik vanuit Duitsland enSwede, daar aangekom het. In die laat 19de eeu het dieDorslandtrekkers die gebied oorgesteek op pad van dieZuid-Afrikaansche Republiek na Angola. Van die Trekkers het in Namibië agtergebly in plaas daarvan om die tog na Angola te voltooi. Andere het na Namibië teruggekeer nadat Angola deur die Portugese hulle tot die katolisisme probeer bekeer het en die gebruik van hul taal in skole verbied het.[25]

Duitse bewind

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikels vir hierdie afdeling is:Duits-Suidwes-Afrika enSuidwes-Afrika-veldtog.
Adolf Lüderitz, die stigter vanDuits-Suidwes-Afrika

Namibië het in 1884 onderOtto von Bismarck ’n Duitse kolonie geword om Britse besetting te voorkom en het bekend gestaan as Duits-Suidwes-Afrika (Deutsch-Südwestafrika); in die omgangstaal is hierdie benaming dikwels afgekort totDeutsch-Südwest ("Duits-Suidwes").[26] Die Palgrave-sendingstasie van die Britse Goewerneur het bepaal dat slegs die natuurlike diepwaterhawe van Walvisbaai die moeite werd was om te beset – dit is vir die Brittanje deur die Kaapkolonie beset.

Die Christuskerk en Ruiterstandbeeld in Windhoek

Van 1904 tot 1907 het die Herero's en die Namakwas die wapen teen dieDuitsers opgeneem en in die gevolglikeopstand het 10 000 Namas (ongeveer die helfte van die bevolking) en naastenby 65 000 Herero's (ongeveer 80% van die bevolking) omgekom.[27][28] Nadat die oorlewendes uit aanhouding vrygelaat is, is hulle onderwerp aan onteiening, deportasie, gedwonge arbeid en segregasie.

Die meeste Afrikane is beperk tot sogenaamde inboorlinggebiede wat later onder Suid-Afrikaanse regering totBantoestans verklaar is. Sommige historici gaan selfs sover as om te spekuleer dat die volksmoord in Namibië as model vir die Nazi’s in diesjoa[29] of Joodse volksmoord gedien het, maar die meeste geleerdes meen dat dit nie werklik ’n invloed op die Nazi’s, wat in daardie tyd kinders was, gehad het nie. Die vader van Hermann Göring,Heinrich Göring, was wel op sy dag ’n koloniale goewerneur in Namibië en ’n straat in Swakopmund is na hom vernoem.[30] Die gedagte van die volksmoord bly relevant tot die etniese identiteit in onafhanklike Namibië en tot verhoudinge met Duitsland.[31] Die Duitse regering het in 2004 formeel om verskoning gevra vir die Namibiese volksmoord.[32]

Suid-Afrikaanse bewind en die stryd om onafhanklikheid

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikels vir hierdie afdeling is:Suidwes-Afrika enNamibiese Onafhanklikheidsoorlog.
VN-Posseël van 1975, wat die Onafhanklikheid van Namibië eis
Die Odendaal-plan virBantoestans in Suidwes-Afrika in 1964
Kaart van tuislande in Suidwes-Afrika in 1978

Suid-Afrika het die kolonie in 1915 beset nadat die Duitse magte in die Eerste Wêreldoorlog verslaan is. Dit is as ’n mandaatgebied van die Volkebond vanaf 1919 geadministreer. Hoewel die Suid-Afrikaanse regering Suidwes in sy eie gebied wou inkorporeer, het dit nooit amptelik gebeur nie maar dit is deurgaans as die de facto ‘vyfde provinsie’ bestuur met die bevolking van Namibië wat verteenwoordiging in die Parlement van Suid-Afrika geniet het. Hulle het ook hul eie administrasie en Wetgewende Vergadering gekies. Die Suid-Afrikaanse regering het ’n administrateur vir SWA aangestel wat uitgebreide magte gehad het.

Na die Volkebond se tersydestelling en die ontstaan van die Verenigde Nasies in 1946 het Suid-Afrika geweier dat sy vroeëre mandaat deur ’n Trusteeskap van die Verenigde Nasies vervang moet word (wat nadere internasionale monitering van die gebied se administrasie saam met ’n definitiewe onafhenklikheidskedule vereis het). Die Herero's se Raad van Hoofmanne het ’n aantal petisies by die VN ingedien om te vra vir Namibië se onafhanklikheid gedurende die 1950’s. Gedurende die 1960’s, toe Europese moondhede onafhanklikheid aan hul kolonies en trustgebiede begin gee het, het die druk op Suid-Afrika begin toeneem om dieselfde met Namibië te doen. In 1966 het dieInternasionale Geregshof ’n klag teen Suid-Afrika se volgehoue teenwoordigheid in die gebied vanEthiopië enLiberië van die hand gewys maar die VN se Algemene Vergadering het uiteindelik Suid-Afrika se mandaat teruggetrek. In 1971 het die Internasionale Geregshof ’n “adviserende mening” uitgebring waarin verklaar is dat Suid-Afrika se volgehoue administrasie van die gebied onwettig is.[33]

In reaksie op die 1966-beslissing deur die Internasionale Geregshof het SWAPO se militêre vleuel, Volksbevrydingsleër van Namibië (PLAN), ’n guerrilla-oorlog begin voer in die stryd om onafhanklikheid[34] maar dit was eers in 1988 wat Suid-Afrika ingestem het om die besetting van Namibië op te hef,[35] in ooreenstemming met ’n VN-vredesplan vir die hele gebied. Buite die sentraal-suidelike gebied van Namibië (bekend as die “Polisie-sone” sedert die Duitse era en waar die hoof dorpe, industrieë, myne en landbougrond was) is die land opgedeel in “tuislande‘, soortgelyk aan die Suid-Afrikaanse Bantoestans maar die Swart bevolking het nie hul samewerking gegee nie.

Na baie onsuksesvolle pogings deur die VN om Suid-Afrika te oorreed om in te stem tot die VN-besluit 435 te implementeer, wat in 1978 deur die VN seVeiligheidsraad aanvaar is as die internasionaal-ooreengekome dekoloniseringsplan vir Namibië. In 1988 het die oorgang na onafhanklikheid begin onder ’n drieledige diplomatieke ooreenkoms tussen Suid-Afrika, Angola en Kuba, met die VSA en die USSR as waarnemers, waaronder Suid-Afrika ingestem het om uit die gebied te onttrek en sy troepe te demobiliseer en Kuba ingestem het om sy troepe vanuit suid-Angola, wat gestuur is om die MPLA te ondersteun in sy stryd om Angola teen UNITA. ’n Gekombineerde VN Burgerlike en vredesmag onder die Finse diplomaat Martti Ahtisaari het toesig gehou oor die militêre onttrekkings, die terugkeer van SWAPO-bannelinge en die hou van Namibië se eerste verkiesing vir ’n grondwetlike vergadering in Oktober 1989. SWAPO het gewen maar nie hul eie verwagting van ’n twee-derde meerderheid gekry nie; die Suid-Afrikaans gesteundeDemokratiese Turnhalle-alliansie (DTA) het die amptelike opposisie geword.

Na die aanvaarding van die Namibiese grondwet, wat beskerming van menseregte, vergoeding vir staatsonteienings van privaat eiendom, ’n onafhanklike regbank en ’n uitvoerende presidensie (die grondwetgewende vergadering het die nasionale vergadering geword), ingesluit het, het Namibië op 21 Maart 1990 amptelik onafhanklik geword.Sam Nujoma is ingesweer as die eerstePresident van Namibië met verteenwoordigers van 147 lande, insluitend 20 staatshoofde, wat die plegtigheid bygewoon het.[36] Dié seremonie is ook deur die Suid-AfrikaanseNelson Mandela, wat die vorige maand uit die tronk vrygelaat is, bygewoon. Na die einde van Apartheid in 1994 is die Walvisbaai en die Pikkewyn-eilande deur Suid-Afrika aan Namibië afgestaan.[37]

Na onafhanklikheid

[wysig |wysig bron]
Netumbo Nandi-Ndaitwah, die huidige president van Namibië (sedert 2025)

Veelpartydemokrasie is ingestel en is volhou, ten spyte daarvan dat SWAPO telkens die verkiesings met ’n oorweldigende meerderheid wen, en verkiesings word gereeld op plaaslike, provinsiale en nasionale vlak gehou. Verskeie geregistreerde politieke partye is aktief en word in die Nasionale Vergadering verteenwoordig.[38] Die oorgang van die 15 jaarbewind van president Nujoma na sy opvolgerHifikepunye Pohamba op 21 Maart 2005 het glad verloop.[39] Pohamba is op 21 Maart 2015, Namibië se 25ste onafhanklikheidsdag, deurHage Geingob opgevolg. Geingob is op 4 Februarie 2024 aan kanker oorlede en deur adjunkpresidentNangolo Mbumba opgevolg, wat tot in 2025 gedien het.[40] Op 21 Maart 2025, die land se 35ste onafhanklikheidsdag, isNetumbo Nandi-Ndaitwah as Namibië se eerste vrou in dié pos ingesweer.[41]

Die Namibiese regering het ’n beleid van nasionale versoening bevorder en amnestie gegee aan mense wat aan beide kante van die oorlog geveg het. Die burgeroorlog in Angola het ’n beperkte impak gehad op Namibiërs wat in die noorde van die land woon. In 1998 het die Namibiese Weermagtroepe na dieDemokratiese Republiek van die Kongo gestuur as deel van ’nSuider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap-kontingent. In Augustus 1999 is ’n poging tot afskeiding in die noordoostelikeKaprivistrook suksesvol onderdruk.[39] Die Kaprivikonflik is deur die Caprivi Liberation Army (CLA), ’n rebelgroep onder leiding van Mishake Muyongo, geïnisieer. Dit wou hê dat die Kaprivistrook ten einde van sy eie samelewing van Namibië moet skei.

’n Langlopende geskil oor die suidelike grens van Namibië se Kaprivistrook met Botswana was die onderwerp van ’n uitspraak deur dieInternasionale Geregshof in Desember 1999. Die hof het beslis dat dieKasikili-eiland aan Botswana behoort.[42]

Politiek en regering

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Politiek van Namibië.
DieTintenpalast, setel van die Namibiese regering

Die Namibiese politiek vind plaas in die raamwerk van ’n presidensiële verteenwoordigende demokratiese republiek waar die president van Namibië vir ’n vyf-jaar termyn verkies word en die staatshoof asook die hoof van die regering is.[43]

Die Grondwet van Namibië waarborg dieskeiding van magte:[44]

  • Uitvoerende mag word deur die president en die Namibiese kabinet uitgevier.
  • Wetgewende mag: Namibië het ’ntweekamerstelselparlement met dieNasionale Vergadering as laerhuis en dieNasionale Raad as hoërhuis.
  • Regbank: Namibië het ’n hofstelsel wat die reg in die naam van die staat interpreteer en toepas.

Hoewel die grondwet ’n veelpartystelsel beoog vir Namibië se regering beoog het, lyk dit meer na ’n eenpartystaat met SWAPO wat sedert 1990 elke verkiesing gedomineer het.[45] In Desember 2019 is President Hage Geingob tydens die algemene verkiesing vir ’n tweede termyn verkies met 56,3% van die stemme.[46] Geingob is op 4 Februarie 2024 oorlede en deur adjunkpresidentNangolo Mbumba opgevolg.[47] Mbumba is op 21 Maart 2025 deurNetumbo Nandi-Ndaitwah opgevolg.[41]

Buitelandse betrekkinge

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Buitelandse betrekkinge van Namibië.
Plekke oor die wêreld heen waar Namibië ambassadeurs of hoëkommissarisse het
Namibiese Ambassade inBerlyn

Namibië volg ’n grootliks onafhanklike buitelandse beleid met voortslepende affiliasies met state wat bygestaan het in die stryd om onafhanklikheid, insluitendLibië,Kuba en dieVolksrepubliek China. Met ’n klein weermag en ’n swak ekonomie was die Namibiese regering se vernaamste buitelandse beleid gemoeid met die ontwikkeling van sterker bande met die ander lande in Suider-Afrika. As ’n dinamiese lid van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap is Namibië ’n uitgesproke voorstander vir groter streeksintegrasie. Namibië het op 23 April 1990 die 160ste lid van die Verenigde Nasies geword. Dit het ook met onafhanklikheid die vyftiende lid van dieBritse Statebond geword.[48]

Weermag

[wysig |wysig bron]
Vlag van die Namibiese Weermag

Namibië het geen vyande in sy onmiddellike omgewing nie maar spandeer gedurig meer geld op sy weermag as ander lande in Suider-Afrika (behalwe vir Angola). Militêre uitgawes het toegeneem van 2,7% van die BBP in 2000 tot 3,7% van BBP in 2009 en die koms van 12 Chengdu F-7 Airguard-stralers in 2006 en 2008 het Namibië vir ’n kort rukkie die grootste wapeninvoerder in Afrika suid van die Sahara gemaak.[49]

Die Namibiese grondwet beskryf die rol van die weermag as die “verdediging van die gebied en nasionale belange”. Namibië het die Namibiese Weermag (NW) gestig wat uit voormalige vyande in die 23-jarige bosoorlog bestaan: die Volksbevrydingsleër van Namibië (PLAN) en die Suidwes-Afrikaanse Gebiedsmag (SWAGM). Brittanje het die plan vir die integrasie van hierdie magte opgestel en met opleiding van die NW begin. Die NW bestaan uit ’n klein hoofkantoor en vyf bataljons.

Die Verenigde Nasies se Oorgangshulpgroep (UNTAG)se Keniaanse infanteriebataljon het vir drie maande na die verkryging van onafhanklikheid in Namibië gebly om te help om die NW op te lei en om die noorde van die land te stabiliseer. Volgens die Namibiese Ministerie van Verdediging sal daar nie meer as 7 500 weermaglede (manlik en vroulik ingesluit) wees nie.

Geografie en klimaat

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Geografie van Namibië.
Klimaatsones in Namibië volgens dieKöppen-klimaatklassifikasie
Sandduine in dieNamibwoestyn
Geskakeerde reliëfkaart van Namibië

Met ’n grootte van 824 292 km²[11] is Namibië die vyf-en-dertigste grootste land (net naVenezuela) in die wêreld. Dit lê tussen 17°en 29° suiderbreedte (’n klein area is noord van 17°) en 11° en 26° oosterlengte.

In geologiese opsig word Namibië as een van die oudste dele van die Afrika-vasteland beskou. Lank voordat die reusevastelandGondwanaland ontstaan het, het in die gebied van die huidige Afrika twee plato’s gevorm – die Kongo- en die Kalahari-Kraton. Die laasgenoemde beslaan groot dele van die huidige Namibië.

Die vastelandgebied van Gondwana, wat destyds dele van Afrika,Suid-Amerika,Australië,Indië enAntarktika bevat het, het eers sowat 550 miljoen jaar gelede as gevolg van tektoniese prosesse ontstaan. Sowat 150 miljoen jaar gelede het Gondwana uitmekaar gebreek, om sodoende die huidige vastelande te vorm.

Namibië seklimaattoestande het oor ’n lang tydperk feitlik onveranderd gebly, en baie geologiese strukture, prosesse en verskynsels is tot vandag toe baie goed bewaar. Een van die bekendste voorbeelde is die Namibwoestyn, wat as die oudste ter wêreld beskou word.

Administratiewe streke

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Streke van Namibië.

Namibië is opgedeel in 14 streke en onderverdeel in 121 kiesafdelings. Die administratiewe streke van Namibië word deur dieAfbakeningskomitee ter tafel gelê en aanvaar of verwerp deur die Nasionale Vergadering. Sedert die stigting van die staat was daar reeds drie Afbakeningskomitees, met die mees onlangse een in 2013 onder leiding van regter Alfred Siboleka.[50]

Streeksraadslede word direk verkies deur ’n geheime stemming (in streeksverkiesings) deur die inwoners van hul kiesafdelings.[51]

Plaaslike owerhede in Namibië kan in die vorm van munisipaliteite (hetsy deel 1 of deel 2 munisipaliteite), stadsrade of dorpe wees.[52]

Geografiese streke

[wysig |wysig bron]

Die Namibiese landskap bestaan algemeen uit vyf geografiese streke, elk met sy eie unieke abiotiese faktore en plantegroei met sommige variasie in en oorvleueling tussen die streke: die Sentrale Plato, die Namibwoestyn, die Groot Platorand, die Bosveld en dieKalahari.

Sentrale plato

[wysig |wysig bron]
Visrivier-canyon
Namibwoestyn
Namib Platorand
DieKalahari
Windhoek se kimlyn

Die Sentrale Plato lê van noord na suid en word begrens deur die Skedelkus na die noordweste, die Namibwoestyn en sy kusvlaktes na die suidweste, dieOranjerivier na die suide en die Kalahari na die ooste. Die hoogste punt in Namibië, dieBrandberg (2 606 m) is in die Sentrale Plato.[53] Binne die wye plat Sentrale Plato is die meerderheid van Namibië se bevolking en ekonomiese aktiwiteit. Windhoek, die hoofstad, is hier geleë asook. Die beste landbougrond is ook in hierdie gebied. Hoewel landbougrond slegs 1% van die land se oppervlak uitmaak word ongeveer die helfte van die land se bevolking deur landbou in diens geneem.[54]

Die abiotiese faktore in die plato is naastenby dieselfde as op die platorand maar die topografiese kompleksiteit is egter verminder. Somertemperature kan so hoog as 40 °C word en ryp is algemeen in die winter.

Namibwoestyn

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Namibwoestyn.

Die Namibwoestyn is ’n wye uitspansel van hiperonvrugbare gruisvlaktes en duine wat langs die hele Namibiese kuslyn strek. Dit wissel van 100 tot honderde kilometer in breedte. Areas in die Namib sluit die Skedelkus en dieKaokoveld in die noorde in asook die uitgebreide Namib Sandsee langs die sentrale kus.[55] Die sand waaruit die sandsee bestaan ontstaan uit ’n erosieproses wat in die Oranjeriviervallei in die suide plaasvind. Soos wat sandbelaaide water hul swewende belastings in dieAtlantiese Oseaan laat uitspoel, word dit weer op land uitgespoel deur seestrome. Die heersende suidwestelike winde tel dit dan op en plaas dit in die vorm van reuse sandduine in die wydverspreide sandsee. So word die grootste sandduine in die wêreld gevorm. In areas waar die sandaanvoer afgeneem het weens die onvermoë van die sand om rivierbeddings oor te steek, skuur die wind die land om groot gruisvlaktes te vorm. In baie areas van die Namibwoestyn is daar bitter min plantegroei behalwe vir korsmosse wat in die gruisvlaktes en opgedroogte rivierbeddings gevind word waar plante toegang het tot ondergrondse water.

Groot Platorand

[wysig |wysig bron]

Die Groot Platorand styg tot meer as 2 000 m. Gemiddelde temperature neem toe hoe verder ’n mens van die koue Atlantiese waters beweeg terwyl die talmende kusmis stadig afneem. Hoewel die streek rotserig is met swak ontwikkelde grond, is dit nietemin aansienlik meer produktief as die Namibwoestyn. Soos somerwinde oor die platorand geforseer word, word vog as neerslag onttrek.[56] Die water, saam met die vinnig veranderende topografie, is verantwoordelik vir die voortbringing van mikrohabitatte wat ’n wye verskeidenheid organismes huisves waarvan baie endemies is. Plantegroei op die platorand wissel in vorm en digtheid met gemeenskapstrukture wat wissel van digte bosse na meer struikagtige gebiede en verspreide bome. ’n AantalAcacia-spesies word hier aangetref asook grasse en ander struikagtige plante.

Bosveld

[wysig |wysig bron]

Die Bosveld is in die noordooste van die land langs die grens met Angola en in die Kaprivistrook, wat die oorblyfsel is van ’n nou gang is waardeur die Duitse Keiserryk die Zambezirivier bereik het, aangetref. Die area kry aansienlik meer reën as die res van die land met ’n gemiddeld van ongeveer 400 mm per jaar. Temperature is ook koeler en meer gematig, met benaderde seisoenvariasies van tussen 10 °C en 30 °C. Die gebied is oor die algemeen plat en die grond is sanderig sodat dit nie goed water hou nie.[57] Reg langs die Bosveld in noord-sentraal Namibië is een van die natuur se groot wonderwerke: dieEtoshapan. Dit is vir die grootste gedeelte van die jaar ’n droë, sout woesteny maar gedurende die nat seisoen vorm daar ’n vlak meer wat oor meer as 6 000 km² strek. Die area is van ekologiese belang vir die groot getallevoëls en diere van die omliggendesavanne wat deur droogte na die watergate om die meer gedwing word. Die bosveldstreek is deur die Wêreld Wildlewefonds afgebaken as deel van die Angola Mopane-boomveld ekogebied wat tot noord verby dieKunenerivier tot in Angola strek.

Kalahari

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Kalahari.

Die Kalahari is waarskynlik Namibië se bekendste geografiese kenmerk. Dit word gedeel met Suid-Afrika en Botswana en het ’n verskeidenheid van gelokaliseerde omgewings wat wissel van hiperonvrugbare sanderige woestyn tot areas wat nie in die algemene beskrywing van woestyn inpas nie. Een van hierdie areas, bekend as dieSukkulente Karoo, is die tuiste van meer as 5 000 plantspesies waarvan meer as die helfte endemies is; een derde van die wêreld sevetplante word in die Karoo aangetref.

Die rede vir hierdie hoë produktiwiteit en endemisiteit is waarskynlik die relatief stabiele aard van neerslag.[58] Die Karoo ervaar nie op ’n gereelde basis droogte nie, en alhoewel die gebied tegnies woestyn is, bied gereelde winterreën genoeg vog om die gebied se interessante plantgemeenskap te onderhou. ’n Ander eienskap van die Kalahari en ook ander gebiede van Namibië, is koppe, geïsoleerde bergies wat mikroklimate en -habitatte vir organismes skep wat nie aangepas is om in die omliggende woestyngebied te oorleef nie.

Kuswoestyn

[wysig |wysig bron]
Die Sesriemcanyon in die Namibwoestyn

Namibië se kuswoestyne is een van die oudste woestyne ter wêreld. Die sandduine, wat geskep is deur sterk landwaartse winde, is die hoogste in die wêreld.[59]

Die Namibwoestyn en dieNamib-Naukluft Nasionale Park is hier geleë. Die Namibiese kuswoestyne is een van die rykste diamantvelde ter wêreld. Die area is opgedeel in die noordelike Skedelkus en die suidelike Diamantkus. Weens die ligging van die kuslyn – op die punt waar die koue water van die Atlantiese Oseaan by Afrika uitkom – is daar dikwels baie digte mis.[60]

54% van die kuslyn is sanderige strande, 28% is sand en rots deurmekaar en 16% is slegs rotsagtig. Die kusvlaktes is “duinevelde” met korsmosse en ’n paar verspreide soutpanne. Naby die kus is daar gebiede waar die duine met plante bedek is.[61] Namibië is ryk aan kus- en seehulpbronne wat grootliks onverken is.[62]

Weer en klimaat

[wysig |wysig bron]
Sandduine in die Namibwoestyn teen aandskemer
Namibië is hoofsaaklik ’n groot woestyn en halfwoestyn plato

Namibië is geleë in die subtropiese hoëdrukgordel en neem af van sub-vogtig (gemiddelde neerslag hoër as 500 mm), na halfdroog (tussen 300 mm en 500 mm met die grootste gedeelte van die Kalahari wat in Namibië val) na onvrugbaar (tussen 150 mm en 300 mm). Hierdie drie klimaatstreke is landwaarts van die westelike platorand na die hiper-droë kusvlakte waar die neerslag minder as 100 mm gemiddeld is. Veranderlikheid in reënval en temperatuur is die kenmerk van die onvrugbare klimaat. Reënvalgemiddeldes wissel van minder as 100 mm per jaar oor die lengte van die Namibwoestyn tot 700 mm per jaar virKatima Mulilo en die oostelike punt van dieSambesi; veranderlikheid wissel van geen reënval na soveel as 800 mm en meer in ’n oorvloedige seisoen. Hoewel die kern van die reënvalseisoen – Januarie tot Maart – ongeveer 70% van die algehele reën kry word dit tot soveel as 95% wanneer November, Desember en April bygereken word. Reën is egter nie beperk tot hierdie maande nie. Dit is slegs in dieKawango en die Kaprivistrook se reënvalstasies waar die maandelikse minimum ten minste een reëndag het. Die verre-suidweste, vernaam byRosh Pinah se stasie is die swaarste reënval kwalik meer as 10 mm in een dag. Winterreëns is voorspelbaar in dieKaras enHardap-streke en bied vogtigheid vir die omgewing.

Die subtropiese hoëdrukgordel het gewoonlik wolklose dae en daar is meer as 300 sonskyndae per jaar. Dit is geleë aan die duidelike rand van die trope; dieSteenbokskeerkring loop naastenby in die middel van die land deur. Die winter is gewoonlik droog met reënval wat normaalweg in die somer plaasvind. Die klein reënseisoen is tussen September en November en die groot reënseisoen is tussen Februarie en April.[63] Humiditeit is laag en die gemiddelde reënval wissel van amper geen in die kuswoestyn tot meer as 600 mm in die Kaprivistrook. Reënval is egter hoogs veranderlik en droogtes is algemeen.[64]

Weer en klimaat in die kusgebied word oorheers deur die koue, noordvloeiendeBenguela-stroom van dieAtlantiese Oseaan wat verantwoordelik is vir ’n baie lae neerslag (gemiddeld 50 mm of minder per jaar), gereelde digte mis en algemeen laer temperature as in die res van die land.[64] In die winter kombergwinde of oosweer soms voor. Dit is ’n warm droë wind wat van die binneland na die kus waai. Aangesien die area agter die kus woestyn is kan hierdie winde in sandstorms ontwikkel, soveel so dat sandstortings in die Atlantiese Oseaan op satellietbeelde sigbaar is.[65]

Die Sentrale Plato en Kalahari het wye daaglikse temperatuurvariasies van soveel as 30°C.[64]

Efundja, die jaarlikse vloede in die noordelike dele van die land het dikwels skade aan infrastruktuur en lewensverlies tot gevolg.[66] Die reën wat hierdie vloede veroorsaak het hul oorsprong in Angola vanwaar dit in Namibië se Cuvelai-kom vloei en die vloedvlaktes (Oshanas inOshiwambo) opvul. Die ergste vloede het in Maart 2011 plaasgevind en 21,000 mense moes verplaas word.[67]

Ekonomie

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Ekonomie van Namibië.
Tsumeb se hoofstraat

Namibië se ekonomie is as gevolg van sy geskiedenis nou verbind met dié van Suid-Afrika.[68][69] Die grootste ekonomiese sektore is mynbou (10,4% van die bruto binnelandse produk in 2009), landbou (5,0%), vervaardiging (13,5%) en toerisme.[70]

Namibië het ’n hoogs ontwikkelde banksektor met moderne infrastruktuur soos aanlyn-bankwese, selfoon-bankwese ens. Die Bank van Namibië (BoN) is die sentrale bank van Namibië en is verantwoordelik vir alle pligte van ’n sentrale bank. Die vier grootste handelsbanke in Namibië is: Bank Windhoek, Eerste Nasionale Bank, Nedbank en Standard Bank.[71]

Namibië het ’n hoë werksloosheidskoers. “Streng werkloosheid” (mense wat aktief na werk soek) was in 2000 20,2%, in 2004 was dit 21,9% en in 2008 was dit 29,4%. Onder ’n breë definisie (insluitend mense wat opgehou soek het na werk) het werkloosheid van 36,7% in 2004 gestyg na 51,2% in 2008. Hierdie skatting ag mense in die informele werksektor as werksaam. Die Minister van Arbeid en Sosiale Welstand,Immanuel Ngatjizeko het die studie in 2008 geloof as “by verre beter in omvang en kwaliteit as enigiets wat dit vooraf gegaan het”[72] maar hierdie metodologie het kritiek ontlok.[73]

Ongeveer die helfte van die bevolking leef onder die internasionale broodlyn van VS$1,25 per dag.[74] Daar is ’n aantal wetgewende maatreëls in plek om armoede en werkloosheid te verlig. In 2004 is ’n arbeidswet afgekondig wat mense teen werksdiskriminasie op grond van hul MIV/Vigs-status beskerm. Vroeg in 2010 het die regering se tenderraad aangekondig dat “100 persent van alle ongeskoolde en halfgeskoolde arbeid voortaan sonder uitsondering vanuit Namibië bekom moet word”.[75]

Vervoer

[wysig |wysig bron]
DieB2 tussenSwakopmund enWalvisbaai, Namibië

Ten spyte van die afgeleë aard van groot dele van die land, het Namibië hawens, lughawens, snelweë en spoorweë (smalspoor). Die land streef daarna om ’n middelpunt vir vervoer in die gebied te word; dit het ’n belangrike hawe en verskeie land-ingeslote bure. Die Sentrale Plato dien reeds as ’n vervoerdeurgang vir die digter bevolkte noorde van Suid-Afrika (die bron van vier vyfdes van Namibië se invoere).[54]

Landbou

[wysig |wysig bron]
Verwelkomingsbord van die plaasBurgsdorf inHardap

Ongeveer die helfte van die bevolking is van landbou afhanklik (hoofsaaklik bestaansboerdery) vir hul lewensbestaan maar Namibië moet nietemin kos invoer. Hoewel die BBP per capita vyf keer hoër is as dié van Afrika se armste lande, woon die meeste van Namibië se bevolking in landelike gebiede en voer ’n bestaansleefwyse. Namibië het een van die wêreld se hoogste koerse van inkomste-ongelykheid, deels weens die feit dat daar ’n stedelike ekonomie en ’n landelike kontantlose ekonomie is. Die ongelykheidsyfer neem dus mense in ag wat nie werklik op die formele economie steun vir hul oorlewing nie.

Omstreeks 4 000 kommersiële boere besit ongeveer die helfte van Namibië se bewerkbare grond.[76] Die regerings van Duitsland en Groot-Brittanje finansier Namibië se grondhervormingsproses en die Namibiese regering het reeds grond van blanke boere begin onteien om grondlose swart Namibiërs van grond te voorsien.[77]

Daar is ooreengekom op die privatisering van verskeie ondernemings in die hoop dat dit buitelandse belegging sal stimuleer. Herbelegging van omgewingsafgeleide kapitaal het die Namibiese per capita-inkomste egter gekniehalter.[78] Een van die vinnig groeiende areas van ekonomiese ontwikkeling in Namibië is die toename van wildbewaringsgebiede. Hierdie natuurreservate is veral belangrik vir die landelike oorwegend werklose bevolking.

’n Watervoerende laag genaamd “Ohangwena II” is ontdek wat 800 000 mense in die noorde vir 400 jaar van water kan voorsien.[79] Kundiges skat dat Namibië 7720 km³ se ondergrondse water het.[80][81]

Mynbou en elektrisiteit

[wysig |wysig bron]
Myn naby Arandis

Mynbou is die belangrikste bydrae tot die Namibiese ekonomie en verskaf 25% van die inkomste.[82] Namibië is die vierde grootste uitvoerder van nie-brandstof minerale in Afrika en wêreld se vierde grootste produsent vanuraan. Daar is ’n noemenswaardige belegging in uraan-ontginning en Namibië gaan moontlik teen 2015 die wêreld se grootste uitvoerder van uraan wees.[83] Ryk spoeldiamantvelde maak Namibië ’n primêre bron van juweelkwaliteit diamante.[84] Hoewel Namibië hoofsaaklik bekend is vir sy juweeldiamante en uraanvelde word ’n aantal ander minerale sooslood,wolfram,tin,vloeispaat,mangaan,marmer,koper ensink ontgin. Daar is aflandige gasvelde in die Atlantiese Oseaan wat waarskynlik in die toekoms ontgin gaan word.[70] VolgensDie Diamantondersoek (The Diamond Investigation), ’n boek oor die wêreldwye diamantmark sedert 1978, hetDe Beers, die wêreld se grootste diamantmaatskappy, die meeste van die Namibiese diamante gekoop en sal hulle voortgaan om dit te doen omdat “watter regering ookal oorneem uiteindelik die inkomste nodig sal hê om te oorleef”.[85]

Binnelandse toevoerspanning is 220V (wisselstroom). Elektrisiteit word hoofsaaklik deur termiese en hidro-elektriese kragstasies van Nampower opgewek. Nie-konvensionele metodes van elektrisiteitsopwekking speel ook ’n rol. Die Namibiese regering word deur die ryk uraanvelde aangemoedig om teen 2018 ’n kernkragstasie op te rig. Dit blyk ook of uraanverryking plaaslik gedoen gaan word.[86]

Ruolie en aardgas

[wysig |wysig bron]

Volgens ramings in 2022 kan een eksplorasieskag in die aflandige Oranjekom twee miljard vate olie hou, terwyl ’n tweede drie miljard vate kan hou. Die verwagte inkomste kan Namibië se binnelandse ekonomie transformeer en volhoubare ontwikkelingsdoelwitte fasiliteer.[87]

Toerisme

[wysig |wysig bron]
Burgers van rooi lande mag Namibië sonder visum besoek
’n Voorbeeld van Namibiese wild, dieBontkwagga, ’n toerismefokus

Toerisme is ’n groot bydraer (14,5%) tot Namibië se BBP wat duisende werkgeleenthede skep (18,2% van Namibië se beroepsbevolking). Dit dien jaarliks meer as ’n miljoen toeriste op ’n direkte of indirekte wyse.[88] Die land is onder die hoofbestemmings in Afrika en is bekend virekotoerisme waarvan Namibië se uitgebreide wildlewe ’n kenmerk is.[89]

Daar is baie jaghuise en reservate om ekotoeriste te akkommodeer. Sportjag is ook gewild en speel ’n al hoe belangriker rol in die Namibiese ekonomie. 14% van die totale jaarlikse toerisme in 2000 (of VS$19,6 miljoen) was gewy aan sportjag deurdat baie spesies gesog is onder internasionale sportjagters.[90] Daarnaas is ekstreme sportsoorte soos sandplank en 4x4-veldry ook gewild en daar is baie maatskappye wat toere aanbied. Die gunstelingplekke, wat deur toeriste besoek word, sluit die Kaprivistrook, dieVisrivier-canyon,Sossusvlei, die Skedelkus,Sesriem, die Etoshapan en die kusdorpeSwakopmund,Walvisbaai enLüderitz in.[91]

Belasting en lewenskoste in Namibië

[wysig |wysig bron]

Lewenskoste in Namibië is relatief hoog omdat die meeste goedere ingevoer moet word. Sakemonopolië in sekere sektore sorg ook vir hoër winsmarges en verdere stygings in pryse. Windhoek is gelys as die 150ste duurste plek in die wêreld vir uitgewekenes.[92]

Persoonlike belasting is van toepassing op totale belasbare inkomste van ’n indiwidu en dit word op progressief marginale koerse oor ’n aantal inkomstegroepe belas. Belasting op toegevoegde waarde (BTW) is van toepassing op die meeste handelsware en dienste.[93]

Demografie

[wysig |wysig bron]
Herero-vroue in Windhoek
’n JongHimba-vrou in Namibië
Kinders in Khorixas, Namibië
’n San-man in Namibië
Duitse Namibiërs in Keetmanshoop, 1926

Namibië het die tweede laagste bevolkingsdigtheid van enige soewereine staat (naMongolië).[94] Die meerderheid van die Namibiese bevolking is van Bantoe-sprekende oorsprong – hoofsaaklik van Ovambo-etnisiteit (wat ongeveer die helfte van die bevolking uitmaak) en is woonagtig in die noorde van die land. Hulle is egter nou regoor Namibië versprei. Ander etniese groepe is die Herero's enHimba (wat ’n soortgelyke taal praat) en die Damaras wat dieselfde kliktaal as die Namas praat.

Benewens die Bantoe-meerderheid is daar groot groepe Khoisan-mense (soos die Namas en Boesmans) wat afstammelinge is van die oorspronklike bewoners van suider Afrika. Die land het ook afstammelinge van Angolese vlugtelinge. Daar is ook twee groepe van mense met gemengde rasse, genaamd dieBruines en dieBasters. Saam maak hulle 6,6% van die bevolking uit. Daar is ook ’n aantalHan-Sjinese in Namibië.[95]

Blankes vanPortugese,Nederlandse, Duitse, Britse enFranse oorsprong maak ongeveer 6,4% van die bevolking uit; hulle is getalsgewys die tweede grootste populasie van Europese oorsprong naas Suid-Afrika inAfrika suid van die Sahara.[11] Die meeste blanke Namibiërs en omtrent almal van gemengde herkoms praatAfrikaans en deel dieselfde oorsprong, kultuur en geloof as die blanke en bruin bevolkings van Suid-Afrika. ’n Kleiner verhouding van blankes (ongeveer 30 000) kan hul stambome direk terugvoer na Duitse koloniale setlaars en behou die Duitse kultuur en onderwysinstellings. Naastenby alle Portugese setlaars het uit die voormaligePortugese kolonie van Angola na Namibië gekom.[96] Volgens die sensus van 1960 was daar 526 004 mense in Suidwes-Afrika, insluitend 73 464 blankes (14%).[97]

Daar is elke tien jaar ’n sensus in Namibië. Na onafhanklikheid is die eerste Bevolkings- en Behuisingsensus in 1991 gehou, met daaropvolgende sensusse in 2001 en 2011.[98] Die metode van dataversameling is om elke persoon wat in Namibië woon op die nag van die sensus te tel, waarookal hulle mag wees – ’n statistiese prosedure watde facto-metode genoem word.[99] Vir opsommingsdoeleindes word die land in 4042opsommingsareas opgedeel. Hierdie areas oorvleuel nie met die grense van kiesafdelings nie sodat betroubare gegewens vir verkiesingsdoeleindes ook verkry kan word.[98]

Die Bevolkings- en Behuisingsensus van 2011 het ’n bevolking van 2 113 077 in Namibië getel. Tussen 2001 en 2011 was die jaarlikse bevolkingsgroeikoers 1,4%, ’n neerdaal van 2,6% in die vorige tydperk van tien jaar.[100]

Grootste stede

[wysig |wysig bron]
s  b  w
Grootste stede en dorpe vanNamibië
GeoNames
RanglysStadnaamStreekBevolking
Windhoek
Windhoek

Walvisbaai
Walvisbaai

1WindhoekKhomas322 500Rundu
Rundu

Swakopmund
Swakopmund

2WalvisbaaiErongo85 000
3RunduKawango63 431
4SwakopmundErongo44 725
5OshakatiOsjana36 540
6RehobothHardap28 843
7Katima MuliloSambesi28 362
8OtjiwarongoOtjozondjoepa28 249
9OndangwaOsjana22 822
10OkahandjaOtjozondjoepa22 639

Godsdiens

[wysig |wysig bron]
DieChristuskerk inWindhoek
Die Sint Mariakerk in Windhoek

Die Christelike gemeenskap maak tussen 80% en 90% van die Namibiese bevolking uit met minstens 50% hiervanLuthers, 20%Rooms-Katolieke, 5%Nederduitse Gereformeerdes en 5%Anglikane en ander denominasies.[101] 10% tot 20% van die bevolking beoefen inheemse gelowe.[11] Van die Duitse bevolking is sowat 5 200 lidmate van dieEvangelies-Lutherse Kerk in Namibië (DELK). Die kerk bedryf drie ouetehuise en twee preprimêre skole.

Sendingwerk gedurende die 1800’s, deur onder meer dieRynse Sendinggenootskap, het baie Namibiërs tot die Christenskap bekeer. Hoewel die meeste Namibiërs Luthers is, is daar ook Rooms-Katolieke,Metodistiese, Anglikaanse, Afrika Metodistiese Episkopaalse,Gereformeerde enRynse Christene.

Daarbenewens is daar ookMormone (Heiliges van die Laaste Dae) en sowat 100Jode.[102][103]

Taal

[wysig |wysig bron]
Hoewel die amptelike taal Engels is, kan uit hierdie foto (met voorbeelde van Engels, Duits, Afrikaans en Oshivambu) gesien word dat Namibië ’n veeltalige land is

Die land se amptelike taal is Engels. Tot 1990 het Duits en Afrikaans hierdie status met Engels gedeel. Lank voor Namibië se onafhanklikheid van Suid-Afrika het SWAPO besluit dat die land amptelik eentalig moet wees. Dit was ’n bewustelike besluit wat in teenstelling met sy buurlande beskou is as “ ’n doelbewuste beleid van etnolinguïstieke fragmentasie.”[104] Gevolglik het Engels die enigste amptelike taal van Namibië geword. Party ander tale het halfamptelike erkenning geniet deur toegelaat te word as onderrigmedium in primêre skole.

Die meerderheid van Namibiërs wat in die noorde van die land woon praatOshivambo maar die taal wat naastenby oral verstaan en gepraat kan word is Afrikaans. Onder die jonger geslagte is Engels en Afrikaans die tale wat wyd verstaan word. Afrikaans en Engels word primêr gebruik as die tweede taal vir openbare kommunikasie, maar klein gemeenskappe moedertaalsprekers van hierdie tale bestaan regdeur die land.

Hoewel Engels die enigste amptelike taal is, praat die blanke bevolking merendeels Duits of Afrikaans. Selfs 90 jaar na die einde van die Duitse koloniale era speel Duits steeds ’n leidende rol as kommersiële taal. Afrikaans word deur 60% van die blanke bevolking gepraat, Duits deur 32%, Engels deur 7% enPortugees deur 1%.[11] Die ligging naby die Portugeessprekende Angola verklaar die relatief hoë getal Portugeessprekendes.[105]Kombuis-Duits, ’n vereenvoudigde kontak- of mengeltaal, wat tydens die Duitse koloniale bewind ontwikkel is, word nog deur sowat 15 000 meestal bejaarde Namibiërs gepraat.

Afrikaans in Namibië

[wysig |wysig bron]
Afrikaans as vroeë verkeerstaal
[wysig |wysig bron]

Alhoewel Afrikaanssprekendes hulle al vroeër in Namaland gevestig het, dateer die eerste verwysing na hul aanwesigheid uit 1738. Jagters, handelaars en nuuskierige reisigers het dikwels besoeke aan die gebied gebring, terwyl Namakwa-gesinne en ander hulle daar gevestig het. Robert Gordon, ’n offisier in diens van dieVerenigde Oos-Indiese Kompanjie, het die Gariep in 1777 ter ere van dieNederlandseHuis van Oranje-Nassau, die Oranjerivier genoem.

Gedurende die 1780's het drie Afrikanerboere hulle tydelik so ver noord as Swartmodder, die huidige Keetmanshoop, gevestig. In 1796 het ’n groot groep Oorlamses, wat na hulself as Afrikaners verwys, hulle in ’n gebied net noord van die Oranjerivier in die suidooste van die land gevestig. ’n Deel van hierdie Afrikaanssprekende gemeenskap het later, in 1835, noordwaarts getrek na Aigams, ’n plek wat hulle Windhoek genoem het en wat vanaf 1890 as administratiewe sentrum van die Duitse kolonie Suidwes-Afrika sou dien.

Ander groepe van Oorlamses uit die Kaapkolonie, wat in 1806 onder Britse bewind gekom het, het later gevolg en hulle op plekke soos Bethanien, Gibeon en Naosanabis naby Gobabis gevestig. Afrikaans het sodoende as omgangstaal oor die hele suide van Namibië versprei. Sedert die 1820's het ook steeds groter getalle Afrikaanssprekende Basters uit die Kaapkolonie ’n nuwe tuiste in Namaland gevind en hulle so ver as Walvisbaai aan die Atlantiese Oseaankus gevestig. Hulle was hoofsaaklik in nedersettings soos Rehoboth suid van Windhoek en Rietfontein aan die rand van die Namibwoestyn in Oos-Namibië saamgetrek.

In die omgewing van Walvisbaai, wat reeds in 1793 onder hierdie naam bekend gestaan het, het daar al vroeg ’n behoefte aan ’n verkeerstaal ontstaan. Weens die oorheersende posisie, wat Afrikaanssprekende Oorlamses in Windhoek ingeneem het, en die aanwesigheid van Afrikaanssprekende gemeenskappe langs dieSwakoprivier, die hoofroete tussen die kusgebied en die binneland, was kennis van Afrikaans ’n noodsaaklikheid vir reisigers, handelaars en jagters wat besoeke aan Herero- en Damaraland gebring het. Reisigers soos Sir Francis Galton, Charles John Anderson, James Chapman en William Coates Palgrave was tydens hul toere in die gebied op Afrikaanssprekende tolke aangewese.

Die gebruik en status van Afrikaans is in die 19de eeu deur ’n aantal faktore bevorder. Sendinggenootskappe – soos dieLondense,Rynse en Wesleyaanse Sendinggenootskap – het die Christelike godsdiens vanaf 1805 in die suidelike en vanaf 1842 in die sentrale dele ingevoer. Terwyl sendelinge moeite gedoen het om inheemse tale soos Nama en Herero vir hulle sendingwerk aan te leer, het almal dit nuttig gevind om ook Afrikaans ofNederlands vir hierdie doelwit te gebruik. Afrikaanse taallesse was dus ook deel van die opleiding aan die Augustineum, ’n opvoedkundige instelling vir sendelinge wat in 1864 opOtjimbingwe gevestig is, ’n plek aan die oewer van die Swakoprivier wat vinnig tot ’n smeltkroes van kulture ontwikkel het.

Namahoofde soos David Christiaan in Bethanien en Oorlamse leiers soos Jonker Afrikaner in Windhoek en Moses Witbooi inGibeon het daarop aangedring dat kinders in Afrikaans (destyds gewoonlik "Hollands" genoem) onderrig moes word. Afrikaans het daarnaas die status van saketaal gehad waarin feitlik alle handelsaktiwiteite plaasgevind het. Jonker Afrikaner het handelsbande aktief bevorder deur die bou van paaie wat deur die bergagtige terrein van Auas en die Khomas-hoogland rondom Windhoek geloop het.

’n Derde faktor, wat die status van Afrikaans bevorder het, was die feit dat die taal nie net op hoëfunksie-gebiede soos onderwys en godsdiens gebruik is nie, maar ook vir formele onderhandelinge en ooreenkomste. Belangrike vredesooreenkomste tussen Nama-, Oorlams-, Baster- en Herero-partye is in respektiewelik Nederlands en Afrikaans gesluit, en die taal is ook in alle dokumente gebruik wat by grondverkope onderteken moes word. In die suide was Afrikaans die taal van die plaaslike administrasies wat deur hoofde en hul rade gebesig is.

Afrikaans het sodoende in die tyd voor die Duitse kolonisasie op ’n informele wyse die status van ampstaal geniet. Vir twee derdes van die gebied van die huidige Namibië het Afrikaans as algemene moeder- en verkeerstaal in die privaat sfeer, in onderwys en in die kerklike lewe gedien.

Terwyl ’n aantal handelaars van hoofsaaklik Engelse afkoms hulle op verskillende plekke in die land gevestig het, het Afrikaanssprende blankes vanaf 1885 na die gebied geïmmigreer. Deur grond van Namas, Oorlamses en Basters te koop of te leen, het hierdie Afrikaners, wat hulle permanent as boere in die land gevestig het, ’n deel van die Namibiese bevolking geword.

Afrikaans gedurende die Duitse koloniale bewind
[wysig |wysig bron]

Gedurende die 18de en vir die grootste deel van die 19de eeu het alle taalkundige ontwikkelinge in die land op ’n natuurlike wyse plaasgevind. Die prentjie het egter verander toe die Duitse Ryk die gebied tussen die Kunenerivier in die noorde, die Oranjerivier in die suide, die Atlantiese Oseaan in die weste en die Kalahariwoestyn in die ooste as sy oorsese besitting oorgeneem het. Die koloniale bewind is deur ’n verdragstelsel gevestig waarvolgens inheemse bevolkingsgroepe hulle aan die gesag van die Duitse keiser onderwerp het. In ruil hiervoor is hulle onder sy "beskerming" geplaas. Sommige gemeenskappe soos die Oorlamses onder Witbooi en die Herero's in die Gobabisgebied het weerstand teen die Duitsers gebied, maar in 1894 was die hele land suid van die Etoshapan onder Duitse koloniale bewind.

Die Duitse bewind was daarop gemik om ’n Duitse karakter aan die kolonie te gee, veral deur die stigting van Duitse instellings en die bevordering van Duitse immigrasie, maar aanvanklik is Afrikaans se status nie aangetas nie. Afrikaans is steeds gebruik vir briefwisseling, onderhandelinge en ooreenkomste. Omstreeks 1900 is van Duitse amptenare egter verwag om Duits as enigste ampstaal te vestig. So is daarop aangedring dat dieRynse Sendinggenootskap in sy skole Afrikaans deur Duits moes vervang. Sendelinge het wel ingestem om Duits as bykomende skoolvak te onderrig, maar gewaarsku dat dit in opvoedkundige opsig nie raadsaam sou wees om Duits as onderrigmedium af te dwing nie, juis omdat Afrikaans al lank as algemene omgangstaal gevestig was.

Afrikaans tydens die Suid-Afrikaanse administrasie van Suidwes-Afrika
[wysig |wysig bron]

Taalkundige inmenging van regeringskant was iets wat versigtig gehandhaaf moes word, nie net tydens die Duitse bewind tussen 1884 en 1915 nie, maar ook nadat die kolonie ná die Eerste Wêreldoorlog as mandaatsgebied van die Volkebond deur dieUnie van Suid-Afrika geadministreer is. Net soos in Suid-Afrika is Nederlands en Engels as ampstale ingevoer. Aanvanklik is hoofsaaklik Engels as administratiewe taal gebruik, en eers nadat Afrikaans Nederlands in 1925 as ampstaal in Suid-Afrika vervang het, het dié taal toenemend ingang tot regeringsake gevind. In die volgende dekades is Afrikaans, net soos in Suid-Afrika, deur sommige politieke kringe met die beleid van rasseskeiding verbind.

Afrikaans in die onafhanklike Namibië
[wysig |wysig bron]
Die verspreiding van Afrikaans in Namibië volgens die Sensus van 2001

Toe Namibië in 1990 onafhanklik geword het, het Afrikaans, net soos Duits, sy status as ampstaal kwytgeraak. Nogtans was in 1991 sowat die helfte van alle 765 000 geletterdes in die land Afrikaanssprekend. Afrikaans was ook allesbehalwe ’n taal van blanke Afrikaners, maar is van begin af deur mense van alle etniese groepe gebesig sodat blanke Afrikaanssprekendes steeds ’n minderheid verteenwoordig het. Afrikaanssprekende Namibianers is trots op hulle afkoms, en wys dit deur hul taalgebruik. Namibië se Afrikaanse dagblad,Die Republikein, het die tweede grootste sirkulasie na die anglofoneThe Namibian, terwyl die Namibiese uitsaaikorporasie NBC steeds Afrikaanse programme uitsaai. Die getal Afrikaanse radiostasies, media en boekvrystellings het selfs gegroei.[106]

Tans kan driekwart van die Namibiese bevolking Afrikaans praat of verstaan, en dit is nie waarskynlik dat die taal ooit sal verdwyn nie. Weens die oorheersende rol van Engels as onderwystaal (moedertaalonderrig in openbare skole is beperk tot grade 1 tot 3) sal Afrikaanse lees- en skryfvaardighede onder jongmense moontlik gaandeweg afneem, net soos die belangrikheid van Afrikaans as verkeerstaal. Volgens berigte word in biblioteke teen Afrikaans gediskrimineer, en al is dit geen amptelike beleid nie, word geen nuwe Afrikaanse boeke aangeskaf nie.[107]

Gesondheid

[wysig |wysig bron]
Verspreiding van Vigs in Namibië

By geboorte was dielewensverwagting van ’n Namibiër 52,2 jaar in 2012 – onder die laagste in die wêreld.[11] Die Vigsepidemie is ’n groot probleem in Namibië. Hoewel die omvang van infeksie aansienlik laer is as Botswana, het ongeveer 13,1% van die volwasse bevolking MIV.[108] In 2001 was daar ’n geraamde 210 000 mense wat MIV gehad het en in 2003 was die sterfte as gevolg daarvan 16 000. Volgens UNAIDS se 2011-verslag “wil dit voorkom of die epidemie afplat.”[109] Soos wat die epidemie die ouer bevolking laat krimp het, het die getal weeskinders toegeneem. Die onus lê op die regering om opvoeding, kos, skuiling en klerasie aan hierdie wesies te bied.[110]

Die probleem vanmalaria word ook nog vererger deur die Vigsepidemie. Navorsing toon dat die risiko in Namibië 14,5% groter is om malaria te kry indien ’n persoon ook Vigs het. Die sterfterisiko van malaria neem ook toe met 50% wanneer daar ’n gelyklopende MIV-infeksie is.[111] Gegewe die koers van infeksie van malaria, kan dit vir die regering moeilik wees om die mediese en ekonomiese impakte van die epidemie te hanteer. In 2002 was daar slegs 2002 dokters in Namibië.[112]

Kultuur

[wysig |wysig bron]

Opvoeding

[wysig |wysig bron]
Hoërskoolleerders
Klaskamer van ’n Namibiese staatskool
Ingang van die Hifikepunye Pohamba-kampus van dieUniversiteit van Namibië inOngwediva
’n Regering-befondsde mobiele skool virHimba-kinders in Ottati, Kunene-streek

Namibië het ’n verpligte gratis opvoedingstelsel vir kinders tussen 6 en 16. Grade 1–7 is laeronderwys en grade 8–12 is hoëronderwys. In 1998 was daar 400 325 leerlinge in laerskole en 115 237 in hoërskole. Die leerling-onderwyserverhouding is in 1999 geskat as 32:1 met ongeveer 8% van die BBP wat op opvoeding spandeer word.[113] Kurrikulumontwikkeling, opvoedkundige navorsing en professionele ontwikkeling van onderwysers word deur die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling in Okahandja georganiseer.[114]

Die meeste skole in Namibië is staatskole maar daar is ook ’n aantal privaat skole wat deel uitmaak van die land se opvoedingstelsel. Daar is vier onderwyskolleges, drie landboukolleges, ’n polisie-opleidingskollege, dieNamibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (eertydse Politegnikum van Namibië) en ’nnasionale universiteit.

Sedert onafhanklikwording het onder meer die volgende privaat skole tot stand gekom:

NaamLiggingOnderrigmediumJaar gestigWebtuiste
Privaatskool MoriaOutjoAfrikaans1991Privaatskool-Moria.comGeargiveer 11 Maart 2016 opWayback Machine
Windhoek Afrikaanse PrivaatskoolWindhoekAfrikaans1995Wap.edu.za
Constantia Private SchoolWindhoekEngelsCpsgo.org
Windhoek GymnasiumWindhoekEng. (Afr. gr. 1–7)2007WindhoekGymnasium.comGeargiveer 14 Oktober 2012 opWayback Machine
Privaatskool SwakopmundSwakopmundEng. (Duits gr. 1–7)OnbekendPSS.com.na
Privaatskool ElnatanStamprietAfrikaans1992Privaatskool-Elnatan.com
Zambezi PrivaatskoolKatima MuliloAfrikaansOnbekendOnbekend
Tsumeb GimnasiumTsumebAfrikaansOnbekendTsumeb-Gimnasium.com
Berg-op AkademieOkahandjaAfr. gr. 1–3, Eng. gr. 4–122008BergopAkademie.com
Pro-Ed AkademieSwakopmundAfr. gr. 1–12, Eng. 1–5, 8–101995Pro-Ed-Swakopmund.com
Edugate AkademieOtjiwarongoAfr. gr. 1–4, Eng. gr. 5–122003Edugate.org.za
Excelsior PrivaatskoolAroabAfrikaansOnbekendOnbekend
Keetmanshoop PrivaatskoolKeetmanshoopAfrikaans1996Keetmanshoop-Privaatskool.com
Mariental Gymnasium Private SchoolMarientalEngels2016Onbekend
Grootfontein Agri CollegeGrootfonteinAfrikaans2011Onbekend
Gobabis GimnasiumGobabisAfr. gr. 1–3, Eng. gr. 4–122000GobabisGymansium.edu.za
Privaat Hoërskool WalvisbaaiWalvisbaaiEng. (sedert 1995)1961WBPHS.com

Gemeenskapsgebaseerde wildbewaringsgebiede

[wysig |wysig bron]
Kokerboomwoud, Bosveld

Namibië is een van min lande in die wêreld wat die bewaring en beskerming van natuurlike hulpbronne spesifiek in sy grondwet aanspreek.[115] Artikel 95 lui “Die Staat sal die welstand van die mense aktief bevorder en onderhou deur internasionale beleide te aanvaar wat op die volgende gemik is: onderhoud van ekostelsels, noodsaaklike ekologiese prosesse en biologiese verskeidenheid van Namibië en die gebruik van lewende natuurlike hulpbronne op ’n volhoubare basis tot voordeel van alle Namibiërs, nou en in die toekoms.”[115]

In 1993 het die Namibiese regering befondsing van dieVerenigde State se Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling (USAID) ontvang deur sy projek Leef in ’n Beperkte Omgewing (LIFE).[116] Die Ministerie van Omgewing en Toerisme vorm saam met organisasies soos USAID, die Bedreidge Wildlewetrust, die Wêreldwye Natuurfonds en die Kanadese Ambassadeursfonds ’n Gemeenskapsgebaseerde Natuurlike Hulpbronbestuur-ontersteuningstruktuur. Die hoofdoel van hierdie projek is om volhoubare natuurlike hulpbronbestuur te bevorder deur plaaslike gemeenskappe regte tot wildsbestuur en toerisme te gee.[117]

Sport

[wysig |wysig bron]
Windhoek seSam Nujoma-stadion net voor ’n o/20-sokkerwedstryd tussen Namibië en Suid-Afrika in Maart 2008
DieNamibiese rugbyspan

In 1990 het die Republiek van Namibië ’n lidland van die Britse Statebond geword en ook syNasionale Olimpiese Komitee (NOK) gevestig om sy belange in dieInternasionale Olimpiese Komitee (IOK) te behartig. Die Namibiese NOK is in die volgende jaar amptelik deur die IOK erken. Die nasionale span het sy debuut tydens dieStatebondspele van 1994 gemaak wat inVictoria,Kanada, gehou is. Sedertdien het Namibiese atlete hul land gereeld by die Statebondspele verteenwoordig.[118]

Namibië se nasionale sportsoorte isnetbal,rugby ensokker,[119] waarvan laasgenoemde dié land se gewildste sportsoort is. DieNamibiese sokkerspan het vir dieAfrikanasiesbeker 2008 gekwalifiseer maar kon nog nie vir ’nSokker-Wêreldbekertoernooi kwalifiseer nie. Die nasionale span met die meeste sukses is egter dienasionale rugbyspan wat al aan sewerugbywêreldbekertoernooie deelgeneem het. Namibië is verteenwoordig by die1999,2003,2007,2011,2015,2019 en2023-toernooie. Die span word as die naasbeste Afrikaspan na die Suid-AfrikaanseSpringbokke beskou en ding gereeld met ander opkomende rugbyspanne in die Afrikabeker mee. Hulle het dié toernooi al nege keer gewen, meer as enige ander span.

Krieket is ook gewild en dienasionale krieketspan het aan dieKrieketwêreldbeker 2003, wat in Suid-Afrika, Kenia en Zimbabwe aangebied is, deelgeneem. In Desember 2017 het die Namibiese Krieketraad vir die eerste keer die eindstryd van die Suid-Afrikaanse Provinsiale Krieket-Eendag-uitdaging bereik.[120] In Februarie 2018 het Namibië die IKR Wêreld Krieketliga se Divisie 2 met Namibië,Kenia, dieVerenigde Arabiese Emirate,Nepal,Kanada enOman gehuisves, ’n uitspeelrondte ter voorbereiding op dieKrieketwêreldbeker 2019-kwalifisering van 2018 in Zimbabwe, waartydens vir die laaste twee plekke meegeding is.[120] Die Namibiese krieketspan het in 2019 vir dieT20I-wêreldbeker 2021 inOman en dieVerenigde Arabiese Emirate gekwalifiseer. Tydens dié toernooi het Namibië in sy openingswedstrydNederland verslaan en vervolgens ’n verrassende oorwinning teenIerland aangeteken, waarmee hulle vir die eerste keer tot die tweede rondte, die Super 12 gevorder het.[121] Hier het hulle net daarin geslaag omSkotland te klop en is in al die ander vier wedstryde deurAfghanistan,Pakistan,Nieu-Seeland enIndië geklop en sodoende uit dié toernooi geskakel.[122] In November 2021 is Namibië saam met Suid-Afrika en Zimbabwe as medegasheer vir dieKrieketwêreldbeker 2027 benoem.[123] Tydens dieT20I-wêreldbeker 2022 se eerste rondte in Australië het hulleSri Lanka verslaan,[124] maar ná nederlae teenNederland en dieVerenigde Arabiese Emirate is hulle uit dié toernooi geskakel.[125] Tydens dieT20I-wêreldbeker 2024 se eerste rondte in dieVerenigde State enWes-Indië het die Namibiërs Oman geklop, maar hulle het daarna nederlae gely teen Skotland,Australië enEngeland.[126]

Rolskaatshokkie is vir die eerste keer in 1995 gespeel en het ook toegeneem in gewildheid. Die nasionale vroue rolskaatshokkiespan het in die Wêreldkampioenskap 2008 van dieInternasionale Rolskaatssportfederasie deelgeneem. Namibië bied een van die strafste wedlope, die Namibiese ultramarathon, aan. Die bekendste Namibiese naelloper isFrankie Fredericks. Hy het vier Olimpiese silwermedaljes gewen (1992 en 1996) en het ook medaljes van verskeie Wêreldatletiekkampioenskappe. Hy is ook bekend vir sy humanitêre aktiwiteite binne en buite Namibië.[127]

Frankie Fredericks is die mees bekende Namibiese naelloper en het hom in die 100 en 200 m gespesialiseer. Hy het al vier Olimpiese silwermedaljes (in1992 en1996), maar ook verskeie medaljes tydens IAAF se Atletiese Wêreldkampioenskappe gewen.[128] Die gholfspelerTrevor Dodds het in 1998 die Groter Greensboro-ope, en van 15 toernooie in sy loopbaan, ingepalm. Hy het in dieselfde jaar sy beste rang op die wêreldranglys behaal, naamlik 79.[129] Die beroepsfietsryer en Namibiese padwedloopkampioenDan Craven het Namibië tydens dieOlimpiese Somerspele 2016 in beide padwedloop en individuele tydtoets verteenwoordig.[130] Die bokserJulius Indongo was in 2016 en 2017 die wêreldkampioen in die WBA, IBF en IBO se onderskeidelike ligte weltergewig-afdelings.[131]

Media

[wysig |wysig bron]
Die Windhoek Observer se hoofkantoor
Kenteken van die Republikein
Kenteken van die Allgemeine Zeitung

Hoewel Namibië se bevolking betreklik klein is, het die land ’n wye mediaverskeidenheid: twee televisiestasies, 19 radiostasies (gemeenskapsradiostasies is nie ingesluit nie), 5 dagblaaie, verskeie weekblaaie en spesiale publikasies ding mee om ’n gehoor. Daarbenewens is daar ook baie buitelandse media, veral vanuit Suid-Afrika, beskikbaar. Aanlynmedia is hoofsaaklik gebaseer op die inhoud van gedrukte media. Namibië het ’n staatsbeheerde persagentskap genaamd NAMPA (Namibiese Persagentskap).[132]

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Die eerste koerant in Namibië was dieWindhoek Anzeiger wat in 1898 gestig is. Radio is in 1969 bekendgestel en televisie in 1981. Gedurende die Duitse bewind het die koerante hoofsaaklik nuus aan die Duitssprekende gemeenskap gebied. Die media is ook grootliks beïnvloed deur Suid-Afrika.

Gedrukte media

[wysig |wysig bron]

The Namibian,Republikein (die enigste Afrikaanse dagblad buite Suid-Afrika),Allgemeine Zeitung (die enigste Duitse dagblad in Afrika),[133] dieNamibian Sun en die staatsbeheerdeNew Era is dagblaaie in Namibië. Buiten die grootste dagblad, "The Namibian", wat deur ’n trust besit word, en New Era, is die ander koerante privaat blaaie en deel van Namibia Media Holdings (NMH, tot 2014 bekend as Democratic Media Holdings).[132]

Ander noemenswaardige nuusblaaie is die poniekoerantInformanté wat deur TrustCo besit word, die weekblaaieWindhoek Observer enNamibia Economist en die streeksbladNamib Times (gemik opSwakopmund enWalvisbaai).Insight Namibia enPrime Focus is tydskrifte wat aktuele sake bespreek.Sister Namibia staan uit as die langslopende tydskrif van ’n nieregeringsorganisasie in Namibië terwylNamibia Sport die enigste nasionale sporttydskrif is. Voorts word die drukmark aangevul deur partypublikasies, studenteblaaie en tydskrifte van openbare betrekkinge.[132]

Uitsaaiwese

[wysig |wysig bron]

Die uitsaaisektor word oorheers deur die staatsbeheerdeNamibiese Uitsaaikorporasie (nbc). Die openbare uitsaaier bied ’n televisiestasie asook ’n “Nasionale Radio” in Engels en nege taaldienste in inheemse tale. Die nege privaat radiostasies in die land is hoofsaaklik Engels behalwe vir Radio Omulunga (Oshiwambo) en Kosmos 94.1 (Afrikaans).

Sedert die 2000’s het One Africa Television wat in privaatbesit is, met die Namibiese Uitsaaikorporasie begin meeding.[132][134]

Vryheid

[wysig |wysig bron]

Vergeleke met buurlande het Namibië sterk mediavryheid. Oor die laaste paar jaar is die land gewoonlik in die boonste kwart van die statistiek van Verslaggewers Sonder Grense, en was 21ste in 2010.[135] Die land is dus gelyk met Kanada en is die besgeplaasde Afrikaland.

Die Persvryheidsindeks en die Afrika-mediabarometer toon soortgelyke positiewe resultate. Soos in ander lande is daar egter steeds noemenswaardige invloed van staats- en ekonomiese verteenwoordigers op die media in Namibië.[132] Sommige van hierdie probleme word gereflekteer in die val na 44ste op die 2009-lys van die Verslaggewers Sonder Grense.[136]

Organisasies

[wysig |wysig bron]

Media en joernaliste in Namibië word verteenwoordig deur die Namibiese afdeling van die Media Instituut van Suider-Afrika en die Redakteursforum van Namibië. ’n Onafhanklike media-ombudsman is in 2009 aangestel om ’n staatsbeheerde mediaraad te voorkom.[132]

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]

Voetnotas

[wysig |wysig bron]
  1. (af)"Communal Land Reform Act, Afrikaans"(PDF). Regering van Namibië. Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 25 Februarie 2016. Besoek op11 September 2016.
  2. (de)"Communal Land Reform Act, German"(PDF). Regering van Namibië. Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 9 Oktober 2019. Besoek op11 September 2016.
  3. "Communal Land Reform Act, Otjiherero"(PDF). Regering van Namibië. Besoek op11 September 2016.[dooie skakel]
  4. "Communal Land Reform Act, Rukwangali"(PDF). Regering van Namibië. Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 25 Februarie 2016. Besoek op11 September 2016.
  5. "Communal Land Reform Act, Lozi"(PDF). Regering van Namibië. Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 25 Februarie 2016. Besoek op11 September 2016.
  6. "Communal Land Reform Act, Khoekhoegowab"(PDF). Regering van Namibië. Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 25 Februarie 2016. Besoek op11 September 2016.
  7. "Communal Land Reform Act, Oshiwambo"(PDF). Regering van Namibië. Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 1 Maart 2016. Besoek op11 September 2016.
  8. "Communal Land Reform Act, Setswana"(PDF). Regering van Namibië. Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 25 Februarie 2016. Besoek op11 September 2016.
  9. (en)Shugart, Matthew Søberg (September 2005)."Semi-Presidential Systems: Dual Executive and Mixed Authority Patterns"(PDF).Graduate School of International Relations and Pacific Studies. United States: University of California, San Diego. Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 19 Augustus 2008. Besoek op19 Augustus 2008.
  10. (en)Shugart, Matthew Søberg (Desember 2005)."Semi-Presidential Systems: Dual Executive And Mixed Authority Patterns"(PDF).French Politics.3 (3). Palgrave Macmillan Journals:323–351.doi:10.1057/palgrave.fp.8200087.ISSN 1476-3419. Besoek op21 Maart 2019.
  11. 11,011,111,211,311,411,511,611,7(en)"Namibia".Central Intelligence Agency. Besoek op21 Maart 2025.
  12. (en)"Namibia 2023 Population and Housing Census Main Report"(PDF). Namibiese Statistiekagentskap. Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 10 November 2024. Besoek op21 Maart 2025.
  13. 13,013,113,213,3(en)"Namibia".Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2024. Besoek op21 Maart 2025.
  14. (en)"Human Development Report 2023/2024"(PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op21 Maart 2025.
  15. (en)"Gini Index – Namibia".Wêreldbank. Besoek op21 Maart 2025.
  16. (en)"Location".Botswana Tourism. 21 Maart 2019.
  17. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,ISBN 978-1-77578-243-8
  18. (en)"The Man Who Named Namibia- Mburumba Kerina".The Namibian. 9 September 2014. Besoek op21 Maart 2019.
  19. (en)Peter Shadbolt (24 Oktober 2012)."Namibia country profile: moving on from a difficult past".CNN.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Februarie 2020. Besoek op21 Maart 2019.
  20. (en)Spriggs, A. (2001)."Africa: Namibia".Wêreldnatuurlewefonds.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2020. Besoek op21 Maart 2019.
  21. (en)Dierks, Klaus."Biografieë van Namibiese Persoonlikhede, A".Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2019. Besoek op21 Maart 2019.
  22. (en)Dierks, Klaus."Warmbad word tweehonderd".Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2019. Besoek op21 Maart 2019.
  23. Vedder 1997, p. 177.
  24. Vedder 1997, p. 659.
  25. (en)Joubert, Bruce."'n Historiese perspektief op die gebruik van dierkrag in Suid-Afrika"(PDF). Animal Traction Network for Eastern and Southern Africa.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 2 Maart 2019. Besoek op21 Maart 2019.
  26. (en)"Duits-Suidwes-Afrika".Encyclopædia Britannica.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2019. Besoek op21 Maart 2019.
  27. (de) Drechsler, Horst (1980). Die werklike sterftegevalle in die relatief min veldslae was nie so baie nie, en meeste sterftes het plaasgevind ná die veldslae as gevolg van ’n bevel wat deurLothar von Trotha uitgevaardig is. ’n Aansienlike minderheid van Herero's het oor die Kalahari na Betsjoeanaland gegaan waar ’n klein gemeenskap steeds woon (in Wes-Botswana) naby die Namibiese grens.Ons sal vegtend sterf, aanvanklik in 1966 uitgegee onder die titel “Südwestafrika unter deutsche Kolonialherrschaft”. Berlyn: Akademie-Verlag.
  28. (en) Mohamed Adhikari, "'Bloedstrome en geldstrome': Nuwe perspektiewe op die uitwissing van die Herero- en Namavolke van Namibië, 1904–1908,"Kronos: Tydskrif van Kaapse geskiedenis 2008 34: 303–320
  29. (en) Benjamin Madley, "Van Afrika na Auschwitz: Hoe Duits-Suidwes-Afrika idees en metodes gekweek het wat deur die Nazi’s in Oos-Europa gebruik is,"European History Quarterly 2005 35(3): 429–464 sê dit het die Nazi’s beïnvloed.
  30. (fr) Robert Gerwarth, et al. "L'Antichambre de l'Holocauste? A propos du Debat sur les Violences Coloniales et la Guerre d'Extermination Nazie" ("Die voorkamer van die sjoa? Die debat oor koloniale geweld en die Nazi-oorlog van uitwissing")Vingtième Siècle 2008 (99): 143–159 meen die meeste geleerdes het nie gedink dat die Nazi’s beïnvloed is nie.
  31. (de) Reinhart Kössler, en Henning Melber, "Völkermord und Gedenken: Der Genozid an den Herero und Nama in Deutsch-Südwestafrika 1904–1908," ("Volksmoord en herinnering: die volksmoord van die Herero en Nama in Duits-Suidwes-Afrika, 1904–08")Jahrbuch zur Geschichte und Wirkung des Holocaust 2004: 37–75
  32. (en)Andrew Meldrum (15 Augustus 2004)."German minister says sorry for genocide in Namibia".The Guardian.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2020. Besoek op21 Maart 2019.
  33. (en)"Namibiese Onafhanklikheidsoorlog 1966–1988". Armed Conflict Events Database. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 1 Mei 2018. Besoek op21 Maart 2019.
  34. (en)Petronella Sibeene (17 April 2009)."Swapo word 49".New Era. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 18 Februarie 2012. Besoek op21 Maart 2019.
  35. (en)Klaus Dierks Chronologie van Namibiese Geskiedenis, 1977
  36. (en)"Chronologie van Namibiese Onafhanklikheid". Klausdierks.com.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op21 Maart 2019.
  37. (en)"Treaty between the Government of the Republic of South Africa and the Government of the Republic of Namibia with respect to Walvis Bay and the off-shore Islands, 28 February 1994"(PDF).Verenigde Nasies.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020. Besoek op21 Maart 2019.
  38. (en)"Landverslag: Fokus op Namibië". Statebond-sekretariaat. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 24 September 2012. Besoek op21 Maart 2015.
  39. 39,039,1(en)"IRIN-landprofiel vir Namibië". IRIN. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 17 Februarie 2010. Besoek op21 Maart 2015.
  40. (en)"Hage Geingob: Namibia's president dies aged 82".BBC. 4 Februarie 2024. Besoek op21 Maart 2025.
  41. 41,041,1(en)"Namibia's 35th Independence Day Anniversary and Swearing-in of the 5th President of Namibia".The Namibian. 21 Maart 2025. Besoek op21 Maart 2025.
  42. (en)"ICJ FINDS THAT KASIKILI/SEDUDU ISLAND FORMS PART OF TERRITORY OF BOTSWANA".Verenigde Nasies. 13 Desember 1999.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2019. Besoek op21 Maart 2019.
  43. (en)Namibian_President/Constitution eisa.org.za:Namibia: Constitution Besoek op 21 Maart 2015.
  44. (en)Shivute, Peter (2008). "Voorwoord". In Bösl, Anton; Horn, Nico (reds.).Die onafhanklikheid van die regbank in Namibië(pdf). Publications sponsored by Konrad Adenauer Stiftung. Macmillan Education Namibia. p. 10.ISBN 978-99916-0-807-5. Besoek op21 Maart 2019.
  45. (en)swapoparty.org:SWAPO: Dominant party?Geargiveer 3 Maart 2016 opWayback Machine. Besoek op 21 Maart 2019.
  46. (en)"Namibia's President Hage Geingob wins re-election".BBC. 1 Desember 2019. Besoek op11 Oktober 2022.
  47. (en)Maureen Kinyanjui (4 Februarie 2024)."Nangolo Mbumba sworn in as Namibia's fourth President". The Star Kenya. Besoek op21 Maart 2025.
  48. (en)africanhistory.about.com:Africa and the CON. Besoek op 21 Maart 2019.
  49. (en)Hopwood, Graham (Februarie 2012). "Vlieg hoog".Insight Namibia.
  50. (en)Matundu-Tjiparuro, Mae (28 Februarie 2011). "Khomas-streek, 'n konstitusionele, politieke en geografiese hibriede".Fokus op: Khomas-streek. aanvullung totNew Era. p. 3.
  51. (en)"Namibië Nasionale Raad". Inter-Parliamentêre Unie.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2018. Besoek op21 Maart 2019.
  52. (en)"Local Authorities". Association of Local Authorities in Namibia.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Februarie 2019. Besoek op21 Maart 2015.
  53. (en)"Landsat.usgs.gov". Landsat.usgs.gov. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 7 September 2008. Besoek op21 Maart 2015.
  54. 54,054,1(en) World Almanac. 2004.
  55. (en) Spriggs, A. 2001.(AT1315)
  56. (en) Spriggs, A. 2001.(AT1316)
  57. (en) Cowling, bl. 2001.
  58. (en) Spriggs, A. 2001.(AT0709)
  59. (en)"NASA – Namibië se Kuswoestyn". www.nasa.gov.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Maart 2019. Besoek op21 Maart 2019.
  60. (en)"'n Inleiding tot Namibië". www.geographia.com.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Junie 2001. Besoek op21 Maart 2019.
  61. (en)"NACOMA – Namibiese Kusbewaring- en Bestuursprojek". www.nacoma.org.na. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 21 Julie 2009. Besoek op21 Maart 2015.
  62. (en)Sparks, Donald L."Namibië se kus- en see-ontwikkelingspotensiaal – Sparks 83 (333): 477 – African Affairs". afraf.oxfordjournals.org. Besoek op21 Maart 2015.
  63. (en)"Die Reënseisoen". Real Namibia.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Januarie 2016. Besoek op21 Maart 2015.
  64. 64,064,164,2(en)"Namibië".Encyclopædia Britannica.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op21 Maart 2019.
  65. (en)Olszewski, John (25 Junie 2010)."Om weer te begryp – nie te voorspel nie".Namibia Economist.
  66. (en)Adams, Gerry (15 April 2011)."Verlammende vloede tref noordelike en sentraal-Namibië". United Nations Radio. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 20 Desember 2016.
  67. (en)van den Bosch, Servaas (29 Maart 2011)."Swaarste vloede nog ooit in Namibië".The Namibian.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Augustus 2018.
  68. (en) (Central Intelligence Agency, 2007)
  69. (en) (Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake, 2007)
  70. 70,070,1(en)"Agtergrondnota: Namibië". VS Departement van Buitelandse Sake. 21 Maart 2019.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2019.
  71. (en)"Bank van Namibië (BoN)".Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op21 Maart 2019.
  72. (en)Duddy, Jo-Mare (4 Februarie 2010)."Helfte van alle Namibiërs werkloos".The Namibian. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 3 Maart 2012.
  73. (af)Ndjebela, Toivo (18 November 2011)."Mwinga praat oor sy bevindinge".New Era. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 12 Januarie 2013. Besoek op12 Januarie 2013.
  74. (en)"Menslike Ontwikklingsindekse, tabel 3: Menslike en inkomste-armoede"(pdf).Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op21 Maart 2019.
  75. (en)Mongudhi, Tileni (3 Februarie 2010)."Tenderraad lê strenger reêls neer om werke te beskerm".The Namibian. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 3 Maart 2012.
  76. (en)"Spanning sluimer soos Namibië boerderygrond opdeel".The New York Times. 25 Desember 2004.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2019. Besoek op21 Maart 2019.
  77. (en)"Namibië: Sleutel stap in grondhervorming afgehandel". The New Humanitarian.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2019. Besoek op21 Maart 2019.
  78. (en) (Lange, 2004)
  79. (en)McGrath, Matt (20 Julie 2012)."Groot waterdraende laag in Namibië gevind, kan vir eeue hou". BBC World Service.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2020. Besoek op21 Maart 2019.
  80. (en)McGrath, Matt (20 April 2012)."'Groot' waterhulpbron bestaan onder Afrika". BBC World Service.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Oktober 2019. Besoek op21 Maart 2015.
  81. (en)A.M. MacDonald; Bonsor, H.C.; Dochartaigh, B.É.Ó.; Taylor, R.G. (19 April 2012)."Kwantitatiewe kaarte van ondergrondse waterhulpbronne in Afrika".British Geological Survey.7 (2).doi:10.1088/1748-9326/7/2/024009. Besoek op21 Maart 2019.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  82. (en)"Mynbou in Namibië"(PDF). NIED. Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 18 Oktober 2013. Besoek op21 Maart 2015.
  83. (en)Oancea, Dan."Uraan-ontginning by Namibië se Heinrich-myn"(pdf).
  84. (en)Oancea, Dan."Diepsee-ontginning en verkenning". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 27 Junie 2017. Besoek op27 Junie 2017.
  85. (en)Epstein, Edward Jay. "1".Die Diamantondersoek. in ’n onderhoud metHarry Frederick Oppenheimer, eienaar van De Beers.
  86. (en)Weidlich, Brigitte (7 Januarie 2011)."Uraan: Help dit om Namibië te red of te verdrink?".The Namibian. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 16 Mei 2012.
  87. (en)Brandt, Edgar (8 April 2022)."Namibia: Orange Basin potential shoots up to billions of barrels". All Africa. allafrica.com. Besoek op13 April 2022.
  88. (en)"'n Raamwerk/Model om torisme-BBP in Suid-Afrika te normaliseer". Pan African Research & Investment Services. Maart 2010. p. 34.
  89. (en)Hartman, Adam (30 September 2009)."Toerisme in goeie kondisie – Minister".The Namibian.
  90. (en)Humavindu, Michael N; Barnes, Jonothan I. (Oktober 2003). "Trofeejag in die Namibiese ekonomie: 'n Assessering".South African Journal of Wildlife Research.33 (2). Omgewingsekonomie-eenheid, Direktoraat van Omgewingsake, Ministerie van Omgeing en Toerisme, Namibië.:65–70.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  91. (en)namibiatourism.com.na:Namibia top tourist destinationsGeargiveer 27 Desember 2016 opWayback Machine. Besoek op 21 Maart 2015.
  92. (en)"Namibië, Windhoek Lewenskoste".Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2019. Besoek op21 Maart 2019.
  93. (en) PAYE12 Volume 18 uitgegee deur Die Ministerie van Finansies in Namibië
  94. (en)Departement van Ekonomiese en Sosiale Sake Bevolkingsafdeling (2009)."Wêreld Bevolkingsvooruitskatting, Tabel A.1"(pdf). 2008-hersiening. Verenigde Nasies. Besoek op21 Maart 2015.{{cite journal}}:Cite journal requires|journal= (hulp)
  95. (en)Sjina en Afrika: Sterker ekonomiese bande beteken meer migrasie, deur Malia Politzer,Migration Information Source, Augustus 2008
  96. (en)Vlug van Angola,The Economist, 16 Augustus 1975, besoek op 21 Maart 2019.
  97. (en)Lalita Prasad Singh (1980).Die Verenigde Nasies en Namibië. East African Publishing House.
  98. 98,098,1(en)"Sensus opsommende verslag". Nasionale Beplanningskommissie van Namibië. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 28 Augustus 2013. Besoek op21 Maart 2015.
  99. (en)Kapitako, Alvine (8 Augustus 2011)."Namibië: 2011-sensus amptelik afgeskop".New Era. via allafrica.com.
  100. (en)Duddy, Jo Maré (28 Maart 2013)."Census gives snapshot of Namibia's population".The Namibian. Besoek op11 September 2016.
  101. (de)www.bpb.de: Lexika – Fischer Weltalmanach 2013: Namibia
  102. (en)"U.S. Department of State". State.gov. 10 Junie 2010.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2019. Besoek op21 Maart 2015.
  103. (en)Jewish Vritual Library. URL besoek op 21 Maart 2019.
  104. (en) Pütz, Martin.Amptelike eentaligheid in Afrika: ’n sosiolinguïstieke assessering van linguistieke en kulturele pluralisme in Afrika. in: Diskriminasie deur taal in Afrika? Perspektiewe op die Namibiese ervaring. Mouton de Gruyter. Berlin: 1995. bl. 155.
  105. (en)Sasman, Catherine (15 Augustus 2011), "Portugees gaan in skole ingevoer word", The Namibian, http://www.namibian.com.na/index.php?id=28&tx_ttnews%5Btt_news%5D=85817&no_cache=1, besoek op 21 Maart 2015 
  106. (af)www.namibianederland.net: Só het Afrikaans na Namibië gekom
  107. (af)fak.org.za: Afrikaans in NamibiëGeargiveer 5 Maart 2016 opWayback Machine
  108. (en)Hivinsight.comGeargiveer 7 Julie 2014 opWayback Machine, MIV InSite Kennisbasis, Omvattende opdatum inligting oor MIV/Vigs-behandeling, -voorkoming en -beleid van die Universiteit van Kalifornië San Francisco
  109. (en) UNAIDS Wêreld Vigsdagverslag 2011, UNAIDS, archived fromthe original on 17 Junie 2020, https://web.archive.org/web/20200617224932/https://files.unaids.org/en/media/unaids/contentassets/documents/unaidspublication/2011/JC2216_WorldAIDSday_report_2011_en.pdf, besoek op 21 Maart 2019 
  110. (en) (aidsinafrica.net, 2007)
  111. (en) (Korenromp, et al. 2005)
  112. (en)"Who.int"(PDF). Afro.who.int. Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 7 Januarie 2010. Besoek op21 Maart 2015.
  113. (en)Ensiklopedie van Nasies Namibië – Opvoeding
  114. (en)"Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling". Nied.edu.na.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op21 Maart 2019.
  115. 115,0115,1(en) (Stefanova 2005)
  116. (en) (Gemeenskapsgebaseerde Natuurlike Hulpbronbestuur, datum onbekend)
  117. (en) (UNEPet al. 2005)
  118. (en)"Namibia". The Commonwealth Games Federation. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 28 Julie 2014. Besoek op28 Julie 2014.
  119. (en)Cabinet approves categorisation of sports codes. Namibia Press Agency, 2 Augustus 2018.
  120. 120,0120,1(en)Helge Schütz (19 Desember 2017)."Namibia Cricket Year Review".The Namibian.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op24 Augustus 2018.
  121. (en)Hemant Brar (22 Oktober 2021)."Wiese, Erasmus the heroes as Namibia qualify for the Super 12s". ESPNcricinfo. Besoek op9 November 2021.
  122. (en)Andrew Voerman (6 November 2021)."Late batting surge sets Black Caps up to beat Namibia at Twenty20 World Cup". Stuff. Besoek op9 November 2021.
  123. (en)Nagraj Gollapudi (16 November 2021)."USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op16 November 2021.
  124. (en)Andrew Fidel Fernando (16 Oktober 2022)."Namibia kick off World Cup in style with famous upset". ESPNcricinfo. Besoek op20 Oktober 2022.
  125. (en)"UAE beat Namibia to send Netherlands into Super 12 at T20 World Cup".The Namibian. 20 Oktober 2022. Besoek op20 Oktober 2022.
  126. (en)Valkerie Baynes (15 Junie 2024)."Harry Brook, Jonny Bairstow rescue act keeps England alive". ESPNcricinfo. Besoek op16 Junie 2024.
  127. (en) Tonchi, Victor L., William A. Lindeke, and John J. Grotpeter, "Frederics, Frankie (1967- )" Historical Dictionary of Namibia. 2nd edition. Toronto: The Scarecrow Press, Inc, bl. 129.
  128. (en)"IAAF World Championships in Athletics".www.gbrathletics.com.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 November 2019. Besoek op20 November 2019.
  129. (en)"Week 19 1998 Ending 10 May 1998"(PDF).Official World Golf Ranking.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 25 September 2019. Besoek op20 November 2019.
  130. (de)"Der Letzte, der auch ein grosser Sieger ist: Dan Craven, der bärtige Veloprofi aus Namibia".watson.ch.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op20 November 2019.
  131. (en)"Ricky Burns loses WBA super-lightweight belt to Julius Indongo in Glasgow".BBC. 16 April 2017.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Desember 2018. Besoek op20 November 2019.
  132. 132,0132,1132,2132,3132,4132,5(en) Rothe, Andreas (2010): Mediastelsels en nuusseleksie in Namibië. bl. 14–96
  133. (en)Die geskiedenis van Namibia Media HoldingsGeargiveer 16 Maart 2017 opWayback Machine. URL besoek op 30 Oktober 2017.
  134. (en)One Africa TV – agtergrondGeargiveer 28 September 2010 opWayback Machine
  135. (en)Persvryheidsindeks 2010 – Verslaggewers Sonder GrenseGeargiveer 24 November 2010 opWayback Machine
  136. (en)Persvryheidsindeks 2009 – Verslaggewers Sonder GrenseGeargiveer 28 Januarie 2012 opWayback Machine

Bibliografie

[wysig |wysig bron]

Bronnelys

[wysig |wysig bron]
Algemeen

Algemene verwysings

[wysig |wysig bron]
  • (en) AIDSinAfrica.net Web Publikasie (2007), URL besoek op 20 Mei 2007. VanAidsinafrica.net
  • (en) Christy, S.A. (2007) Namibiese Reisfotografie
  • (en) Gemeenskapsgebaseerde Natuurlike Hulpbronbestuur (CBNRM) Programbesonderhede (s.a.).Met.gov.naGeargiveer 9 Junie 2007 opWayback Machine
  • (en) Cowling, S. 2001. Vetplant-Karoo (AT 1322) Wêreld Wildlefefonds-webblad:Worldwildlife.org
  • (en) Horn, N/Bösl, A (reds), Menseregte en die oppergesag van die reg in Namibië, Macmillan Namibia 2008.
  • (en) Horn, N/Bösl, A (reds), Die onafhanklikheid van die regbank in Namibië, Macmillan Namibia 2008.
  • (en) KAS Feiteboek Namibië, Feite en syfers omtrent die status en ontwikkeling van Namibië, Ed. Konrad-Adenauer-Stiftung e.V.
  • (en) Korenromp, E.L., Williams, B.G., de Vlas, S.J., Gouws, E., Gilks, C.F., Ghys, P.D., Nahlen, B.L. (2005). Malaria toe te skryf aan dieMIV-1 epidemie, Sub-Sahara Afrika.Emerging Infectious Diseases, 11(9):1410–1419.
  • (en) Lange, Glenn-marie. 2004. Rykdom, natuurlike kapitaal en volhoubare ontwikkeling: teenstrydige voorbeelde van Botswana en Namibië.Environmental & Resource Economics, 29(3):257–83, Nov.
  • (fr) Fritz, Jean-Claude. La Namibie indépendante. Les coûts d'une décolonisation retardée, Paris, L'Harmattan, 1991.
  • (en) Spriggs, A. 2001. Namibwoestyn (AT1315) Wêreld Wildlefefonds-webblad:Worldwildlife.org
  • (en) Spriggs, A. 2001. Namibiese Savanne-boomveld (AT1316) Wêreld Wildlefefonds-webblad:Worldwildlife.org
  • (en) Spriggs, A. 2001. Namibian Savanne-boomveld (AT0709) Wêreld Wildlefefonds-webblad:Worldwildlife.org
  • (en)Stefanova K. 2005. Die beskerming van Namibië se natuurlike hulpbronne. EjournalUSA.Geargiveer 10 Januarie 2008 opWayback Machine
  • (en) UNEP, UNDP, WRI, en World Bank. 2005. Natuur in plaaslike hande: ’n saak vir Namibië se bewareas.Wri.orgGeargiveer 15 Julie 2007 opWayback Machine
  • (en) World Almanac. 2004. World Almanac Books. New York, NY

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metNamibië.
SienNamibië in Wiktionary, die vrye woordeboek.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit dieEngelse Wikipedia vertaal.
Vlag van Sint Helena Sint HelenaAtlantiese OseaanVlag van Angola AngolaVlag van Zambië ZambiëVlag van Zimbabwe Zimbabwe
Atlantiese OseaanVlag van Botswana Botswana
  Vlag van Namibië Namibië    
Vlag van Tristan da Cunha Tristan da CunhaAtlantiese OseaanVlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Artikels oor Namibië 
Geskiedenis
Geografie
Politiek
Ekonomie
Samelewing
Lande en gebiede inAfrika
Onafhanklike lande
Omstrede gebiede
Afhanklike gebiede
Frankryk
Portugal
Spanje
Verenigde Koninkryk
Lande van
1. Landdeels inAsië.
Lidlande
Leiers
Voorsitters
Sekretarisse-Generaal
Sien ook
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Kunstenaars
Mense
Ander

Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Namibië&oldid=2845293"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp