’nDag-en-nag-ewening, soms net ’nnagewening of ookekwinoks genoem (Latyn: aequinoctium, "gelyke nag"), is wanneer dieSon loodreg bo dieewenaar skyn. Anders gestel, dit is wanneer die Son op een van die snypunte van diesonnebaan en diehemelewenaar lê.
Met die dag-en-nag-ewenings is die lengte van die dag en nag oral op Aarde ewe lank en kom die Son presies in die ooste op. ’n Uitsondering hierop is by dieNoord- enSuidpool: daar kom die Son met een ewening op en sak hy met die volgende ewening.
Twee nagewenings vind elke jaar plaas, op of rondom20 Maart en23 September. Omdat hulle in dieSuidelike Halfrond onderskeidelik die begin van die herfs en lente aandui, word hulle ook soms dieherfsnagewening enlentenagewening genoem. In dieNoordelike Halfrond werk dit andersom: die Maart-ewening is die begin van die lente en die September-ewening die begin van die herfs.
Verskeie antieke en moderne konstruksies is so gebou dat die Son op die nagewenings op ’n spesiale manier daarin of daarop skyn, byvoorbeeld deur ’n deuropening of op ’n bepaalde punt. Voorbeelde daarvan isStonehenge, diePiramide van Cheops en diePantheon inRome.