Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

NSU Ro 80

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
NSU Ro 80

DieNSU Ro 80 was 'n tegnologies gevorderde grootsedan-tipemotor vervaardig deur dieDuitse maatskappyNSU van1967 tot1977. Mees noemenswaardig was die enjin; 'n 115 bhp (86 kW), 995 cc dubbel-rotorWankelenjin metvoorwielaandrywing deur 'n koppellaarlosesemi-outomatiese ratkas. Dit is in1968 deurEuropese motorjoernaliste gekies asMotor van die jaar.

Ongelukkig vir NSU, het die motor vroeg 'n reputasie vir onbetroubaarheid ontwikkel wat dit nooit kon afskud nie. Die Wankelenjin in besonder het onder meer gelei aan swaar slytasie van die rotorpuntseels, en sommige karre het 'n totaal herboude enjin benodig voor 30 000 myl (50 000 km). Gebrekkige begrip van die Wankelenjins deur motorhandelaars en motorwerktuigkundiges het nie gehelp om die saak te beredder nie. Teen die1970modeljaar, is meeste van die probleme opgelos, maar die skade aan die motor se reputasie en NSU se finansiële situasie was onherstelbaar. NSU is in1969 deurVolkswagen aangeskaf.

NSU Ro 80 klubbyeenkoms in Antwerpen, 1993
NSU Ro 80, IAA-Modell, Museum Autovision,Altlußheim,Deutschland

Ander tegnologiese eienskappe van die Ro 80 bo en behalwe die kragbron was die vierwiel skyfremme, steeds 'n rariteit onder karre van die klas op daardie tydstip. Die voorste remme was binneboords gemonteer wat dieongeveerde gewig verminder het. Die vering was onafhanklik op al vier wiele, metMacPherson-stutte aan die voorkant ensemi-volgarmvering aan die agterkant, beide met ruimtebesparende ontwerpe wat vandag algemeen gebruik word.Tandstang-en-kleinratkragstuur is gebruik wat hedendaagse ontwerpe vooruitgeskou het.

Die ontwerp deurClaus Luthe, wat hoof van ontwerp by NSU en laterBMW was, was op daardie stadium as baie modern beskou en slaag vandag nog; die Ro 80 was al deel van menige galleryuitslallings van moderne industriële ontwerp. Die groot glas oppervlak het die 1970's ontwerpe vanCitroën vooruitgeskou. Die vorm was baie glibberig, met 'nsleurkoëffisiënt van 0.355 (byna ongeēwenaar vir die tydperk, alhoewel gemiddeld vir moderne motors).

Reeks produksie het in Oktober1967 'n aanvang geneem: die laaste voorbeelde het van die produksielyn gerol in April 1977. Slegs 37 400 voertuie is tydens die tienjaar produksielopie vervaardig.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=NSU_Ro_80&oldid=2720635"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp