Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

NAVO

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vlag van die NAVO[1]
Kenteken van die NAVO
Ligging van die NAVO
Die toetreding van die Bondsrepubliek Duitsland in 1955
Die NAVO en dieWarskouverdragslande tydens dieKoue Oorlog
Lidlande volgens jare
Kandidaatlande van die NAVO in Europa:

   Lidlande

   Kandidaatlande (MAP)

   Belowe uitnodiging

   Geen lidmaatskap beplan

   Houding oor toetreding onbekend

DieNoord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO;Engels:North Atlantic Treaty Organization,NATO;Frans:Organisation du traité de l'Atlantique nord,OTAN) is 'n militêre bondgenootskap wat tot stand gekom het met die ondertekening van dieNoord-Atlantiese Verdrag op 4 April 1949. Die organisasie se hoofkantoor is inBrussel inBelgië geleë. Die organisasie het 'n stelsel van gemeenskaplike verdediging daargestel waar die lidlande instem om mekaar te verdediging in geval van 'n aanval deur 'n eksterne party. Hierdie verdrag het 'n militêre bondgenootskap gesluit wat later die Westerse Europese Unie sou word. Die NAVO het tans 32 lidlande en dieamptelike tale isEngels enFrans.[2]

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Begin van die organisasie

[wysig |wysig bron]

DieVerdrag van Brussel wat op 17 Maart 1948 tussenBelgië,Nederland,Luxemburg,Frankryk en dieVerenigde Koninkryk onderteken is, word allerweë as die voorloper van die NAVO verdrag beskou. Die deelname van dieVerenigde State is egter as nodig geag om as teenvoeter te dien vir die militêre mag van dieSowjetunie en daarom is samesprekings feitlik onmiddellik na die ondertekening van bogenoemde verdrag begin. Hierdie samesprekinge het gelei tot die stigting van dieNoord-Atlantiese Verdrag wat op 4 April 1949 onderteken is. Dit het die lande van die Brusselse verdrag ingesluit asook die Verenigde State,Kanada,Portugal,Italië,Noorweë,Denemarke enYsland. Drie jaar later op 18 Februarie 1952 hetGriekeland enTurkye ook aangesluit. Die insluiting vanWes-Duitsland op 9 Mei 1955 is as 'n beduidende keerpunt in die geskiedenis van die Europese kontinent beskryf deur die destydse Minister van Buitelandse sake vanNoorweë,Halvard Lange. Die stap het inderdaad gelei tot die sluiting van dieWarskouverdrag, wat op 14 Mei 1955 deur die Sowjetunie en sysatellietstate onderteken is. Sodoende is die twee kante van dieKoue Oorlog afgebaken.

Tydens die Koue Oorlog

[wysig |wysig bron]

NAVO-eenheid is vroeg in sy bestaan bedreig tydensCharles de Gaulle se presidentskap van Frankryk vanaf 1958 en later. De Gaulle het beswaar aangeteken teen die Verenigde State se oorheersende rol in die organisasie en wat hy beskou het as 'n spesiale verhouding tussen die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk. In 'n memorandum wat de Gaulle aan PresidentDwight D. Eisenhower en Eerste MinisterHarold Macmillan gestuur het op 17 September 1958, het hy vertoë gerig vir die skepping van 'n drieledige direktoraat wat Frankryk op 'n gelyke grondslag as die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk sou plaas en ook dat die geografiese gebiede van belang uitgebrei moes word na wêrelddele wat vir Frankryk van belang was, soos onder andereAlgerië, waar Frankryk in 'n teeninsurgensieveldtog betrokke was en waarvoor hulle NAVO ondersteuning wou hê.

De Gaulle het die antwoord onbevredigend gevind en begin om 'n onafhanklike verdedigingsmag vir sy land te bou. Op 11 Maart 1959 het Frankryk sy Middellandse vloot vanuit NAVO-bevel onttrek; drie maande later het de Gaulle die plasing van buitelandsekernwapens op Franse grondgebied verban. Dit het daartoe gelei dat die Verenigde State in 1967 tweehonderd militêre vliegtuie onttrek het en die beheer van tien lugmagbasisse, wat hulle sedert 1950 beheer het, weer aan die Franse te oorhandig.

Frankryk het ook intussen begin werk aan 'n onafhanklike kernprogram. Frankryk het hulle eerste kernwapen op 13 Februarie 1960 getoets. Ten spyte van Frankryk se solidariteit met die res van NAVO tydens dieKubaanse missielkrisis in 1962 het de Gaulle voortgegaan met sy strewe na 'n onafhanklike verdedigingsmag en Frankryk se Atlantiese- enEngelse Kanaalvloot vanuit NAVO-bevelstrukture verwyder. In 1966 is alle Franse gewapende magte vanuit NAVO-bevel verwyder en is alle nie-Franse NAVO-troepe gevra om Frankryk te verlaat. Frankryk het egter 'n lid van NAVO gebly en het in 1995 weer by NAVO se Militêre Komitee aangesluit en werksverhoudinge met NAVO se militêre strukture versterk.

Die skepping van NAVO het dit noodsaaklik gemaak datmilitêre tegnologie gestandaardiseer moes word en dat daar 'n eenvormigestrategie, deurBevel-, Beheer- en Kommunikasiesentrums ontwikkel moes word. Daar is gevolglik 'n standaardisasie ooreenkoms gesluit. Die 7.62x51 NAVO rondte is toe onder andere in die 1950's as 'n standaard rondte vir gewere van NAVO-lande in gebruik geneem.Fabrique Nationale seFAL het toe die mees gewilde 7.62 NAVO geweer in Europa geword en diens gedoen tot in die vroeë 1980's. Vliegtuie se bevelseine is ook gestandaardiseer sodat NAVO-vliegtuie op enige NAVO-basis sou kon land. Ná die dood van die fascistiese diktatorFrancisco Franco en die oorgang na 'ngrondwetlike monargie in 1975 kon Spanje op 30 Mei 1982 by NAVO aansluit.

Sedert die val van die Ystergordyn

[wysig |wysig bron]

Ná die val van dieYstergordyn en die oorgang na demokrasie kon die Oos-Europese lande, wat voorheen Warskouverdraglande was, nie net by dieEuropese Unie aansluit nie, maar ook NAVO-lede word. Reeds op 3 Oktober 1990 het met die Duitse hereniging die gebied van die voormaligeDuitse Demokratiese Republiek NAVO-gebied geword. Op 12 Maart 1999 het metHongarye,Pole enTsjeggië die eerste Oos-Europese lande NAVO toegetree. Op 29 Maart 2004 het die grootste uitbreiding sedert 1949 gevolg, toeBulgarye,Estland,Letland,Litaue,Roemenië,Slowakye enSlowenië lede van die verdedigingsalliansie geword het. In die jare daarna het 'n aantalBalkanlande gevolg, metAlbanië enKroasië op 1 April 2009,Montenegro op 5 Junie 2017 enNoord-Masedonië op 27 Maart 2020.

DieRussiese inval in Oekraïne sedert 2022 het in beide Swede en Finland tot 'n spoedige herbesinning oor albei lande se tradisionele militêre neutraliteit gelei.[3] Nadat herhaaldelike meningspeilings 'n toename vir 'n NAVO-lidmaatskap getoon het, het op 17 Mei 2022 Finland en Swede 'n gesamentlike aansoek vir lidmaatskap ingedien,[4] wat op 18 Mei by die NAVO-hoofkantoor inBrussel aan die destydse sekretaris-generaalJens Stoltenberg oorhandig is.[5] Op 4 April 2023 het Finland NAVO toegetree[6] en op 7 Maart 2024 het Swede gevolg.[7] Daarmee is al die Skandinawiese lande vir die eerste keer sedert die ontbinding van dieKalmarunie in 1523 weer lede van een (en dieselfde) militêre alliansie.[8][9]

Lidlande

[wysig |wysig bron]
Europese NAVO-lidlande volgens jaar
DatumGeskiedenis van die lidmaatskap van die NAVONo.
4 April 1949Vlag van België België,Vlag van Denemarke Denemarke,Vlag van Frankryk Frankryk,Vlag van Italië Italië,Vlag van Kanada Kanada,Vlag van Luxemburg Luxemburg,Vlag van Nederland Nederland,Vlag van Noorweë Noorweë,Vlag van Portugal Portugal,Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk,Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State,Vlag van Ysland Ysland12
18 Februarie 1952Vlag van Griekeland Griekeland enVlag van Turkye Turkye14
6 Mei 1955Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitslanda15
30 Mei 1982Vlag van Spanje Spanje16
12 Maart 1999Vlag van Hongarye Hongarye,Vlag van Pole Pole enFlag of the Czech Republic Tsjeggië19
29 Maart 2004Vlag van Bulgarye Bulgarye,Vlag van Estland Estland,Vlag van Letland Letland,Vlag van Litaue Litaue,Vlag van Roemenië Roemenië,Vlag van Slowakye Slowakye enVlag van Slowenië Slowenië26
1 April 2009Vlag van Albanië Albanië enVlag van Kroasië Kroasië28
5 Junie 2017Vlag van Montenegro Montenegro29
27 Maart 2020Flag of the Republic of Macedonia Noord-Masedonië30
4 April 2023Vlag van Finland Finland31
7 Maart 2024Vlag van Swede Swede32

a Op 3 Oktober 1990 het die deelstate ofLänder van die voormaligeDuitse Demokratiese Republiek tot die voormalige Bondsrepubliek Duitsland toegetree en outomaties deel van die NAVO geword.

Kandidaatlande

[wysig |wysig bron]

'n Huidige kandidaatland isBosnië en Herzegowina, moontlike kandidaatlande isGeorgië enOekraïne.

Sekretaris-generaals

[wysig |wysig bron]
Mark Rutte, die NAVO se sekretaris-generaal sedert 1 Oktober 2024[10]

Spitsberade

[wysig |wysig bron]
Die NAVO se Spitsberaad van 1999 inWashington, D.C. – 50 jaar NAVO
Die NAVO se Spitsberaad van 2002 inPraag
NAVO-vennootskappe wêreldwyd:

   NAVO-lidlande

   Kandidaatlande

   Individuele vennootskapsaksieplan

   Vennootskap vir Vrede

   Mediterrane dialoog

   Istanboelse samewerkingsinisiatief

   Wêreldwye vennote

Europese lande volgens lidmaatskap:

   Lidland van slegs dieEuropese Unie

   Lidland van slegs die NAVO

   Lidland van albei organisasies

NAVO-spitsberade[11]
JaarDatumLandStadGasheerleier
195716–19 DesemberVlag van Frankryk FrankrykParysPresidentRené Coty
197426 JunieVlag van België BelgiëBrusselEerste MinisterLeo Tindemans
197529–30 MeiVlag van België BelgiëBrusselEerste Minister Leo Tindemans
197710–11 MeiVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde KoninkrykLondenEerste ministerJames Callaghan
197830–31 MeiVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde StateWashington, D.C.PresidentJimmy Carter
198210 JunieVlag van Wes-Duitsland Wes-DuitslandBonnKanselierHelmut Schmidt
198521 NovemberVlag van België BelgiëBrusselEerste ministerWilfried Martens
19882–3 MaartVlag van België BelgiëBrusselEerste minister Wilfried Martens
198929–30 MeiVlag van België BelgiëBrusselEerste minister Wilfried Martens
19894 DesemberVlag van België BelgiëBrusselEerste minister Wilfried Martens
19905–6 JulieVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde KoninkrykLondenEerste ministerMargaret Thatcher
19917–8 NovemberVlag van Italië ItaliëRomeEerste MinisterGiulio Andreotti
199410–11 JanuarieVlag van België BelgiëBrusselEerste ministerJean-Luc Dehaene
199727 MeiVlag van Frankryk FrankrykParysPresidentJacques Chirac
19978–9 JulieVlag van Spanje SpanjeMadridEerste ministerJosé María Aznar
199923–25 AprilVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde StateWashington, D.C.PresidentBill Clinton
200221–22 NovemberFlag of the Czech Republic TsjeggiëPraagEerste ministerVladimír Špidla
200428–29 JunieVlag van Turkye TurkyeIstanboelEerste ministerRecep Tayyip Erdoğan
200522 FebruarieVlag van België BelgiëBrusselEerste ministerGuy Verhofstadt
200628–29 NovemberVlag van Letland LetlandRigaEerste ministerAigars Kalvītis
20082–4 AprilVlag van Roemenië RoemeniëBoekarestPresidentTraian Băsescu
20093–4 AprilVlag van Frankryk FrankrykFrankryk
Vlag van Duitsland Duitsland
Straatsburg
Kehl
PresidentNicolas Sarkozy
KanselierAngela Merkel
201019–20 NovemberVlag van Portugal PortugalLissabonEerste ministerJosé Sócrates
201220–21 MeiVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde StateChicagoPresidentBarack Obama
20144–5 SeptemberVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde KoninkrykNewport enCardiffEerste ministerDavid Cameron
20168–9 JulieVlag van Pole PoleWarskouPresidentAndrzej Duda
201811–12 JulieVlag van België BelgiëBrusselSekretaris-generaalJens Stoltenberg
202114 JunieVlag van België BelgiëBrusselSekretaris-generaalJens Stoltenberg
202229–30 JunieVlag van Spanje SpanjeMadridEerste ministerPedro Sánchez
202311–12 JulieVlag van Litaue LitaueVilniusPresidentGitanas Nausėda
20249–11 JulieVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde StateWashington, D.C.PresidentJoe Biden
202524–25 JunieVlag van Nederland NederlandDen HaagEerste ministerDick Schoof
20267–8 JulieVlag van Turkye TurkyeAnkaraPresidentRecep Tayyip Erdoğan
2027MNAWVlag van Albanië AlbaniëTiranaEerste MinisterEdi Rama

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)"A Star is Born". NAVO. Besoek op3 Oktober 2024.
  2. (en)"What is NATO?". NAVO. Besoek op3 Oktober 2024.
  3. (de)"NATO-Beitritt als Schutzschild in Reichweite". Österreichischer Rundfunk. 9 April 2022. Besoek op3 Oktober 2024.
  4. (de)"Beitrittserklärung unterzeichnet: Schweden beantragt Aufnahme in NATO". Tagesschau. 17 Mei 2022. Besoek op3 Oktober 2024.
  5. (de)Helena Gries, Lukas Zigo, Sonja Thomaser, Nadja Austel, Vincent Büssow, Christian Stör (18 Mei 2022)."NATO-Beitritt: Schweden und Finnland bekommen Unterstützung". Frankfurter Rundschau. Besoek op3 Oktober 2024.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  6. (en)"Finland joins NATO as 31st Ally". NAVO. 4 April 2023. Besoek op3 Oktober 2024.
  7. (en)"Sweden officially joins NATO". NAVO. 7 Maart 2024. Besoek op3 Oktober 2024.
  8. (de)Ronald D. Gerste (30 Mei 2023)."Unabhängigkeit von Schweden – Alter Schwede". Die Zeit. Besoek op3 Oktober 2024.
  9. (de)Linda Koponen (28 Februarie 2024)."Gewinnt die Nato nach Schwedens Beitritt die alleinige Kontrolle über die Ostsee? Es ist kompliziert – eine Analyse in Karten". Neue Zürcher Zeitung. Besoek op3 Oktober 2024.
  10. (en)"NATO Secretary General". NAVO. Besoek op3 Oktober 2024.
  11. (en)"NATO Summit Meetings". NAVO. Besoek op9 September 2025.

Bronnelys

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metNAVO.
Leiers vanNAVO-lidlande
Sekretarisse-generaal van dieNAVO
Streeksorganisasies
Liggame
Onderwerpe
Organisasie
Geskiedenis
Konsepte
Teorie
Verwante velde
Internasionaal
Nasionaal
Akademie
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=NAVO&oldid=2836873"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp