"Verily I have seen the tract of it over the high pitches and steep descents of hills, wonderfully rising and falling."
Die Elisabethaanse oudheidkenner William Camden wat in 1599 een van die vroegste argeologiese beskrywings van die Muur van Hadrianus gegee het[1]
Die Muur van Hadrianus (in bruin aangedui) in die uiterste noorde van Engeland, strek byna van kus tot kusDie Muur van Hadrianus naby Goldsborough, 'n nedersetting inNoord-YorkshireDie sogenaamdeVindolanda tablets - Romeinse skryftablette, vernoem na 'n grensfort inNorthumberland - is van die opspraakwekkendste argeologiese vondse wat langs die Muur van Hadrianus gemaak is. Dun houtblaaie, waarop teks met ink geskryf is, was 'n meer bekostigbare alternatief totpapirusrolle. 25 tablette is so onlangs as 2017 ontdekTablet 291, wat in die Britse Museum te Londen bewaar word, is die bekendste van die tablette - 'n brief wat deur Claudia Severa geskryf en aan Sulpicia Lepidina, vrou van die kommandeur, gerig is. Sulpicia Lepidina word na haar vriendin se verjaardagpartytjie uitgenooi (ontstaantyd tussen 97-103 n.C.)
DieMuur van Hadrianus is 'n antiekeRomeinse grens- en verdedigingslinie inNoord-Engeland wat oor 'n afstand van 73 myl (118 km) strek en dielandengte tussen die Solway Firth, 'n mondingsgebied aan dieIerse See, ooswaarts tot die oewers van die River Tyne nabyNewcastle en dieNoordsee deurkruis. Die muur - die grootste bekende Romeinse artefak (alhoewel sowat 90 persent van die oorspronklike bogrondse strukture vandag nie meer sigbaar is nie) - is tussen 122 en 128/30 n.C. tydens die regentskap van keiserHadrianus as die Romeinse Ryk se mees noordelike grenslyn gebou om die Romeinse provinsieBritannia teen aanvalle vanPikte, Skotte en Attacotti uit die noorde te beskerm.
Meer onlangse navorsing dui daarop dat Romeinse grensversterkings nie noodwendig tot hul funksie as verdedigingswalle beperk was nie, maar dat hulle grenslyne in 'n meer moderne sin was. So het Romeine wél ekonomiese betrekkinge met bewoners noord van die muur gehandhaaf – 'n grenswal is dus benodig om die bewegings van mense en goedere oorkant die grens te reguleer en beheer.[2]
Die grootste deel van Romeinse magte wat destyds op die eiland gestasioneer was, was by die projek betrokke - na ramings sowat 10000 of meer soldate. Langs die muur het forte (sogenaamdecastellae of grenskastele), wagtorings en nedersettings ontstaan. Monumente, wat ter herdenking van die bouwerk opgerig is, noem in hul inskripsies die Britanniese legioeneII Augusta,XX Valeria Victrix enVI Victrix as boumeesters. Tradisioneel was die bou van paaie en brûe, versterkings en geboue binne hierdie forte die verantwoordelikheid van die Romeinse leër. So was daar in sy geledere bekwame vaklui wat die argitektoniese ontwerpe sowel as die opmeting, messel- en timmerwerk kon behartig.[3]
Die Muur van Hadrianus, wat deel uitgemaak het van 'n groter netwerk van militêre basisse, nedersettings en paaie, met bykomende militêre installasies langs dieCumbriese grens, het tot 383 as Romeinse grenslyn en aktiewe verdedigingslinie bestaan. Oor 'n tydperk van byna driehonderd jaar het generasies van soldate en burgerlikes die militêre sone, wat deur die muur geskep is, bewoon. In 410 het Romeinse magte volledig uit Britannia onttrek.
Die belangrikheid van die Muur van Hadrianus vir argeoloë en historici kontrasteer met die uiters beperkte omvang van antieke Romeinse bronmateriaal waarin die muur as die skeidingslyn tussen die Romeinse beskawing en barbaarse stamme na die noorde beskryf word. Die Muur van Hadrianus, wat merkbaar van ander Romeinse grensversterkings verskil, is in 1987 totUnesco-wêrelderfenis verklaar.