Muhammad Ali (Louisville,Kentucky,17 Januarie1942 – Scottsdale,Arizona,3 Junie2016) was 'nAmerikaansebokser enswaargewigwêreldkampioen. Hy is tot hede die enigste man wat die liniêre swaargewigkampioenskap drie keer (in 1964, 1974 en 1978) gewen het.[2] Ali was ook die wenner van dieOlimpiese swaargewig goue medalje. Hy is in 1999 deurSports Illustrated en dieBBC as die "Sportman van die eeu" gekroon.[3]
Muhammad Ali in 2004
Ali was bekend vir sy vegstyl, wat hy beskryf het as "sweef soos 'n skoenlapper, steek soos 'n by".[4] Ali het 'n naam vir homself gemaak met sy vinnige hande en voete en sy tartende taktiek.
Uit 'n totaal van 61 gevegte het Ali 56 gewen, waarvan 37 deur uitklophoue.
Ali is as Cassius Marcellus Clay Jr. gebore inLouisville,Kentucky. Hy is na sy vader genoem, wat weer na die 19de eeuse anti-slawerny-aktivis en politikus, Cassius Marcellus Clay, genoem is. Ali het sy naam verander ná hy in 1964 by dieNasie van Islam aangesluit het. In 1975 is hy tot Soenni Islam bekeer en daarna totSoefi Islam.[5]
As gevolg van sy Islamitiese oortuigings, het Ali nie in dieViëtnamoorlog geveg toe dieAmerikaanse Weermag hom probeer oproep het nie. Hy het hiervoor internasionaal bekend geword.
Ali het in 1981 uit boks getree. In die vroeë 1980's is hy metParkinson se siekte gediagnoseer.[6] Hy was daarna vir sy maatskaplike en liefdadigheidswerk bekend.
Hy was vier keer getroud en het sewe dogters en twee seuns. Een van sy seuns is aangeneem.
↑"Cassius Clay".sports-reference.com (in Engels). Sports Reference LLC.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2020. Besoek op5 Junie 2015.
↑Die "liniêre" titel word erken deur 'n (amper) ononderbroke lyn van titelhouers oor die afgelope 100 jaar na te trek, waartydens byna elke kampioen die vorige titelhouer verslaan het.
↑Thomas Jr., Robert McG. (20 September 1984)."Change In Drug Helps Ali Improve".New York Times (in Engels). pp. D–29.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2019. Besoek op9 Maart 2009.