'nMotel is 'n gebou met aanmekaargeskakelde kamers met die deure wat op 'n parkeerwerf of gemeenskaplike ruimte open. Die rede vir die ontstaan van dié motelle was a.g.v. die lang afstande in dieVerenigde State, met die motelle wat gesorg het vir gemakliker reise deur die hele land. Die woord "motel" is 'n kombinasie vanmotor enhotel.
Die motel het meestal 'n 'I'-, 'L'- of 'U'-struktuur met slaapkamers, 'n kantoor vir die bestuurder en soms nog 'n kleinrestaurant. Naoorlogse motelle het meestal neonlig-borde.
Die verskil tussen 'n motel en 'n hotel is die anonimiteit, die ligging langs die grootpaaie en die deure aan die buitekant (hotelle het meestal deure in 'n binneportaal). In Europa besit veral die groter vulstasies motelle. Motelle is ook dikwels goedkoper as hotelle. Die absolute anonieme verblyf in die motel dra by tot heelwat ongewenste gaste. Mens kan dink aan kriminele wat die motelle as veilige hawe gebruik, bv. handelaars wat hul onwettige ware hier verkwansel, asook prostitusie en informele seksuele ontmoetings. Die filmindustrie het reeds gretig hierop gesinspeel.
Die eerste motel inNederland is in 1956 geopen inRijswijk: Motel Hoornwijck, kort daarna gevolg deur Hotel Maarsbergen, gebou deur Carel Godin die Beaufort.
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit dieNederlandse Wikipedia vertaal.