Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Islam

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanafMoslems)

Islam

Lande met noemenswaardige Islamitiese bevolkings
Verspreiding van die oorheersende Islamitiese regskole volgens lande en streke
Die ster en sekelmaan, 'n simbool van Islam
Allah inArabies, 'n simbool van Islam
'nKalligrafie van dieSjahada in Arabies – in die vorm van 'nmoskee
BiddendeMoslems inKaïro, skildery deur Jean-Léon Gérôme, 1865
DieKaäba inMekka
DieMoskee van die ProfeetMohammed inMedina
Die Rotskoepel inJerusalem
Grot van die Patriarge inHebron

Islam (Arabies: الإسلام,al-ʾIslām, [alʔisˈlaːm],luister(hulp·inligting)) is een van die drie grootmonoteïstiesegodsdienste, saam metChristendom enJudaïsme. Volgelinge van Islam staan bekend asMoslems1.

Die godsdiens steun op die beweerde verligting van die profeetMohammed, wat sy "goddelike openbarings" in dieKoran neergeskryf het, en die Soenna, die mondelinge oorlewering. Albei staan onder die invloed van heidens-Arabiese, Joodse, Christelike en gnostiese tradisies en leerstellings.

Nes Christendom en Judaïsme is Islam 'nAbrahamitiese geloof en dus gloMoslems datAdam,Noag,Abraham,Moses enJesus heilige profete van Allah is.[1] Moslems glo ook dat die mens in die Laaste Oordeel geoordeel sal word op grond van sy handelinge en dienooreenkomstig na die paradys of die hel gestuur sal word. Vir hulle is daar geen ander god as Allah nie, en Mohammed is sy laaste profeet.[2] Allah beteken letterlik "die God" in Arabies.

Die land met die grootste Moslembevolking isIndonesië.[3] Die grootste Moslembevolkings is meestal inAfrika enAsië geleë. Moslems kan hoofsaaklik in twee godsdienstige denominasies verdeel word –Soenniete (75–90%) enSjiiete (10–20%). Met sowat 1,8 miljard volgelinge wat soveel as 24% van die wêreldbevolking bevat, is Islam dus die tweede grootste godsdiens. Islam is ook die vinnigste groeiende godsdiens ter wêreld.[4][5][6]

Betekenis van die woord "Islam"

[wysig |wysig bron]

Die woordIslam betekenonderwerping en wys op die geloofsbeginsels dat 'n aanhanger van Islam homself onderwerp aan Allah (God) se wil.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Vroeë verspreiding van Islam

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Mohammed.

Volgens Moslems is Islam gegrond op God se openbaringe aan die profeet Mohammed. Dié is omstreeks571 in die stadMekka in Arabië gebore en het op sowat veertigjarige leeftyd met sy predikings begin.

Koran en Hadit

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikels vir hierdie afdeling is:Koran enHadit.

Moslems glo dat die profeet Mohammed God se woorde in die Koran van die aartsengel Gabriël ontvang het. Die Koran is die godsdienshandboek van Islam. Die aartsengel Gabriël in 'n menslike gedaante aan Mohammed verskyn terwyl hy in 'n grot naby Mekka gemediteer het. Die nag toe dit gebeur het, staan bekend asLailat al-'Kadr, maar die presiese datum is onbekend en word nie eens in die Koran genoem nie.[7][8]

Gebruike en rituele in Islam

[wysig |wysig bron]

Die Vyf Pilare van die Islam

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Vyf Pilare van die Islam.
  1. Geloof: Die getuienis (sjahada in Arabies) van die Islamitiese geloof dat daar geen ander God as God bestaan nie, en dat Mohammed sy boodskapper is.
  2. Gebed: Moslems kniel gereeld op 'n gebedmat om vyf keer per dag in die rigting van Mekka te bid. Baie matte het deesdae ook 'n spesiale kompas om vir die bidder aan te dui in watter rigting Mekka is. Gebed staan bekend assalaah. DieVrydaggebed vind op die "dag van versameling" (يوم الجُمْعَة,Jaum al-djoem'a) in diemoskee plaas.
  3. Liefdadigheid: Moslems wat genoeg geld het, moet hulle aalmoese (zakaat) aan verarmde mense skenk.
  4. Vas: Tydens die maandRamadan, die negende maand van die Islamitiese jaar moet Moslems vas (pwasa). Na hierdie vas kom dieEid-oel-Fiter-fees.
  5. Pelgrimstog (hadj): Moslems moet die stad van Mekka inSaoedi-Arabië minstens een keer besoek.

Heilige plekke

[wysig |wysig bron]

Mekka,Medina,Jerusalem enHebron vorm die vier heilige stede van Islam.[9]

Mekka

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Mekka.

Diegroot moskee in Mekka is om dieKaäba gebou. In die muur van die Kaäba is die Swart Steen, wat volgens die Moslems uit die hemel geval het as 'n teken van die eerste verbond tussen God en die mensdom.

Die Kaäba is Islam se heiligste plek. Elke Moslem wat gesond en vry van skuld is en die reis kan bekostig, moet die pelgrimstog na Mekka minstens een keer in sy lewe onderneem om die Kaäba en ander heilige plekke te besoek.

Medina

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Medina.

DieMoskee van die Profeet bevat die graf van die profeet Mohammed en maak dié stad die tweede heiligste binne Islam. Dit vorm deel van die jaarliksehadj van Moslems.

Jerusalem

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Jerusalem.

Jerusalem (القُدس;al-Quds, "die Heilige") word in Islam as 'n heilige plek beskou, aangesien die profeet Mohammed volgens oorlewering na 'n gebed op 'n rots van hier na die hemel opgevaar het. Tot in die jaar624 het die Moslems in die rigting van Jerusalem gebid.

Omar, die tweede regmatigekalief, word na die Arabiese verowering van Jerusalem in die jaar637 deur die patriarg van die stad uitgenooi om by die heilige plekke te bid. Hy wys dit egter van die hand om nie die gevoelens van die Christene te krenk nie. Die Islamitiese heersers van Jerusalem belemmer dan ook nóg voor nóg na dieKruistogte die pelgrimstogte van Christelike gelowiges na Jerusalem.

Hebron

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Hebron.

In Hebron is dieGrot van die Patriarge geleë wat van die stad die vierde heiligste in Islam maak.

Feeste en herdenkings

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Lys van Islamitiese feeste en herdenkings.

Eid-oel-Adha (Offerfees) enEid-oel-Fiter (Suikerfees) is die twee heiligste feeste in Islam en word deur Moslems wêreldwyd algemeen aanvaar. Daarbenewens vier aparte Islamitiese groeperinge nog verskillende feeste; van hulle het verskeie oorspronge en tradisies. Van die vernaamste feeste en herdenkings sluit inAsjoera,Lailat al-'Kadr enMawlid an-Nabi.

Groeperinge in Islam

[wysig |wysig bron]
  • Soenniete
  • Sjiiete
  • Volks-Islam
  • Wahabi
  • Ibadi
  • Salafisme
  • Alawitisme
  • Alevitisme
  • Ahl-e Haqq (Yarsani)

Islamitiese mistisisme

[wysig |wysig bron]
Sien ook:Soefisme

Notas

[wysig |wysig bron]
  1. Daar word soms na Moslems verwys as "Mohammedane". Die term word egter as beledigend ervaar aangesien dit suggereer dat hulle die profeet Mohammed aanbid, wat nie die geval is nie. Die term het in elk geval in Afrikaans grootliks in onbruik verval.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)"People of the Book".Islam: Empire of Faith. Public Broadcasting Service.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2019. Besoek op18 Desember 2010.
  2. (ar)(en)quran.com:[1]
  3. (en) Islam in Indonesia: Contrasting Images and Interpretations, bl. 68, Kees van Dijk – 2013
  4. (en)PBS – Islam: Empire of Faith – Faith – Islam Today.
  5. (en)Lippman, Thomas W. (7 April 2008)."No God But God". U.S. News & World Report. Besoek op24 September 2013.
  6. (en)Burke, Daniel (4 April 2015)."The world's fastest-growing religion is ..." CNN.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op18 April 2015.
  7. (en)Amirul Hadi.Islam and state in Sumatra: a study of seventeenth-century Aceh. p. 128.ISBN 978-9004129825.
  8. (en)Marjo Buitelaar.Fasting and feasting in Morocco: women's participation in ramzan. p. 64.ISBN 978-0-85496-321-8.
  9. (en)"Hebron".Encyclopædia Britannica.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2020. Besoek op13 Januarie 2019.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metIslam.

Algemeen

[wysig |wysig bron]

Islam in Suid-Afrika

[wysig |wysig bron]

Moslemkultuur

[wysig |wysig bron]

Islamitiese skakels

[wysig |wysig bron]

Opposisie teen Islam

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Islam&oldid=2594075"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp