Mormone | |
---|---|
![]() Die tempel op Salt Lake City se Tempelplein is die bekendste argitektoniese simbool van die Mormone-beweging | |
Totale bevolking: | 16 118 169[1][2] |
Belangrike bevolkings in: | ![]()
|
Taal: | Engels •Portugees •Spaans |
Geloofsoortuiging: | Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae |
Verwante etniese groepe: |
Mormone (ofHeiliges van die Laaste Dae) is mense wat in dieBybel en in dieBoek van Mormon glo.
Joseph Smith het die Mormoonse kerk in 1827 gestig. Hy het beweer dat 'nengel (genaamd Moroni) aan hom verskyn het. Die engel het hom vertel dat hy uitverkies is om sekere goue plate te vertaal. Die Boek van Mormon, waarop die geloof berus, het so ontstaan.
Ná Smith se dood in 1844 is die Mormone deur Brigham Young gelei. Vandag is die meeste Mormone deel van dieKerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae. Daar is egter ook onafhanklike en nie-praktiserende Mormone.
Utah is die sentrum van die Mormone se kulturele invloed. Noord-Amerika het meer Mormone as enige ander kontinent, al woon die meeste Mormone buite die Verenigde State.