Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Morfeem

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Voorbeelde
  • Onbreekbaar bestaan uit drie morfeme,on- ('n fleksiemorfeem wat "nie" beteken),-breek- (die stam, 'n vrye morfeem), en-baar ('n fleksiemorfeem wat "doenbaar" beteken).
  • Struikrowers bestaan uit vier morfeme, die vrye morfeemstruik, die vrye morfeemroof, die fleksiemorfeem en agtervoegsel-er en die fleksiemorfeem en agtervoegsel-s.
  • Gebruiksaanwysings bestaan uit drie morfeme, twee vrye morfemegebruik enaanwysings, en dan die bindmorfeem-s-.

’nMorfeem is die kleinste betekenisdraende deeltjie waarin woorde opgedeel kan word. Dit wil sê die morfeem is ’n struktuur wat uit klankeenhede bestaan, maar klank is in die geheel nie betekenisdraend nie. Nie alle morfeme is woorde nie, maar sommige woorde kan uit slegs een morfeem bestaan. ’n Morfeem mag alleenstaande of nie-alleenstaande wees, terwyl ’n woord per definisie alleenstaande is. As ’n alleenstaande morfeem ’n woord is, word dit as ’nstam geklassifiseer.Affikse word tot morfeme gevoeg omkomplekse te vorm en ’n affiks ken verdere betekenis aan morfeme toe, byvoorbeeld ’n attributiewe –s as pluraliseerder of predikatiewe ge- om ’n werkwoord in die verledetyd te plaas.

Ons onderskei tussen twee tipes morfeme:

  • 'nVrye morfeem (ook bekend as 'n stammorfeem, of slegs stam) kan as 'n selfstandige woord gebruik word.
  • 'n Gebonde morfeem (ook bekend as 'n fleksiemorfeem) kom uitsluitlik in kombinasie met een of meer vrye morfeme voor.

Wat woordstruktuur betref, het elke woord 'n vrye- of stammorfeem, en kan dit een of meer fleksiemorfeme hê.

Fleksiemorfeme

[wysig |wysig bron]

'n Fleksiemorfeem wat voor 'n vrye morfeem geplaas word, word 'nvoorvoegsel genoem. 'n Fleksiemorfeem wat agter 'n vrye morfeem geplaas word, word 'n agtervoegsel genoem.

Die vorm van 'n fleksiemorfeem kan baie verskillend wees. Onder die vorm van 'n fleksiemorfeem, verstaan ons die verskil tussen die vorm van 'n woord met die gegewe fleksiemorfeem en dié van 'n ander woord met dieselfde stam, maar sonder die fleksiemorfeem. Die vorm van die 'meervoud' fleksiemorfeem in die woordtafels is daardie deel wat mettafel verskil. Die fleksiemorfeem is dus die agtervoegsel-s.

Die mees gewone vorme van fleksiemorfeme is voorvoegsels, agtervoegsels, invoegsels, klinkervariasies en ten slotte variasies van die eerste vier vorme.

Een voorbeeld van 'n klinkervariase kom voor in die onvoltooide verlede tyd van dieNederlandse woordloop, naamlikliep. Die vorm van die morfeem is dus nieie nie, maar wel dit waardeurliep verskil vanloop, of, kort gesê, '-ie' en nie '-oo-' nie.

Afrikaans daarenteen het byna glad nie die onvoltooide verlede tyd nie, en werkwoorde word nie verbuig nie, so fleksiemorfeme in die vorm van klinkervariasies kom selde voor. Een voorbeeld is egter 'kon', die onvoltooide verlede tyd van 'kan'.

Hierdie klinkervariasie word in dielinguistiek(de)Ablaut of(en)vowel gradation genoem.

Tale met fleksiemorfeme kan dus belangrik van mekaar verskil wat betref die vorm van hierdie morfeme. Daar is ook andere verskille moontlik as slegs die bogenoemde, byvoorbeeld verskille tussen die tipes agtervoegsels.

Paramorfeem

[wysig |wysig bron]

Behalwe vir die morfeme en hul vorme, kan 'n woord ook 'n vormelement sonder betekenis hê, maar met 'n bepaalde 'sintaktiese' funksie. Die funksie bestaan daarin dat dit die woord geskik maak om in bepaalde kombinasies met ander woorde gebruik te kan word, en ongeskik in ander kombinasies. Mens kan hiervoor die term paramorfeem gebruik.

Daar is byvoorbeeld geen betekenisverskil tussen(nl)loop en(nl)loopt in(nl)ik loop en(nl)jij loopt nie, maar die sintaks van die Nederlandse taal verwag dit. Dieselfde geld vir die verskil inFrans tussenbon en 'bonne inun bon homme enune bonne femme.

Afrikaans maak glad nie hierdie verskil in persoonsuitgang nie.

'n Voorbeeld van 'n paramorfeem in Afrikaans is dieskimstam.

Kombinasiemorfeme

[wysig |wysig bron]

Naas vrye en gebonde morfeme bestaan daar ook morfeme wat uitsluitend in kombinasie voorkom en afsonderlik geen betekenis het nie. InEngels heet so iets 'n(en)cranberry morpheme, omdat diecran- op sigself geen betekenis het nie en uitsluitlik in die woord(en)cranberry voorkom. InAfrikaans is voorbeelde hiervan die woordebiltong ensprinkaan, omdatbil- en-kaan onderskeidelik nie alleenstaande kan wees nie en slegs voorkom as deel van die woorde biltong en sprinkaan.

Bindmorfeme

[wysig |wysig bron]

'n Tweede "besondere" morfeemsoort is diebindmorfeem, wat hoofsaaklik in die vorm-s- en-en- voorkom. Verwys na die voorbeeldkassie bo vir 'n voorbeeld.

Bronne

[wysig |wysig bron]
  • (nl)A.W. De Groot, 1964.Inleiding tot de algemene taalwetenschap

Sien ook

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Morfeem&oldid=1851374"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp