Die More kom oorspronklik van Noord-Afrika en was aanvanklik hoofsaaklik vanBerberse afkoms. Hulle het oor die jare na die gebiede wat vandag asSpanje enPortugal bekend is gestroom en 'n groot invloed op die lande se kultuur gehad.
In die jaar 711 het die More Spanje onder leiding van Tariq ibn Zijad binnegeval. In die dekades daarna het hulle die hele Spanje en die suidelike dele van Portugal verower. Die More het die gebied Al-Andalus (ook bekend as Moslem-Spanje of Islamitiese Iberië) genoem. Dit beteken land van dieVandale. Vanaf ongeveer 800 het dieReconquista begin, waartydens die More teruggedruk is. Die gebeure word jaarlikse in Spanje herdenk. Optogte word gehou om die Christene se oorwinning oor die More te vier.