Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Mongolië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Mongoolse Staat
Монгол улс (Mongools)
ᠮᠣᠩᠭᠣᠯᠤᠯᠤᠰ
Vlag van MongoliëEmbleem van Mongolië
VlagEmbleem
Volkslied:Монгол улсын төрийн дуулал
(tr.:Mongol ulsyn töriin duulal)
(Mongools vir: "Volkslied van Mongolië")
Ligging van Mongolië
HoofstadUlaanbaatar (Oelan Bator)

47°55′N106°53′O /47.917°N 106.883°O /47.917; 106.883

Grootste stadUlaanbaatar (Oelan Bator)
Amptelike taleMongools
RegeringUnitêre semi-
presidensiëlerepubliek[1][2][3]
Ukhnaagiin Khürelsükh
Gombojavyn Zandanshatar
Onafhanklikheid
Vorming
• Xianbei-ryk
• Khaganaat Rouran
Khamag-Mongole
Mongoolse Ryk
• Noordelike Yuan
• Dsjoengarye-Khaganaat
• Qing-verowering
• Onafhanklikheid verklaar
van dieMantsjoe-Qing-ryk
• Mongoolse Volksrepubliek
• Huidige grondwet


209 v.C.
330 n.C.
1125
1206
1368
1634
16911758

29 Desember1911
26 November1924
12 Februarie1992
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
1 564 116[4] km2 (20ste)
603 909 myl2
0,67
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2015-sensus
 -Digtheid
 
3 281 676[4] (134ste)
3 057 778[5]
2,09 / km2 (194ste)
5,4 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$73,279 miljard[6] (115de)
$20 448[6](93ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$25,804 miljard[6] (133ste)
$7 201[6](116de)

MOI (2023) 0,747[7] (104de)  hoog
Gini (2022)31,4[8]  medium
GeldeenheidTögrög (MNT)
Tydsone
 -Somertyd
(UTC+7/+8[9])
nie toegepas nie (UTC+8/+9[10])
Internet-TLD.mn, .мон
Skakelkode+976

Mongolië, amptelik dieMongoolse Staat (Mongools: Монгол улс inMongoolse Cyrillies;ᠮᠣᠩᠭᠣᠯᠤᠯᠤᠰ [mɔŋˈɢɔɮ ʊɮs] inMongoolse skrif;Latynse alfabet:Mongol uls), is 'nlandingeslote land inSentraal-Asië en lê tussenRusland in die noorde en dieVolksrepubliek China in die suide. Diehoofstad en grootste stad isUlaanbaatar (ook bekend as Oelan Bator,Russies: Улан-Батор), waar sowat 45% van dié land se bevolking woon.

Nasa-satellietbeeld van Mongolië

Mongolië het in 2024 'n bevolking van 3 281 676 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 1 564 116 km².[4] Volgens oppervlakte is Mongolië naasKasakstan die grootste land wat deur land omring word. Albei lande lê net sowat 37 km uitmekaar. Daarbenewens is Mongolië die ylbevolkste land ter wêreld.

Mongolië se gebied is ongeveer gelyk aan dié van die historiese gebiedBuite-Mongolië en die term word soms gebruik om die onafhanklike land van die aangrensende Chinese outonome gewesBinne-Mongolië te onderskei. Die land se noorde word oorwegend gekenmerk deursteppe, terwyl die suide deur dieGobiwoestyn oorheers word.

Mongolië se geskiedenis is veral bekend vir dieMongoolse Ryk wat in 1206 deurDjengis Khan gestig is nadat hy dieMongoolse enTurkse volke in die gebied van die huidige Mongolië verenig het. Daarna het hy en sy opvolgers groot dele van Sentraal- enWes-Asië, China,Korea enOos-Europa verower.

Ligging en klimaat

[wysig |wysig bron]
Klimaatsones in Mongolië volgens dieKöppen-klimaatklassifikasie
Kaart van Mongolië
Topografiese kaart van Mongolië

Die gebied van Mongolië beslaan 'n oppervlakte van 1 556 000 km² en die gemiddelde hoogte bo seespieël is 1 580 m. Die land is in die oostelike deel vanSentraal-Asië geleë, en grens in die noorde aanSiberië en in die suide aan die Volksrepubliek China.

'n Groot gedeelte van die westelike en noordelike bergagtige gebiede is altyd metsneeu bedek. Die oostelike deel van Mongolië bestaan uit heuwelagtige vlaktes, terwyl die suide – wat ongeveer ’n derde van die land se oppervlakte beslaan – uit die Gobiwoestyn bestaan.

Die grootste gedeelte van hierdie woestyn is eintlik halfwoestyngebied, met heelwat grasvelde (steppes) en oases. Die Gobi verdeel die streek in twee gebiede: die noordelike deel (vroeër bekend as Buite-Mongolië) en nou 'n onafhanklike staat, die Mongoolse Staat (1 556 000 km²); en die suidelike deel, Binne-Mongolië (1 778 000 km²), 'n outonome gebied binne die Volksrepubliek China.

Mongolië het 'n kontinentale klimaat met koue winters en warm somers. Die gemiddelde temperatuur is 4 °C, met temperature van tot -34 °C in Januarie in die noorde, en somertemperature van tot 23 °C in die suide. Die weer is dikwels onvoorspelbaar, sodat temperature binne een dag met 30 °C kan wissel.

Sand- en haelstorms kan onverwags voorkom, en in die somermaande kan skielike reënbuie oorstromings veroorsaak. Hoewel die swaar sneeuneerslae slegs in die bergagtige gebiede voorkom, word die steppes ook soms deur hewige sneeustorms getref.

Bevolking

[wysig |wysig bron]

Die meeste inwoners woon in die akkerbougebied in die weste, terwyl die Gobiwoestyn baie yl bewoon is. Ongeveer 25% van die bevolking woon in die hoofstad, Ulaanbaatar, en 25% in ander stedelike nedersettings. As gevolg van 'n dalende sterftesyfer en 'n stygende geboortesyfer is die bevolkingsaanwas hoog. Die bevolking is taamlik homogeen, met 'n meerderheidMongole.

Die belangrikste subgroep is dieKhalkha-Mongole (75% van die bevolking). Ander Mongoolse subgroepe is onder andere dieBoerjate en dieDariganga. Die grootste nie-Mongoolse groep is dieKasakke (ongeveer 4% van die bevolking), 'n groep wat verwant is aan die Mongole maar 'nTurkse taal praat. Daar woon ook Mongole in Binne-Mongolië en Rusland.

Ulaanbaatar is die hoofstad en grootste stad van Mongolië

Alle Mongole toon geneties dieselfde fisieke eienskappe. Hulle is kort (selde langer as 1,68 m), stewig gebou, met 'n ivoorkleurige tot bruin vel en swart hare. Kenmerkend is die kort skedels en ovaal of ronde gesigte, waardeur die hoë wangbene, skuins oë en neusstruktuur die indruk van platheid wek. Khalkha-Mongools, 'n subfamilie van dieAltaïese tale, is die spreektaal van Mongolië, terwyl die geskrewe taal 'nCyrilliese alfabet is waarvan die lettertekens aanRussies,Bulgaars enSerwies ontleen is.

Tradisioneel het die oorgrote meerderheid van die bevolking Lamaïsme as godsdiens aangehang. Dit is 'n vorm vanTibettaanse Boeddhisme. Godsdiens speel in Mongolië 'n baie geringe rol en die land het dan ook geen staatsgodsdiens nie. Formeel bestaan daar nog godsdiensvryheid, maar die geestelike en wêreldlike mag van die lamas (priesters) is beperk en godsdiensbeoefening word nie aangemoedig nie. In die hoofstad Ulaanbaatar bestaan daar wel nog 'n Lamaïstieseklooster wat funksioneer.

Sosiale maatreëls

[wysig |wysig bron]

Hoewel die sterftesyfer in Mongolië in die laaste paar dekades baie gedaal het, veroorsaak swak higiëniese toestande en wanvoeding, onder meer vitamiengebreke, nog heelwat probleme.

Siektes soostuberkulose,geslagsiektes,geelsug entifus kom algemeen voer, want ten spyte van 'n groot toename in die getal medici, is mediese toerusting skaars en word hospitale nog slegs in die stedelike sentra aangetref. Behandeling is egter byna altyd gratis. Op die gebied van die onderwys het Mongolië groot vordering gemaak.

Die Mongoolse leiers beskou die onderwys, wat vroeër in die hande van die lamas was, as ’n geskikte instrument vir die opbouing van 'n nuwe gemeenskap. Voor dieTweede Wêreldoorlog was feitlik die hele bevolking analfabete en is daar klem gelê op die bevordering van die elementêre lees- en skryfkuns. Na die Tweede Wêreldoorlog is meer aandag aan middelbare en hoër onderwys gegee.

Onderwys is gratis en verpligtend vir alle 8- tot 14-jariges, en as gevolg daarvan behoort analfabetisme nou tot die verlede en is die skolingsgraad in Mongolië hoog. Die regering skep ook geriewe om die kinders van nomadiese veetelers van leermateriaal, klere en huisvesting te voorsien. In die praktyk beteken dit dat baie kinders van hulle ouers geskei word. Kleuterskole word ook opgerig om vroue die geleentheid te gee om tot die arbeidsmark toe te tree.

In Ulaanbaatar is die Staatsuniversiteit van Mongolië, asook party hoërskole en inrigtings vir die opleiding van mediese personeel,landboukundiges en onderwysers. Baie studente studeer in Rusland of in een van die Oos-Europese lande. Daar was in die laaste paar dekades 'n groot verbetering in behuising. Saam met die industrialisasie en die gevolglike verstedeliking, verruil 'n steeds groter aantal Mongole die tradisionelejoert (of gher), 'n tentagtige, semipermanente nomadewoning, vir ’n woonstel in baksteenwoonstelkomplekse wat deur die regering opgerig word. Op die platteland is die joert egter steeds belangrik, veral in vaste nedersettings.

Ekonomie

[wysig |wysig bron]
Oyu Tolgoi het sowat 18 000 werkers in diens
Ulaanbaatar-uitsig met die Blue Sky Tower aan die linkerkant

Op ekonomiese gebied was Mongolië eeue lank van nomadiese veetelers afhanklik. Tot met dieTweede Wêreldoorlog het die Mongole hulle op veeteelt toegespits en was hulle vir voedsel, klere en behuising volkome daarvan afhanklik. Ongeveer die helfte van die bevolking is steeds van veeteelt afhanklik, maar die omstandighede waaronder dit bedryf word, het baie verander. In die begin van die twintigerjare (met die ontstaan van die Volksrepubliek Mongolië) is daar begin met ’n sosialiseringsproses wat veral na die Tweede Wêreldoorlog op dreef gekom het.

Die Mongole het begin wegbeweeg van 'n suiwer agrariese veeteeltekonomie na 'n agraries-industriële ekonomie. Die groot veekuddes behoort nie meer aan die lamas of wêreldlike vorste, tot wie die arat of veewagter vroeër in ’n feodale verhouding gestaan het nie. Die kuddes is nou in die gemeenskaplike besit van 'n agrariese koöperasie. Slegs 'n klein aantal veewagters trek deesdae met die vee rond, sodat mannekrag bespaar en op ander plekke (soos in die nywerhede) benut kan word.

Mongolië se belangrikste uitvoerprodukte is lewende hawe,vleis,wol,klere enleer, en daar word hoofsaaklik na Rusland, die Volksrepubliek China en dieVerenigde Koninkryk uitgevoer. Sowat 33% van die land se invoere kom uit die Volksrepubliek China, Rusland,Japan,Verenigde State enSuid-Korea, en sluit landboumasjinerie,voertuie,petroleum en petroleumprodukte,suiker en suikerprodukte, asookkoring in. In 1921 was kameelkaravane Mongolië se hoofvervoermiddel.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]
Die uitbreiding van dieMongoolse Ryk van 1206 tot 1297

Die Mongole se voorouers was dieHunne (of Hsiungnu), wat van ongeveer die 4de tot die 1ste eeu v.C. in Asië gewoon het. Na ’n paar eeue van oorlog met dieHan-Chinese, wat deur onderlinge burgeroorloë vererger is, het die Hsiung-nu-konfederasie ontbind. Party stamme het hulle in China gevestig, terwyl ander weswaarts tot inEuropa getrek het.

In 1206 het nomadiese stamme onder leiding vanDjengis Khan 'n enkele Mongoolse feodale staat gevorm. Djengis Khan en sy opvolgers het ’n groot gedeelte vanEurasië geplunder en verower. In 1691 is Mongolië, wat verswak is deur twiste tussen die khans (vorste) en invalle van buite, deur die invallers uitMantsjoerye verower. Eers in 1911 het Mongolië 'n onafhanklike feodale monargie geword.

Aangevuur deur dieOktoberrewolusie van 1917 in Rusland hetDamdini Sühbaatar ('n nasionale held) militante ondergrondse groepe georganiseer en die Russe en Chinese uit Mongolië begin verdryf. Sühbaatar se magte het op 11 Junie 1921 die oorhand gekry, en op 26 November 1924 is die Volksrepubliek Mongolië amptelik uitgeroep met Ulaanbaatar as hoofstad. (Ulaanbaatar beteken "rooi held".) Naas die Sowjetunie het die Volksrepubliek Mongolië die tweede kommunistiese staat in die wêreld geword en die Sowjetunie het van die begin af meegehelp dat die bewind gehandhaaf word.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)Shugart, Matthew Søberg (September 2005)."Semi-Presidential Systems: Dual Executive and Mixed Authority Patterns"(PDF).Graduate School of International Relations and Pacific Studies. Verenigde State: University of California, San Diego. Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 19 Augustus 2008. Besoek op21 Februarie 2016.
  2. (en)Shugart, Matthew Søberg (Desember 2005)."Semi-Presidential Systems: Dual Executive And Mixed Authority Patterns"(PDF).French Politics.3 (3). Palgrave Macmillan Journals:323–351.doi:10.1057/palgrave.fp.8200087. Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 4 Maart 2016. Besoek op21 Februarie 2016.
  3. (en)Odonkhuu, Munkhsaikhan (12 Februarie 2016)."Mongolia: A Vain Constitutional Attempt to Consolidate Parliamentary Democracy".ConstitutionNet. International Institute for Democracy and Electoral Assistance.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op10 April 2019.
  4. 123(en)"Mongolia".Central Intelligence Agency. Besoek op22 Junie 2025.
  5. (en)"2015 population and housing by census of mongolia". Mongoolse Diens vir Statistiese Inligting. 1 Januarie 2016. Besoek op28 Mei 2020.
  6. 1234(en)"Mongolia".Internasionale Monetêre Fonds. April 2025. Besoek op22 Junie 2025.
  7. (en)"Human Development Report 2025"(PDF). United Nations Development Programme. 6 Mei 2025. Besoek op22 Junie 2025.
  8. (en)"Gini index – Mongolia".Wêreldbank. Besoek op22 Junie 2025.
  9. (en)"Mongolia Standard Time is GMT (UTC) +8, some areas of Mongolia use GMT (UTC) +7". Time Temperature.com.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op4 Oktober 2017.
  10. (en)"Clock changes in Ulaanbaatar, Mongolia". timeanddate.com.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op10 April 2019.

Bronnelys

[wysig |wysig bron]
Algemeen

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metMongolië.
Lande en gebiede inAsië
Onafhanklike lande
Omstrede gebiede
Afhanklike gebiede
Australië
Verenigde Koninkryk
Volksrepubliek China
Lande van
1. Landdeels inAfrika. 2. Land deels inEuropa. 3. Geografies inAsië, maar gereeld beskou as deel vanEuropa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings.
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Mongolië&oldid=2867029"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp