Money Heist, (Afrikaans: Geldrooftog,Spaans:La casa de papel, "Die Huis vanPapier") is 'n Spaanse roofmisdaaddrama-televisiereeks geskep deur Álex Pina.[1][2][3] Die reeks volg twee lank-voorbereide rooftogte onder leiding van die professor (Álvaro Morte), een op die Koninklike Munt van Spanje, en een op die Bank van Spanje, vertel vanuit die perspektief van een van die rowers, Tokio (Úrsula Corberó). Die narratief word op 'n intydse wyse vertel en maak staat opterugflitse, tydspronge, versteekte karaktermotiverings en 'n onbetroubare verteller vir kompleksiteit.
Die reeks was aanvanklik bedoel as 'n beperkte reeks om in twee dele vertel te word. Die oorspronklike reeks van 15 episodes is op die Spaanse netwerk Antena 3 gebeelsaai vanaf 2 Mei 2017 tot 23 November 2017.Netflix het aan die einde van 2017 wêreldwye stroomregte verkry. Dit het die reeks in 22 korter episodes hersny en dit wêreldwyd vrygestel, begin met die eerste deel op 20 Desember 2017, gevolg deur die tweede deel op 6 April 2018. In April 2018 het Netflix die reeks hernu met 'n aansienlik verhoogde begroting vir 16 nuwe episodes in totaal. Deel 3, met agt episodes, is op 19 Julie 2019 vrygestel. Deel 4, ook met agt episodes, is op 3 April 2020 vrygestel. 'n Dokumentêr wat die vervaardigers en die rolverdeling betrek het dieselfde dag op Netflix gepremière, getitelMoney Heist: The Phenomenon (Spaans:La casa de papel: El Fenómeno). In Julie 2020 het Netflix die program hernu vir 'n vyfde en laaste deel, wat in twee volumes van vyf episodes op onderskeidelik 3 September en 3 Desember 2021 vrygestel is. Die reeks is inMadrid,Spanje, verfilm. Beduidende gedeeltes is ook inPanama,Thailand,Italië (Florence),Denemarke en inPortugal verfilm.
Die reeks het verskeie toekennings ontvang, insluitend die Internasionale Emmy-toekenning vir Beste Drama-reeks by die 46ste Internasionale Emmy-toekennings, sowel as kritiese lof vir sy gesofistikeerde intrige, interpersoonlike dramas, regie, en vir die poging om Spaansetelevisie te vernuwe. Die Italiaanse anti-fascistiese liedjie "Bella ciao", wat verskeie kere deur die reeks speel, het in 2018 'n somertreffer regoorEuropa geword. Teen 2018 was die reeks die mees gekykte nie-Engelstalige reeks en een van die mees-gekykte reekse oor die algemeen op Netflix geword,[4] wat veral aanklank gevind het by kykers van Mediterreense Europa en dieLatyns-Amerikaanse streke.
↑Bock, Pauline (24 Augustus 2018). "Spanish hit series 'La Casa de Papel' captures Europe's mood a decade after the crash". New Statesman. Geargiveer op 8 Augustus 2019. Besoek op 11 Augustus 2019.