Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Monargie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kaart van hedendaagse monargieë wêreldwyd:

   Absolute monargie

   Semi-grondwetlike monargie

   Grondwetlike monargie

   Britse realms (grondwetlike monargieë inpersoonlike unie)

   Subnasionale monargieë (tradisioneel)

Monargie is 'nregeringstelsel ofstaatsvorm waar diestaatshoof gebruiklik lewenslang 'n posisie beklee. Die posisie is gewoonlik oorerflik, dit wil sê dat opvolgers aan dieselfde familie behoort. Voorbeelde van lande wat 'n monargiese stelsel het is dieVerenigde Koninkryk,België,Nederland,Japan,Lesotho,eSwatini,Australië,Kanada,Nieu-Seeland en vele andere.

Soorte monargieë

[wysig |wysig bron]
'n Kroon is gewoonlik die simbool van 'n monarg

Monargieë word verdeel inabsolute engrondwetlike monargieë. In 'n absolute monargie is die mag van diemonarg 'absoluut', dit wil sê dat hy onbeperkte regeringsmag het. In 'n grondwetlike monargie word die rol van die monarg in diegrondwet vasgestel, wat meestal bepaal dat die hoogste mag by dieparlement lê. In ander gevalle, (byvoorbeeld inSwede) het die monarg slegs 'n seremoniële funksie. Daar is tans nie meer baie absolute monargieë in die wêreld oor nie.Brunei is een van die weinige voorbeelde.

Maleisië is net soos dieVatikaanstad 'n monargie waar die staatshoof verkies word. Nege van die dertien deelstate in Maleisië het erflike vorste, wat elke vyf jaar 'nkoning uit hulle midde kies. Historiese voorbeelde van gekose monargieë is die konings vanDuitsland,Frankryk,Griekeland,Hongarye,Italië,Pole enPortugal.

Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
Normdata: NasionaalEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Monargie&oldid=2700983"
Kategorie:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp