'nMoedertaal (of T1) is 'ntaal wat 'n persoon gedurende sy jeug sonder formele taalonderrig verwerf. Moedertaalsprekers het 'n kenmerkende intuïsie oor wat in hulle taal (al dan nie) gesê kan word.
Die vermoë om 'n taal sonder formeleonderwys te verwerf verminder namate 'n persoon ouer word. In die moderne taalkunde word die begin van puberteit gesien as die einde van die sogenaamdekritiese periode, waarin moedertaalverwerwing nog moontlik is.
'n Taal wat nie as moedertaal gepraat word nie word meestal 'n tweede taal (T2) genoem. Met genoeg blootstelling tydens hul jeug kan sprekers 'n groot aantal T1's verwerf.Tweetaligheid en "meertaligheid" is die norm in groot dele van die wêreld. In westerse lande verdring die nasionalestandaardtale meestal die streeksvariëteite, en neig die bevolking tot eentaligheid.
Die verwerwing van T2's is aansienlik moeiliker as die van T1's en algemene gebruik is noodsaaklik om T2's in stand te hou. Taalkundiges verwys na die 'verwerwing' van T1's, maar na die 'leer' of 'aanleer' van T2's.
Veral by T2's wat verwant is aan die moedertaal is diepassiewe kennis, die verstaan, meestal beter as dieaktiewe kennis van die taal. Selfs al kan iemand 'n T2 perfek en sonder moeite praat, kan daar nog dikwels gemerk word dat die spreker nie sy moedertaal praat nie vanweë die vreemde aksent.
Die bestudering van die eienskappe van moedertale (in teenstelling tot tweede tale) vorm die kern van diepsigolinguistiek, soos in dieChomskiaanse taalkunde.
Internasionale Moedertaaldag word op21 Februarie gevier.