Piktogram wat Moderne vyfkamp aanduiJapannese posseël wat die items van die moderne vyfkamp uitbeeld, uitgereik ter geleentheid van dieOlimpiese Somerspele 1964 inTokioModerne vyfkampers op die Spele van 2004, besig met die laaste item
Diemoderne vyfkamp is 'n sportwedstryd wat vyf items insluit naamlikpistoolskiet,skermdegen,200 m vryslag swem,perdespring (toonspring) en 'n 3 kmveldloop.[1] Die sport word gereguleer deur dieUnion Internationale de Pentathlon Moderne (UIPM), die Internasionale Moderne Vyfkamp Unie.[1]
Die moderne vyfkamp is uitgedink deur die baronPierre de Coubertin, die stigter van diemoderne Olimpiese Spele.[1] Die naam kom van die Griekspenta- "vyf" en-athlon "wedstryd".[1] Die toevoeging vanmoderne tot die naam het dit onderskei van die oorspronklike vyfkamp van die antieke Olimpiese Spele, wat bestaan het uit 'nstadion wedloop,stoei,verspring,spiesgooi enskyfwerp. Namate die oorspronklike vyfkamp rondom die vaardighede van die perfekte soldaat van daardie tyd ontstaan het, het Coubertin die wedstryd geskep om die ervarings van 'n 19de eeuse berede soldaat aan die vyandige kant te simuleer: hy moet op 'n onbekende perd ry, met 'n pistool en swaard veg, swem en hardloop.[1]
Die moderne vyfkamp is die eerste keer tydens die1912 Olimpiese Spele gehou en is deur dieSweedse atleet, Gösta Lilliehöök gewen. Die moderne vyfkamp is sedert 1912 by elke Olimpiese Spele aangebied. 'n Afdeling vir spanne is by die1952 Olimpiese Spele aanvaar, maar is laat vaar by die1992 Olimpiese Spele. 'n Afdeling vir vroue is by die2000 Olimpiese Spele aanvaar.[1] In nie-Olimpiese jare word jaarliks, sedert 1949, 'n Wêreldkampioenskap-byeenkoms gehou.
Die kompetisie het oorspronklik oor vier tot vyf dae gestrek maar met die1996 Olimpiese Spele is 'n een-dag formaat aanvaar in 'n poging om die sport meer toeganklik vir gehore te maak.[1] Ten spyte van die wedstryd se sterk verbintenis met die moderne Olimpiese Spele (die feit dat dit die enigste sportsoort is wat uitsluitlik vir die Olimpiese Spele ontwikkel is), het die gebrek aan belangstelling buiteOos-Europa gelei tot vrae oor die voortbestaan van die sportsoort by die Olimpiese Spele. DieIOK het egter op 8 Julie 2005 gestem om die sportsoort in die Olimpiese program te hou tot ten minste die2012 Olimpiese Spele.
Buiten dieskermkompetisie neem atlete nie direk teenoor mekaar deel in een van die vier ander items nie. 'n Beter algehele vertoning gee uiteindelik 'n hoër puntetelling; punte vir elke item word saamgevoeg om die totale punte te bereken. Dit is soortgelyk aan die prosedure vir die berekening van punte vir dietienkamp inatletiek. 'n Nuwe element is egter bekend gestel om die eindstryd meer opwindend te maak. Die laaste item is dieveldloop. Deelnemers word ingedeel volgens die telling van die vorige vier items en kry verskillende wegspringtye, met die voorloper (volgens die punte) wat eerste wegspring en die ander wat verspreid volgens hulle puntestand wegspring. Die gevolg is dat die eerste persoon oor die wenstreep ook die algehele wenner van die vyfkamp is.
In November 2008 het die UIPM gestem dat die formaat aan die begin van 2009 verander gaan word. Die hardloop en skiet-items word in tandem (m.a.w. opeenvolgend) beslis. Atlete sal drie skietbeurte hê na vyf teikens, gevolg deur 'n 1000 m wedren. Dit is soortgelyk aan dietweekamp by dieOlimpiese Winterspele wat 'n heg-en-steg-ski-wedloop metpistoolskiet kombineer. Die verskil is egter dat die skiërs hulle gewere saamdra maar die vyfkampatlete nie. Hierdie verandering het kritiek ontlok van persone wat meen dat die verandering die nodige vaardighede vir die sport radikaal verander. Die New York Times het selfs voorgestel dat dit verander moet word na "vierkamp" omdat twee van die vyf items in 'n enkele item saamgevat is.[1]
Die skiet-item behels die gebruik van 'n 4,5 mmluggeweer (windbuks) in 'n staande posisie op 'n afstand van 10 m na 'n stilstaande teiken. Tot en met die reëlverandering in 2008 was dit in die formaat van 'n 10 m luggeweer-kompetisie: elke deelnemer het 20 skote gehad waarvoor 40 sekondes per skoot toegelaat is. In die nuwe formaat moet, in elke drie skietrondes, elke deelnemer na vyf teikens skiet en die geweer na elke skoot herlaai; daarna mag hulle verder hardloop. 'n Skoot wat die teiken mis word nie gepenaliseer nie, maar indien die totale tyd (70 sekondes) oorskry word, kan 'n penalisasie volg.[1]
Dieskerm-item maak gebruik van die skermdegen. Die kompetisie is 'n rondomtalie-toernooi, wat beteken dat elke deelnemer teen elk van die ander deelnemers te staan kom. Elke wedstryd duur een minuut; die eerste skermer om 'n "raak" aan te teken, wen outomaties. Indien geen speler binne die toegelate minuut die ander "raak" nie, verloor beide die wedstryd.
Die swem-item is 'n 200 mvryslag swem wedren. Tot die 2000 Olimpiese Spele was die afstand 300 m.[2] Deelnemers word d.m.v. uitdunne gekeur na aanleiding van hul vinnigste tye oor die afstand.
Die perdry-item behels 'n vertoonspring (show jump) item oor 'n 350–450 m baan met 12 tot 15 versperrings. Deelnemers se perde word in 'n trekking 20 minute voor die begin van die item aan hulle toegewys.
Die hardloop-item behels 'n 3 km landloop wedren. Tot die 2000 Olimpiese Spele was die afstand 4 km.[2] Die onderbreking van die pistoolskiet het wel die formaat van die wedren verander, maar nie die beginsel dat die algehele wenner die eerste is om oor die wenstreep te trap nie.[1]